Moontlik nuwe manier waarop polisielede geteiken word

Foto: SAPD, Facebook

Foto: SAPD, Facebook

Twee polisiebeamptes is dood en ʼn derde is gewond nadat hulle in twee verskillende voorvalle in Gauteng geskiet is.

Een polisiebeampte is dood nadat hy en sy kollega, terwyl hulle aan diens was, Saterdagoggend om 02:10 in Hillbrow, Johannesburg geskiet is.

Brig. Mashadi Selepe, provinsiale hoof van kommunikasie van die polisie, het aan Maroela Media gesê ʼn vrou het die twee beamptes, wat op patrollie was, voorgekeer om ʼn klag te lê dat twee mans haar wil beroof. Die twee ‘rowers’ het op die polisiebeamptes losgebrand en hulle het teruggeskiet.

“Die 47-jarige adjudant-offisier is op die toneel dood,” het Selepe bygevoeg. “Sy kollega is na ʼn hospitaal geneem.” Sy kon nie die toestand van die gewonde beampte bevestig nie. “Die dokters is nog besig met hom.”

Volgens Selepe het die mans die beampte se vuurwapen gesteel.

In ʼn tweede voorval in Atteridgeville, wes van Pretoria, is ʼn polisiebeampte, wat nie aan diens was nie, om 20:00 geskiet. Hy het drie uur later in ʼn hospitaal gesterf.

“ʼn Vrou het ook in hierdie geval die beampte in sy motor voorgekeer voor twee mans op hom gevuur het,” het Selepe verduidelik.

“In albei gevalle het ʼn vrou dus eers die beamptes genader, vermoedelik met ʼn vals klag, waarna twee mans op die polisiebeamptes losgebrand het. Die misdaadintelligensie-eenheid sal ondersoek instel of dit ʼn nuwe modus operandi is om ons lede te teiken.”

Selepe doen ʼn beroep op lede van die gemeenskap om na vore te kom indien hulle enige inligting oor enige van die voorvalle het. “Daar is 347 lede van die gemeenskap vir elke polisiebeampte,” het sy gesê. “Wanneer ʼn polisiebeampte sterf, is daar 347 lede van die gemeenskap wat daardeur geraak word. Ons word almal op een of ander wyse geraak indien ʼn polisiebeampte sterf. Ons doen ʼn ernstige beroep op die gemeenskap om ons by te staan.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Deon ·

Dit is dieselfde argument wanneer ‘n boer vermoor word. Dan is daar net minder kos wat geproduseer word. Jammer om van polisie moorde te hoor.

tina ·

My innige simpatie vir elkeen van die geliefdes wat deur hierdie verskriklike, afskuwelike misdaad geraak is.
Ek wil nou sommer platvloers praat en se dat oppurtunisme sal ORAL soos varkmasels uitslaan!!! ‘n Wettelose regering wat net bedryf word deur dieselfde vigilitantes!!! Daar’sy, nou het ek dit van my hart af en het ek gese wat ek wil se en voel ek ‘n bietjie beter…

Dave ·

Dit is verskriklik dat mense teen so ‘n tempo deur gewetenlose moordenaars vermoor word. Dit is egter deur dinge wat ‘n aanvang begin neem het in Harry die Strandloper se tyd. Nie lank nadat oom Jan voet aan wal gesit het by die Kaap was dit reeds nodig gewees om Harry die Strandloper (oftewel Autshumao) toe te sluit op Robben Eiland vanwaar hy ontsnap het en weer was Jan Van Riebeek en die ander boere toegeeflik. Gaan soek die oorsprong by Harry die Strandloper.

Johannes Meintjes ·

Die misdaadpatroon om vrouens of kinders te gebruik om lokvalle te stel is algemeen. In hierdie geval is die motief moontlik om wapens te bekom en politiek/ SAPS/ samelewing daarmee saam te probeer ontsenu of ontwrig.

ronel ·

En vir elke plaasboer wat doodgemaak word beteken dit n bron van ons kos val weg

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.