Moontlike afleggings binnekort by African Bank

African Bank het met ʼn konsultasieproses kragtens artikel 189A van die Wet op Arbeidsverhoudinge begin.

“Die Covid-19-uitbreking en uitgerekte afsonderingsperiode het die droewige stand van die ekonomie vererger,” het Basani Maluleke, uitvoerende hoof van die African Bank, gesê. “Gegewe die finansiële druk wat ons kliënte beleef het die bank ʼn afname in verkope en insameling beleef en dit het ekstra kapasiteit in verskillende besigheidseenhede veroorsaak. Die bank het ook geleidelik begin om sekere prosesse te outomatiseer en die Omni-channel-platform op die been gebring om duplisering te verminder en doeltreffendheid te verhoog. Dit het tot oortolligheid gelei en die bank moes sy huidige hulpbronkapasiteit heroorweeg.”

Maluleke het gesê dit het belangrik geword om die bank te herstruktureer en daar is gevolglik met konsultasies begin wat moontlik tot werksverliese kan lei.

Na verwagting word 1 269 uit die huidige 3 728 werknemers hierdeur geraak. Die bank verwag ʼn werksverlies-ratio van ongeveer 25% van die betrokke getal werknemers. African Bank het die afgelope 12 maande nie enige werknemers vir bedryfsvereistes afgelê nie.

African Bank en die vakbond Sasbo het ingestem tot ʼn fasiliteringsproses by die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

3 Kommentare

jongste oudste gewildste
marius

Nog ‘n fantastiese sukses verhaal .

Yvonne

VBS hier kom ek

Jaco

‘n Swart bank wat 100% BEE is en regstellende aksie seker 200% ten gunste van hulle eie ras toepas, gaan werkers aflê. So swart werkers word afgelê ter wille van “transformasie”. Iets maak regtig nie sin nie.