Moontlike appèl teen Derby-Lewis-uitspraak

Clive Derby-Lewis

Clive Derby-Lewis

Die ministerie van justisie sal ondersoek instel of hy enige gronde het om teen die hooggeregshof se besluit om mediese parool aan Clive Derby-Lewis toe te staan, te appelleer.

Derby-Lewis dien lewenslange tronkstraf uit nadat hy skuldig bevind is in verband met die moord op SAKP-leier Chris Hani in 1993.

“Ons neem kennis van die uitspraak en sal natuurlik al die kwessies wat die regter geopper het, bestudeer,” het Mthunzi Mhaga, woordvoerder van die departement, aan verslaggewers in Pretoria gesê. “Ons sal bepaal of daar enige gelde gronde is om daarteen te appelleer.”

Regter Selby Baqwa het Vrydag justisieminister Michael Masutha se beslissing, om Derby-Lewis se aansoek om mediese parool af te keur, tersyde gestel.

Die 79-jarige Derby-Lewis is terminaal siek weens longkanker. Hy is verlede jaar gediagnoseer terwyl hy behandeling ontvang het ná ʼn mesaanval in die tronk.

Baqwa het gesê daar was gebreke in Masutha se hersiening van Derby-Lewis se aansoek om mediese parool. Dit sluit Masutha se siening, dat Derby-Lewis nie berou getoon het vir sy deel in die moord nie, in. Tydens die verhoor, in ʼn poging om te bewys dat sy kliënt wel berou getoon het, het Derby-Lewis se prokureur gesê daar was ʼn uitnodiging aan Hani se weduwee, Limho, om die gevangene in die hospitaal te besoek sodat hy van aangesig tot aangesig kon om verskoning vra. Sy het nie die aanbod aanvaar nie.

Derby-Lewis het die doodstraf vrygespring toe dit afgeskaf is en het reeds 21 jaar tronkstraf uitgedien. Alhoewel sy aansoek om mediese parool met onmiddellike effek toegestaan is, het Masutha en die mediese paroolraad tot volgende week Vrydag kans om die paroolvoorwaardes te bepaal.

Masutha, Hani se vrou en die SAKP is ook aangesê om Derby-Lewis se regskoste te betaal.

Lees alle vorige berigte oor Clive Derby-Lewis op Maroela Media.
Bron: Naledi Shange, News24

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Berhalet Beukes ·

Ja, die klug van ons nuwe regering met sy nuwerwetse rassisme. Dan moes Mandela ook maar in die tronk gebly het!

k ·

Baie donker sameswering wat Clive in die tronk hou !!!! Alles the doen met Thabo Mbeki en Joe Modise se dinge. Mag dit eendag UITKOM!!!!

Joe64 ·

Sien mense vier nou al die ook se vrylating, min wetend met wie hulle te doen het hier. Seker maar naiwe mense wat so voortydig bly is. Die man is vry as hy uit die tronk is, gaan nie gebeur nie, jammer, maar die werklikheid is anders as die drome.

david ras ·

Mens wonder darem oor die realisme/moraliteit van hierdie mense.
Wat probeer hulle nou bewys deur ‘n sterwende 79 jarige ou man in die tronk te wil hou ?

Die vormalige polisiespioen en kenner van die ANC/SAKP , Gerard Ludi skryf in ‘n brief in the Citizen , so ‘n tien dae voor die 1992 referendum : “don’t vote YES, you don’t realise who you are dealing with”……
‘n Beter bevestiging van sy woorde van destyds kan mens beswaarlik elders kry.

Dan is daar nog die beslissing oor Nkandla ook….!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.