Moontlike ‘bomdreigement’ by OR Tambo

Argieffoto

Die OR Tambo Internasionale Lughawe (ORTIA) het Maandag bevestig dat minstens twee vlakke by die lughawe ontruim is weens ʼn moontlike bomdreigement.

Leigh Gunkel-Keuler, woordvoerder van OR Tambo, het aan Maroela Media gesê die polisie is tans op die toneel om ondersoek in te stel na ʼn verdagte sak wat glo by Terminaal A staan.

Gunkel-Keuler sê die vlak bo Terminaal A is ook om “veiligheidsredes” ontruim.

“OR Tambo gee in dié stadium sy volle samewerking aan die polisie. Hoewel daar in dié stadium geen teken van ʼn risiko is nie, het ons besluit om die vlakke te ontruim terwyl die polisie hul ondersoek afhandel,” sê sy.

Volgens haar is geen besonderhede oor die verdagte tas bekend nie. “Ons kan wel bevestig daar is ʼn situasie hier, maar die polisie is in beheer en het die hele vloer afgebaken. Ons sal ongelukkig eers meer besonderhede bekend kan maak sodra die polisie aan die lughawe terugvoer verskaf.”

Gunkel-Keuler sê geen vlugte word in dié stadium geraak nie. Sy sê die lughawe sal egter eers ʼn beslissing kan gee wanneer die polisie die groen lig gee ná hulle die lughawe gefynkam het.

Meer inligting was nie onmiddellik bekend nie. Hou Maroela Media dop vir meer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Ek ·

Ek het die storie al Saterdag gehoor dat daar n toets gaan wees. Hoekom nou n bohaai daaroor maak?

Theresa B ·

Agge nee “Ek”. Daar bederf jy nou al hul pret……………………….. LOL

Tania Heyns ·

Dagsê Wilma

Dankie vir jou valkoog. Ons vra om verskoning vir die oorsig. Die berig is reeds gewysig.

Groetnis
Tania nms Maroela Media

Anoniem ·

Dink hulle ons is n klomp morone. Die hele naweek sien jy dit dat daar n oefening is van OR Tambo die Gautrein hijacking en ander oefeninge wat Kempton sal ruk soos skote klap en bomme ontplof. Hoe het hulle gese dit sal voel of die hel losbars in Kempton, nou kom hulle met n berrig van bom by OR Tambo. Jammer maar ons kan lees

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.