Moontlike cholera-uitbreking noord van Pta

Argieffoto

Die Tshwane-metro het Woensdag inwoners van die groter Hammanskraal-gebied, noord van Pretoria, gewaarsku teen ʼn moontlike cholera-uitbreking.

Selby Moeketsi Bokaba, woordvoerder van die metro, het gesê spesialiste van die metro se laboratorium is tans in die omgewing om dringende toetse te doen om vas te stel of die water wel met cholera besmet is.

“Die metro het rondgaande watertenkers na die omgewing gestuur om te verseker daar is deurlopend voorsiening van drinkwater vir inwoners in die gebiede wat geraak word. Ons sal die inwoners inlig oor die uitslag van die toetse,” het Bokaba gesê.

Die voorstede wat geraak word, is Dilopye, New Eersterust, Temba, Babelegi Industries, Marokolong, Ramotse, Majaneng, Mandela Village, Sekampaneng en Hammanskraal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

In die tyd van Cholera en Misdaad ·

Cholera is ‘n siekte wat gewoonlik in derde werêldse en/of onderontwikkelde lande voorkom. Suid-Afrika het darem vinnig in die bodemlose donker dieptes waar onderontwikkeling, geen kwaliteit standaarde, siektes en wanhoop floreer afgetuimel. Die Hemel Help Ons.

John Samuel ·

Maar dit is mos voor die hand liggend..? ‘Legacy of Apartheid’ natuurlik!!

Koos de Meyer. ·

Hy kan maar net sy eie gesondheid departement blameer, als stort in duie. Nou wil hulle ons nog weer belas met die nhi. Swak.

ne ·

Sorteer eers die riool probleem uit!!!
Dept van Gesondheid en ANC (Lang vingers) julle is die probleem

Foxi ·

Gaan kyk hoe lyk dit daar……hope en hope vuilis. Riool vloei ooral in en uit! Dis vrot!

Antiestabliesment ·

Ek hoor vanoggend se nuus op radio dat daar R1.2Miljard se bedrog gepleeg is in Tshwane se gesondheidsdienste. Nou staan ek in Dischem en wag vir my voorskrif, Dit voel of ek varkgriep vanaf China saamgebring het, en ek kyk die ‘Colonial medicnes’ so in die rakke aan met al die non-colonials wat meds aankoop vir snotneuse en wie weet wat. Nou wonder ek of hulle ook van die ‘colonial medicine, colonial hairstyles, colonial transport, colonial klere’ ensovoorts wil ontslae raak. Pleks die insypelinge vanaf noord-afrika, wat 100 jaar na die kolonialiste, hier aangekom het eerder dankie se vir die vooruitgang wat hulle beleef het. Miskien, net miskien is daar lig in die tonnel en die middelklas nie-kolonialis sien wat sy anti-kolonialisme hom in die sak bring. Chaos, siektes en verval van alles wat hulle van die kolonialiste ontvang het.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.