Die Tshwane-metro het Woensdag inwoners van die groter Hammanskraal-gebied, noord van Pretoria, gewaarsku teen ʼn moontlike cholera-uitbreking.
Selby Moeketsi Bokaba, woordvoerder van die metro, het gesê spesialiste van die metro se laboratorium is tans in die omgewing om dringende toetse te doen om vas te stel of die water wel met cholera besmet is.
“Die metro het rondgaande watertenkers na die omgewing gestuur om te verseker daar is deurlopend voorsiening van drinkwater vir inwoners in die gebiede wat geraak word. Ons sal die inwoners inlig oor die uitslag van die toetse,” het Bokaba gesê.
Die voorstede wat geraak word, is Dilopye, New Eersterust, Temba, Babelegi Industries, Marokolong, Ramotse, Majaneng, Mandela Village, Sekampaneng en Hammanskraal.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
8 Kommentare
Cholera is ‘n siekte wat gewoonlik in derde werêldse en/of onderontwikkelde lande voorkom. Suid-Afrika het darem vinnig in die bodemlose donker dieptes waar onderontwikkeling, geen kwaliteit standaarde, siektes en wanhoop floreer afgetuimel. Die Hemel Help Ons.
Vir wie gaan motsoaledi nou blameer ?
Hy kan maar net sy eie gesondheid departement blameer, als stort in duie. Nou wil hulle ons nog weer belas met die nhi. Swak.
Sorteer eers die riool probleem uit!!!
Dept van Gesondheid en ANC (Lang vingers) julle is die probleem
Motsoaledi gaan dit weer Apartheid die skuld gee.