Moontlike gewapende roof gefnuik

Argieffoto: SAPD/Facebook

ʼn Vermeende rower is Vrydag naby Tlhabane buite Rustenburg in Noordwes in hegtenis geneem nadat polisiebeamptes inligting van ʼn gemeenskapsteenmisdaadgroep ontvang het.

Kapt. Elsabe Augoustides, woordvoerder van die polisie, het in ʼn verklaring gesê die polisie se blitspatrollie in Rustenburg het via sosiale media inligting van SA Community Crime Watch ontvang om op die uitkyk vir ʼn verdagte voertuig te wees.

Die blitspatrollielede het binne ʼn halfuur die voertuig, ʼn wit Mercedes Benz C180, by die Ziniaville-taxistaanplek opgemerk. Daar was slegs een insittende in die voertuig en hy het vinnig probeer om weg te ry toe hy die blitspatrollievoertuie opgemerk het.

Polisielede het egter die voertuig voorgekeer en deursoek. “ʼn Rewolwer waarvan die reeksnommer afgevyl is, handskoene, kabelbinders, messe, balaklawas en ʼn polisie-aanstellingsertifikaat is in die voertuig gevind,” het Augoustides gesê. “Die 41-jarige verdagte, wat van Mamelodi afkomstig is, is in hegtenis geneem op aanklag van die besit van ʼn onwettige vuurwapen en ammunisie.”

Augoustides het gesê verdere ondersoek het aan die lig gebring dat die motor aan ʼn verhuringsmaatskappy behoort.

Sy het gesê die verdagte sal binnekort in die Bafokeng-landdroshof verskyn. “Daar is ʼn sterk moontlikheid dat die verdagte en sy medepligtiges verbind kan word met ander sake wat in die gebied aangemeld is,” het sy gesê. Die polisieondersoek duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Hendrik vd Westhuizen ·

Dit blyk dat al hoe meer misdaad met verhuringsmaatskappye se voertuie
gepleeg word.
Is daar n patroon wat gevolg word? menende dat dit ‘n spesifieke maatskappy
se voertuie is…Maar ek is seker die SAPD het al reeds daarna gekyk
Ons is uitgelewer

Franco ·

Matthew Benson is onskuldig en so vat hul sy lewe weg oor iets wat hy nie gedoen het nie. Ons staan by jou Matthew elke tree. Jy sal uit kom en die Here sal voorsien. Hul hou hom toe gesluit omdat hul bang is oor al die skade wat die protesters maak. Hul moet wakker skrik en die onskuldige man vrylaat en nie hom daar hou omdat hul bang is nie. Die Ndlovu man loop nog lewendig daar buite rond. Ons is lief vir jou Matthew en wag vir jou aan die buite kant

Lientjie ·

En wie is Matthew Benson??? Iets te doen met die berig???

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.