Moontlike kabinetskommeling: ‘Pos minstens dié vyf ministers’

John Steenhuisen, leier van die DA. (Foto: DA/Twitter)

Toenemende armoede, werkloosheid en onstabiliteit in Suid-Afrika is te wyte aan die versuim van pres. Cyril Ramaphosa se kabinetsministers om aan selfs die mees basiese vereistes van hul mandaat te voldoen.

Só het John Steenhuisen, DA-leier, gesê in reaksie op naweekberigte dat Ramaphosa moontlik sy kabinet kan skommel.

Ramaphosa het glo met ʼn proses begin om te bepaal of sy ministers die teikens haal wat in hul prestasie-ooreenkomste vervat is.

“Die voor die hand liggende oplossing is dat Ramaphosa die meeste van sy ministers vervang. ʼn Skommeling van dieselfde nuttelose bydraers sal niks doen om Suid-Afrika se vinnig groeiende probleme op te los nie. Die vis vrot van die kop af.”

Steenhuisen het ook verwys na die verkiesing van Zandile Gumede as streeksvoorsitter van die ANC se eThekwini-streek en gesê Ramaphosa het duidelik beheer oor hierdie en ander sleutelstreke verloor. Gumede staan op korrupsieverwante aanklagte tereg. Ingevolge ANC-beleid moet enige partylid wat strafregtelik vervolg word, “opsy staan”.

ʼn Kabinetskommeling is egter die geleentheid vir die president om sy kabinet te verklein. “Met 38 departemente het ons een van die grootste en ondoeltreffendste kabinette ter wêreld – meer as twee keer so groot soos kabinette in baie hedendaagse demokrasieë.

Pres. Cyril Ramaphosa (Foto: Elmond Jiyane/GCIS)

“Boonop het elkeen van ons departemente ʼn adjunkminister, en in sommige gevalle meer as een, wat geen doel dien nie. Ramaphosa moet ʼn einde maak aan hierdie verkwistende werk-vir-kaders-skema en Suid-Afrika die kleiner en geskikte kabinet gee wat hy nodig het.”

Volgens Steenhuisen is daar vyf ministers wat beslis vervang moet word. Bheki Cele, minister van polisie, moet volgens Steenhuisen die trekpas kry vir sy algehele versuim om verlede jaar se geweld en plundering te voorkom.

“Gwede Mantashe, minister van energie, moet ook gepos word vir sy algehele mislukking en onwilligheid om onafhanklike kragprodusente in staat te stel om krag op te wek. Aaron Motsoaledi, minister van binnelandse sake, het daarin misluk om immigrante behoorlik te dokumenteer en dit het bygedra tot die gewelddadige xenofobie in Suid-Afrika.”

Steenhuisen meen Patricia de Lille, minister van openbare werke en infrastruktuur, en Fikile Mbalula, minister van vervoer, moet ook afgedank word.

“De Lille het daarin misluk om te voorkom dat die parlement afbrand en Mbalula kon nie daarin slaag om die land se spoornetwerk teen vandale en plunderaars te beskerm nie. Die krisis met rybewyse kan ook op Mbalula se skouers gepak word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

42 Kommentare

marius ·

Skommel maar soos hy wil. Dis dieselfde patetiese brousel in die beker .

Trotse Boervrou ·

Pos Ramaphosa heel eerste. Die probleem begin by hom!

Trotse Boervrou ·

Nee wat Henning, niemand uit die ANC nie. Hulle het hulself mos darem bewys. Die bedelaar op die robot sal ‘n beter werk doen. Ek hoef nie uit te brei nie.

Watsenaam ·

Nee, n nar kan darem n grap maak. Hierdie ouens maak……?

Marius ·

Die beste sal wees om die hele kabinet te vernuwe deur al die ou vrot hout uit te gooi. Dan sal dit nog beter wees as die kabinet met ten minste 50% verklein word. Dan sal die ministers moet begin werk en minder sit en slaap met parlement sittings. Maar nou ja, dit is net ‘n droom.

Johan ·

Hoe is dit moontlik dat ‘n land se president volhou om idiotiese, onbevoegde kriminele aan te stel in ministersposte? Per dalks omdat hy self nie bevoegd is nie?

piet ·

As hy nie sommiges aanstel nie sal hy nie die president wees nie. Hy moet die verskillende faksies in die ANC tevrede hou anders is hyself uit.

Manie ·

Hy het die naweek ‘n lelike opstopper in KZN gekry. Zuma, Gumede en die RET faksie kan die kaarte lelik deurmekaar krap vir hom by die volgende algemene verkiesing.

Sobymykoolkop ·

Verduidelik GROOT asb vir my wat gaan verander? Al vervang hy die hele kabinet? Nog steeds ANC, nogsteeds kamerade wat kom eet by die krip.

JM ·

Ek stem 100% saam met Steenhuisen. Laat ons hoop en bid dat sy voorstelle gaan realiseer. Pres. Ramaphosa moet nou in rat kom en daadwerklik optree!

RB ·

Daar is geen kostebesparing nie. Goue handdrukke en pensioene kos ons ‘n fortuin. INDIEN hy enige laat gaan sal hy diegene kies wat oud genoeg is om net tuis verder te gaan niks doen op vet staatspensioen en medies.
Sou hy self gaan (wensdenkery) . . . selfde storie.

Christa ·

Die mentaliteit van die ANC. Kan nie eers hulle eie probleme bestuur nie, maar is nou skielik “multitasking” ministers, wat by enige departement ingedeel kan word. Wat is die vereistes om ministers net links en regs te skommel?… is geen visie dalk een van hulle? Ramaphosa raak ontslae van hierdie bloedsuiers, want om die lui ministers nou weer te skommel, beteken dat hulle nou kans het om ñ splinternuwe departement te gaan verwoes. Hemel man mens leer mos uit jou foute uit! Dink ñ bietjie soos n staatsman wat almal se belange op die hart dra.

Deon ·

Hulle kan maklik “geskommel” word want daar is geen bevoegdheid in enige rigting nie, so net min as wat hy/sy positiewe uitkomste minister as “A” gehad het net so min gaan daardie uitkomste by minister van “B”…………. Dus, hy/sy is ewe goed in enige ministers pos want van alles weet hulle niks

Samuel ·

Ramaphosa is te bang om beduidende skuiwe te maak, aangesien hy so ‘n klein steunbasis in sy party het. In elkgeval is daar nie baie bekwame mense om aan te stel nie.

Dries ·

Om n proses te begin om te bepaal of die ministers hulle doelwitte te bereik. Ag tog. Het Ramaphosa enige van sy doelwitte bereik ???

Jannie van Niekerk ·

Hy moet nie skommel nie, hy moet die kabinet EN die parlemnet verklein.

Deon ·

Die kundige mense wat werklik ‘n verskil sou kon maak is nie ministers nie en wil ook nie daar wees nie. ‘n Rondskuiwery gaan absoluut geen doel dien nie en geen probleem oplos nie. Alles maar net tog ‘n politieke rondpratery en ‘n gesmokkel met koppe. Hierdie regering het nog nooit enige probleem opgelos nie, maar probleme net dag vir dag geskep of groter gemaak. Hulle rekord oor die jare is daar vir almal om te sien.

domheks ·

Nee! Onse prez sal eerder ‘n kommitee aanstel om te laat ondersoek instel – soos gewoonlik. Want jellievis het nie ‘n ruggraat nie!

Deon ·

Kan hy dalk sy brein skommel en miskien aan sy verantwoordelikheid teenoor die Republiek begin dink?

Boer ·

Dit help net mooi niks die kabinet betken niks en hulle doen niks.

Chris dupreez ·

Ramaphosa sal nou niemand uit sy kabinet skop nie, hy moet soveel as moontlik van hulle aan sy kant probeer hou om vir n tweede termyn verkies te word.

Papsak ·

Pos Ramaposa Eerste want probleme begin by hom en raak Dan onslae van Ander korrupte ministers Dan sal ding dalk beter word in SA want hulle is almal onbevoeg Om hierdie land te regeer want Onder hulle Gaan Alles tot niet

Manie ·

‘n Vrot vrugteslaai bly ‘n Vrot vruteslaai al skep jy die bo-laag af. Gooi weg en begin met nuwe vars vrugte

Hendrik Johannes Nel ·

Ag nee moet asseblief nie van Frikkie Mbalula ontslae raak nie. Dan is die hoofnar nie meer daar om ons te vermaak!.

Swerwer ·

Skommel gaan nie help nie, vervang dit met bevoegde nie ANC persone,/nie kommunistiese georienteerde wesens nie.

Juffrou ·

Stem 100% saam met daardie vyf.
Maar vervang hulle met wie?
Almal is ewe sleg/nikswerd en skelm.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.