Moontlike oorsaak van ongeluk met Prasa-lokomotief bekend

Foto: ER24

Foto: ER24

Die moontlike oorsaak vir die ontsporing van die Shosholoza Meyl-passasierstrein, wat deur een van die Passasierspooragentskap van Suid-Afrika (Prasa) se veelbesproke nuwe Afro4000-lokomotiewe getrek is, is bekend gemaak.

Mtura Swartz, uitvoerende hoof van hooflynpassasiersdienste vir die Shosholoza Meyl, het Woensdag aan Maroela Media gesê die ongeluk hou moontlik nie verband met die nuwe lokomotief nie. Hy het gesê ʼn inspeksie is by die ongelukstoneel uitgevoer en die voorlopige ondersoek dui daarop dat die ontsporing moontlik veroorsaak is deur onderhoudwerk wat tans deur Transnet aan die spoorlyn gedoen word.

“Die treindrywer is nie omtrent dié werk ingelig nie. Hy het nie te vinnig gery nie. Hy het die normale spoed gery. As hy egter ingelig is omtrent die konstruksiewerk, sou hy spoed verminder het tot ʼn veiliger spoed vir die betrokke gebied,” het Swartz gesê.

Hy het verduidelik dat enige lokomotief onder dié omstandighede moontlik probleme kon ervaar. Hy het gesê Transnet het Prasa toestemming gegee om die nuwe lokomotief op die spoornetwerk te gebruik.

“Hoewel hierdie slegs voorlopige bevindinge is, is ʼn volledige ondersoek van stapel gestuur om die werklike oorsaak van die ontsporing te bepaal,” het hy bygevoeg.

Hy het gesê die trein het altesaam 101 mense vervoer en was van Johannesburg op pad na Kaapstad.

Daar is aanvanklik berig dat 12 mense tussen geringe en matige beserings opgedoen het, maar nuwe inligting dui daarop dat 60 mense onder meer behandeling vir skok moes ontvang. “Sover ons kennis strek is almal reeds uit die hospitaal ontslaan. Die trein se assistentdrywer het die seerste gekry, maar is gelukkig nie ernstig beseer nie.”

Lees hier hoe ʼn Maroela Media-leser wat tydens die voorval op die trein was, dit ervaar het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Ben ·

Soos gewoonlik baie praat, lawaai en geraas, maar steeds geen kommunikasie nie. Die tipiese gewone tekortmominge waaraan ons al daagliks gewoont geraak het.

Johann Marx ·

Hau? What happened?? Dis lekker om net lokomotiewe te koop met ander mense se geld…..maar wat van spoor-onderhoud? Ja, daai waar jy ‘n pik en ‘n graaf vat….en …Ooo oeps, sorry…Suid Afrika werk nie meer so nie.

JENNIFER ·

Ek wonder of hulle nie besig was om die spore te verlaag nie, as hulle alle treinspore in n sloot ingrawe is die trein mos nie meer so na aan die oorhoofse kabels (sic)

joe ·

ha ha verskonings en verskonings soos gewoonlik is dit een groot toeval dat die lokomotef geval het . Ons grootmense moet die bog sluk ek en glo duisende ander glo nie dit nie

Peet Schabort ·

En ek en jy betaal vir hierdie eisssshhhhh. Dis logika om ALMAL in kennis te stel van onderhoudswerk maar selfs op ons paaie is dit ‘n instelling om nie waarskutekens op te sit sodat voertuie deur- en in gebiede land met skade, beserings of selfs die dood.
Hou net Noord en foeter voort alhoewel hierdie trein Suid beweeg het . . .

Ex Transnet ·

Hierdie konstruksiewerk is al vir meer as ‘n jaar aan die gang in hierdie area en gaan nog lank duur. Alle treindrywers , veral passasierstreindrywers, moet bekend wees met die trajek waaroor hulle ‘n trein vat. Ongeluk is veroorsaak omdat die drywer nie die spoedbeperking nagekom het nie. Weereens ‘n voorbeeld van onbevoegdheid wat in alle staatsondernemings hooggety vier.

Reiks ·

Die drywer is al vir die afgelope 47 jaar ‘n treindrywer. (Van die ou garde wat ordentlik opgelei is) Geen tekort aan ervaring. Hy sou Januarie afgetree het. Ken hom persoonlik. Baie goeie omie. Passop om klippe te gooi as jy nie feite het en die persoon nie ken.

Knersus D ·

Reiks, korrek. En ek dink nie die ongekwalifiseerde ingenieurs van PRASA weet van Scheffel draaistelle nie. Die draaistelle is ontwikkel vir SA omstandighede. Ja, dis nie die Masjinis se skuld nie. En terloops, dis nie ‘n treindrywer nie, die word is Masjinis….

Andre ·

….en die lokomotief is seker nou afgeskryf / onherskelbaar beskadig ? en seker nie verseker nie ….

Gideon ·

Ek glo nie die snert nie!! Om so vinnig te bepaal wat die ongeluk bepaal het, wys vir my duidelik dat daar groot fout is. Ek dink dit is dié begin van baie lokomotiewe wat gaan omval! Ek wou ‘n treinrit vat Kaap toe, maar sal liewer wag totdat almal klaar omgeval het!!

Gideon ·

Ek glo nie die snert nie!! Om so vinnig te bepaal wat die ongeluk veroorsaak het, wys vir my duidelik dat daar groot fout is. Ek dink dit is dié begin van baie lokomotiewe wat gaan omval! Ek wou ‘n treinrit vat Kaap toe, maar sal liewer wag totdat al die Spaanse lokomotiewe omgeval het!! Hulle is te hoog en val om op ons smal spoorlyne!!

Johan drywer ·

Eks self n loco drywer, was al self betroke in n ontspoorings en ja weet presies hoe die onersoeke werk.Dits altyd almal se skuld behalwe TFR sinne.

Hannelie ·

Dankie Reiks. My man werk self vir Transnet en is verantwoordelike vir die onderhoud. Maar mense is geneig om klippe te gooi en hul eie “ondersoek” te doen. As jul so slim is, bied jul dienste aan. Hul soek oral ervare mense in die staatsdiens. Gooi jou aansoek in by GVB.

Knersus D ·

Hannelie, presies!! GVB (Gesentraliseerde Verkeer Beheer) sal nie hulle aansoeke aanvaar nie.

Gertjie ·

i.a.w. as daar op ‘n spoortrajek gewerk word is die werkers nie voorsien van spoordempers wat treine kan waarsku dat daar gewerk word op die spore nie. Veiligheid, wat het daarvan geword? Glo nie een woord van die jakalse nie.

dolf hamman ·

Ek was self n treindrywer nou op pens.As daar nie n spoedbeperking was of die drywer nie in kennis gestel was van die lyn wat gewerk aan word nie, dan kan daar baie oorsake wees. Onthou sabotasie aan spoorlyne is baie aan die toeneem

dolf hamman ·

Ek was self n treindrywer nou op pens.As daar nie n spoedbeperking was of die drywer nie in kennis gestel was van die lyn wat gewerk aan word nie, dan kan daar baie oorsake wees. Onthou sabotasie aan spoorlyne is baie aan die toeneem

marius jacobs ·

wat n verligting, dat die fout aan hulle kant “moontlik” mag le. ek gedog hulle gaan weer die apartheids kaart speel

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.