Moontlike pleitooreenkoms ná tweejarige sterf

Argieffoto

Die saak teen ʼn 22-jarige man, wat daarvan beskuldig word dat hy die tweejarige Hakeem Baartman vermoor het, is Dinsdag in die hooggeregshof in Port Elizabeth uitgestel vir ʼn moontlike pleitooreenkoms.

Die 22-jarige vermeende bendelid, Marshall Thomas, het vlugtig in die hof verskyn. Hy staan tereg op aanklag van moord op die kleuter in November 2017.

Johan van der Spuy, vir Thomas, het die hof versoek dat die saak uitgestel word om ʼn moontlike pleit- en vonnisooreenkoms aan te gaan.

Klein Hakeem was op 18 November 2017 in Helenvale in ʼn gebied genaamd “Die Gat” toe bendegeweld uitgebreek het. ʼn Dwaalkoeël het hom getref en hy is op die toneel dood.

ʼn 17-jarige tiener is op dieselfde dag in die nek geskiet. Die 17-jarige het glo op die trappies van ʼn huis in Hartbeesstraat gesit toe Thomas hom genader en op hom begin skiet het. Die tiener het in die straat in gehardloop en Thomas het op hom bly vuur. Tydens die skietery het ʼn dwaalkoeël Hakeem getref.

Die polisie het in daardie stadium gesê die skietery hou met bendebedrywighede verband.

Die saak is tot Donderdag uitgestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Hendrik UAE ·

Pleitooreenkoms….”Ek is skuldig” Vonnis ooreenkoms”Aan jou nek sal jy hang”.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.