Moontlike regstappe na honderde hul werk verloor

Argieffoto: www.rabobank.com

Argieffoto: www.rabobank.com

Die vakbond Solidariteit het gesê hy oorweeg regsopsies nadat Vanchem Vanadium Products 434 werknemers, waarvan 50 Solidariteit-lede is, summier en sonder ’n skeidingspakket afgedank het.

Marius Croucamp, adjunkhoofsekretaris van Solidariteit se metaal- en ingenieursbedryf, het gesê die werkers het ʼn kennisgewing van die maatskappy ontvang wat lui hul kontrakte word onmiddellik beëindig sonder dat hulle ’n skeidingspakket aangebied is.

Volgens Croucamp sal die vakbond sy regsopsies oorweeg omdat die maatskappy, wat onder sakeredding geplaas is, nie die vereiste konsultasieproses afgehandel het nie. “Dit is van kardinale belang dat ’n maatskappy voor die aankondiging van afleggings in ’n artikel 189-konsultasieproses met vakbonde en belanghebbendes tree om insette te ontvang wat daartoe kan bydra om die potensiële impak op die werknemers so klein as moontlik te hou,” het Croucamp verduidelik.

Croucamp het bygevoeg dat die vakbond bekommerd is oor die groot aantal afleggings wat moontlik vanjaar gaan plaasvind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

wanda ·

My hart gaan so uit aan almal wat werke verloor! Dis bitter hartseer! Ek bid vir almal vir uitkoms.

Mr P ·

Ek het in 2002 my werk onregmatig verloor. By die verhoor het ek seker een van die swakste teenwoordigers gehad. Ek is n gekwalifiseerde tegnikus in maganiese ingenieurswese en was 28 jaar n lid van Solidariteit. Agv onbevoegdheid het hy die saak verloor. Hoekom baklei hulle nou so hard.

AvrilS ·

Mr P. Ek was ook lid van solidariteit tot en met my aflegging agv breinvlieontsteking. Ek het 100% van my gehoor verloor. Volgens het ek n bae goeie saak teen my werkgewer gehad. Na aande lage onderhandelings is daar net vir my gese my werkgewer het n beter regsverteenwordiger gehad as wat solidariteit se “prokureer ” was en ek moet maar hulle paket aanvaar.
My saak en so wil dit my voorkom, ook jou saak het nie die midia gaande gehad nie, en het hulle net belangstelling verloor.
As jou saak nie nuuswardig is nie, moet nie eers jou tyd met hulle mors nie.

Yris ·

Goeiedag Avril en P

Kan julle asb vir my meer agtergrond oor julle saak stuur na [email protected]? Ek sal graag die saak verder wil ondersoek en vir julle terugvoering gee.

Gebruik asb julle ID # as verwysing saam met “Maroela” as julle dit vir ons stuur.

Ek hoor graag van jou.

Solidariteit

Soo gesê ·

Seker om dat daar 434 werkers waarvan 50 sol lede is en nie net 1 nie. Net ‘n grappie, ek is ook ‘n lid al jare daar en ek sal ook ongelukkig wees as hulle my soo behandel het Mr P

Paul ·

‘n Vriend van my is ook onregmatig afgedank en was jare lid van Solidariteit. Solidariteit het niks gedoen om hom te help nie omdat hy alleen afgedank is en daar geen publisiteitswaarde in vir Soli was nie.

Yris ·

Beste Paul,

Kan jy asb jou vriend vra om my te kontak by die Dienssentrum sodat ek die saak verder met hom kan neem?

Die e-posadres is [email protected] Hy moet asb sy ID # saam met “Maroela” gebruik as verwysing.

Ek hoor graag van hom.

Groete
Solidariteit

GES ·

Dit is jammer om van sulke gebeurtenisse te lees. Dit ongelukkig water onder die brug deur. Ek is baie bekommerd oor die ekonomiese ineensinking wat op hande is. Wat gaan ons doen?

Mr P ·

Al die swart werkers inkluis die toesighouer het hul werk terug gekry behalwe drie wit tegnikuste. Ons was werksaam by Transnet en hulle ledetal is in die 100 duisende. Die ander groep was toe Saru lede. Ek het oorweeg om ook Saru te ondersteun. Ek sou vandag n werk gehad het. Op die oomblik is ek werkloos.

mariette manser ·

Ek moet ongelukkig saam stem met al die kommentare bo. Ek het ook my Solidariteits lidmaatskap op gegee. Ons was +- 200 personeel wat afbetaal is, met n skeidings pakket wat betaalbaar is oor 6 maande, wat ons almal geweet het ons gaan nie die geld kry nie, Solidariteit het niks vir niemand beteken nie

Yris ·

Beste mev. Manser,

Graag verneem ek wie julle bygestaan het tydens die aflegging? Kan jy my asb. via [email protected] kontak? Gebruik asb. jou ID# saam “Maroela” as verwysing.

Ek hoor graag van jou.

Groete

Solidariteit

Boesman ·

Sal baie graag iemand van Solidariteit se opinie wil hoor oor bogenoemde aantygings/comments. Ek self is ook lid van Solidariteit al vir baie jare – seker meer as 15. Nou dat ek daaraan dink, die een keer wat ek ook regsadvies ingewin het kon hulle nie veel vir my doen nie. Maak mens bekommerd om die goed te lees.

GES ·

Dit is belangrik om om te weet dat die wet slegs erkenning aan die meerderheidsvakbond (meeste lede) verleen. Die werkgewer hoef dus nie met die minderheidsvakbonde te onderhandel nie en gevolglik word hulle van die tafel afgevee. Daar is geen verbod op dubbellidmaatskap nie. In kort as Solidariteit nie die meerderheidsvakbond by ‘n betrokke werkgewer is nie, is daar nie veel hoop nie.

Nuuswaardig ·

Ek moet ongelukkig saamstem met die bg kommentaar as iets nie vir Solidariteit nuuswaardig kan wees nie help hulle jou niks. Nodeloos om te se het ek my lidmaatskap ook gekanselleer.

yris ·

Goeiedag,

Ek is jammer om te hoor van die jou ongelukkigheid en die diens wat jy ontvang het. Kan jy asb. vir my meer agtergrond oor jou saak stuur na [email protected] sodat ek kan ondersoek instel en vir jou terugvoering gee?

Gebruik asb jou ID en “Maroela” as verwysing.

Ek hoor graag van jou.

Groete

Solidariteit

Louis ·

Ek was vir jare lid by solidariteit toe ek hulle werklik nodig gehad het ,is aan my gesè hulle kan niks doen om my te help nie .Die firma by wie ek werk betaal sy salaris.Is afriforum en soli nie saam nie?

Yris ·

Beste Louis,

Solidariteit en AfriForum is 2 verskillende instansie, maar maak saam deeluit van die Beweging.

Kan jy asb via [email protected] met my kontakmaak sodat ons jou saak kan ondersoek? Gebruik asb jou ID # saam met “Maroela” as verwysing.

Ek hoor graag van jou

Groete

Solidariteit

amelia ·

Ek stem saam almal hierbo. Solidariteit is beslis nie bereid om lede orals te help nie. Ons verhogings is altyd power en ek weet van ‘n paar kollegas wat al hul werk verloor het en geen hulp ontvang het nie van die sg Solidariteit. Ek is al 15jaar plus ‘n lid en het nognie eens ‘n lidmaatskap kaart gekry nie, nadat ek hoeveel keer gevra het daarna………….laat my wonder.

Yris ·

Beste Amelia,

Ons is jammer om te hoor van jou ongelukkigheid. Kan jy my asb via [email protected] kontak, sodat ons jou saak kan ondersoek en jou verder behulpsaam wees met die stuur van jou ledekaartjie?

Gebruik asb jou ID of lid # saam met “Maroela” as verwysing.

Ek hoor graag van jou

Groete

Solidariteit

Lynette ·

Dis alles die waarheid. Toe firma waarvoor ek gewerk het vou, het hulle verteenwoordiger niks vir ons gedoen nie. Hy was baie hand om die blaas met die base. Ons was n sterk firma wat deur ander mense oorgeneem is en hulle het ons binne 3 jaar bankrot bestuur. Geen hulp van Solidariteit.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.