Moontlike wateronderbrekings in dié Pta-buurte vir 48 uur

Argieffoto

Argieffoto

Die Stad Tshwane het ʼn waarskuwing uitgereik dat sekere buurte in Pretoria moontlik volgende week oor ʼn tydperk van 48 uur geen water gaan hê nie.

“Daar word geskeduleerde instandhouding gedoen en die waterverskaffingsnetwerk word opgegradeer,” het die munisipaliteit in ʼn verklaring gesê. “Wateronderbrekings sal ten alle koste probeer vermy word, maar dit is moontlik dat sekere woonbuurte oor ʼn tydperk van 48 uur dalk wateronderbrekings kan ervaar.”

Die instandhouding vind plaas vanaf Dinsdag 19 Julie vir 48 uur.

Die voorstede wat hierdeur geraak word, is:
Alphenpark
Ashlea Gardens
Die Wilgers
East Lynne
Ekklesia
Equestria
Brummeria
Constantiapark
Eersterust
Faerie Glen
Garsfontein
Jan Niemandpark
Kilnerpark
La Montagne
Lynnwood
Lynnwood Glen
Lynnwoodpark
Lynnwoodrif
Moreletapark
Meyerspark
Murrayfield
Mamelodi
Menlyn
Newlands
Queenswood
Rietfontein
Samcor Park
Silverton
Silvertondale
Val-deGrace
Villieria
Waltloo
Waterkloof Glen
Waverley
WNNR

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Blondie ·

Wat van Sinoville …waar all die gebarste pype is…..ai toggie.

Ilze ·

Ons was twee weke terug ook sonder water sonder waarskuwing. My dogter se eerder sonder krag as sonder water en dis waar. Dan begin die skool ook nog en geen water.

Annelie Bronkhorst ·

Ons bly in Barberton en het vanaf die 3de Februarie geen water nie.
Ons dam is leeg en bid vir n goeie reenseisoen.
Jip, die dorp het water, maar waar ons bly, is di waterdruk te laag om ons reservoir te voed.
Ons gaan haal al om die 2de dag in bottels water by my vriendin wat n boorgat het en bad/stort ook daar.
Wardeer die water in die kraan, vir ons is dit nou n lukse as ons soms water het.

jennefer ·

Moenie kla nie, Modimolle(Nylstroom) dam so leeg, daar kan miskien nog water gepomp word vir 2 maande, dan is die dorp feitlik net afhanklik van water wat van Roodeplaatdam hierheen gepomp word.

DewaldS ·

Stadsbewoners voel nie altyd die probleme met dienste-voorsiening so gou soos dorps-bewoners nie. ‘n Hele klomp dorpe loop al lankal deur onder water-probleme. Gebruik hierdie as ‘n oefenlopie vir wanneer dit dalk regtig sleg begin gaan.

Jan maak n Plan ·

Plastiek tenks met ‘n drukpomp is julle voorland. Hier doen ons ddit al so drie jaar lank. Sterkte aan almal – Proudly South Africa again.

Vanessa Bezuidenhout ·

Dankie vir inligting om ons oningeligtes, weet op datym te bring. Waardeer dit!

Hilda Els ·

So bly om te hoor daar word opgradering en instandhouding van ou waterpype gedoen! Dankie vir die inligting.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.