Volgens boere in die Patensie-omgewing het hul huise Sondagaand geruk. Inwoners van Cambria het aan The Herald gesê hulle het ʼn blou flits van lig gesien wat die hemelruim verlig het.
Die lig het glo van Jeffreysbaai se rigting na Steytlerville beweeg. ʼn Knal is glo hierna gehoor, wat soos ʼn ontploffing geklink het.
Laura-Leigh Randall, woordvoerder van die Kouga-munisipaliteit, het gesê rampbestuurspanne ondersoek die moontlikheid dat ʼn meteoriet in die gebied geval het. – The Herald
© RDM News Wire
Dis net die rand wat nog gedaal het teenoor ander geldeenhede. Niks ernstig nie
Tobie,
Ha-ha. Kostelike opmerking
Dit is die voorvaders wat van Riebeeck kom soek
LOL! !!!!! Die voorvaders het lankal van hom vergeet. Hy is n ou vergaande skeep in die kelders van die see…..
Hoe lekker lag ek nou vir die kommentaar! Hulle julle die mooi wolke gesien in Kaapstad.
Jammer ,Nkandla staan nog.
Ek hoop Maroela hou ons op hoogte van die bevindinge!
Die knal wat gehoor is was.beslis nie ‘n ontploffing nie maar veel eerder die knal wat gehoor word as iets teen supersoniese snelheid beweeg.
Hoe vinniger die “iets” beweeg hoe harder die supersoniese knal.
Verder is dit.bekend dat meteore of dergelyke hemelliggame teen ongelooflik hoge snelhede beweeg – tot 29 000 km/ minuut of vinniger.
‘n Supersoniese.knal is dus nie onwaarskynlik nie in hierdie geval nie.
Ek wonder wat Zuma se omtrent die meteoriet storie?