Moontlikheid van beurtkrag in komende maande

Argieffoto

Die DA het Donderdag in ʼn verklaring gesê hy het betroubaar verneem dat Eskom ʼn waarskuwing aan munisipaliteite gerig het oor die “sterk moontlikheid van beurtkrag in September en Oktober” vanjaar.

Natasha Mazzone, DA-skaduminister van openbare ondernemings, sê in die verklaring die opposisieparty het nou ter wille van deursigtigheid aan Jabu Mabuza, voorsitter van Eskom, geskryf om duidelikheid oor die aangeleentheid te kry.

“Eskom het voortdurend misluk in sy mandaat om betroubare en volgehoue elektrisiteitsvoorsiening te lewer en dit wil voorkom of miljoene Suid-Afrikaners en die wankelende ekonomie wéér deur Eskom in die steek gelaat gaan word,” sê Mazzone.

Luidens die verklaring kos elke beurtkrag-fase die land na beraming sowat R1 miljard per dag.

“Eskom het ons land keer op keer in diep moeilikheid gedompel. Suid-Afrika kan nie ʼn herhaling bekostig van die beurtkrag wat die land vroeër vanjaar lamgelê het nie,” sê Mazzone.

Die DA is van mening dat die ANC ook nie juis met enige planne vorendag kom om probleme by Eskom op te los nie. “Dreigende beurtkrag in munisipaliteite wys dat die veelbesproke herstelplanne niks opgelewer het nie,” lui die verklaring.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

Renee ·

Weet jy wat mens moet net solar verhitting aansjaf mense hoor my dan sal ons sien waar kry hulle geld

Jaco ·

Maklik, hulle sal jou eenvoudig net belas op jou sonpanele. Dan hoef eskom/ANC nie eens krag te voorsien nie terwyl hul sakke vol veld so sal maak.

Geitjie ·

Weet nie meer wie om te glo nie, DA se so en op die 7uur se Eskom daar bestaan gladnie n moontlikheid dat hille beurtkrag gaan toepas nie.

Chris Ws ·

As Escom nie genoeg krag kan opwek nie moet hy krag toevoer na buurlande afsny en NIE sy eie land se mense se krag nie!!!!!Dis tyd dat elektrisieteits uitvoere gestaak word.So nie moet ‘n paar manne bymekaar kom en self ‘n einde maak aan uitvoere van elektrisieteit na buurlande toe. . . . . . . . .

Manie ·

Die anc kan niks aan Eskom doen. Hulle word gevange gehou deur die vakbonde

Zachrys ·

Laat my dink aan die meisies met die lampies…in die Bybel…
Kry vir jou son panele, hou op wonder en kerm, die staat is die mislukking. En jy as jy nog op hulle vertrou… Nuwe era het begin, die revolusie van self voorsiening, inligting en tegnologie. Keuse is eenvoudig wonder en kerm = jy gaan in die donker sit, doen iets daaraan en jy skop, hulle wat jou faal, waar hulle nie geskop wil wees nie, jy ontneem hulle van die inkomste wat hulle nodig het om hul swak diens en produk te lewer.

Pieter ·

Stem manie die vakbonde regeer die land en ou cr gaan niks se nie hy hom self was een van die vakbonde se groot koppe hulle regeer mos die land

Gert van Wierdapark ·

Wat het geword van pres CR se enjin of Oorlogs-kamer van 3 of 4 ministers wat dit moes uitsorteer? As ek reg onthou was die mini-Ster van Vervoer een van die manne gewees. Hoop nie hul wag vir beter dae nie!! He-he-he!!

Willem ·

Ek glo dit hou verband met die steenkool vervoerbande wat onlangs aan die brand gesteek is in Witbank. Videos is op WhatsApp versprei van kilometers en kilometers se vervoerbande wat aan die brand gesteek is. Wonder waarom mens niks daarvan in die media gehoor het nie.

Leon Pit ·

Eskom kan gaan doppies blaas ek kom reg sonder hulle korupsie en krag.
Sorg vir jou self die kokkerotte in die kabinet gaan beslis nie.

CallieL ·

Asb Zachrys. Die oomblik as Eskom vou gee ek n brief dat binne 72 uur is SA in totale anargie. Ek kan nie glo daar is nog mense en liberaliste wat nie verstaan waar ons is nie. Slegs n wonderwerk waarvoor ons as Christene moet bid kan die land nog red. Hemel weet, ons het dit nodig

Sinies ·

Miskien lees jy nie so lekker nie, die meeste seg, Help jouself, maak jou eie plan. Dit is konstruktief, opbouend ens.

Jou opmmerking is beledigend, neerhalend en onnodig teenoor mense wat jy nie ken nie.

HPV ·

Eskom se geld vir diesel is waarskynlik gedaan, is al wat nog werk is hul dieselopwekkers. Wag vir die volgende reddingsboei van die belastingbetalers net tot die anc die pensioenfondse kan plunder om die lys van hul bankrot instansies te red.

Jean ·

Ja beurtkrag het nou 12 am hier in bloemfontein begin ……..

Marinda ·

O wee, gelukkig het ons ñ gas stoof en geyser. Vir die res koop ons maar die kos elke dag soos ons dit nodig het.

Andre Stander ·

Van die winkel af wat – nie krag nodig het om voorraad koud te hou nie…??

Soms dink ons Afrikaners nie te vêr nie né..

Pieter ·

Al wanneer die anc se ore gaan oop gaan is die dag wanneer ons mense maak soos hulle staak vir so drie dae bring die land tot stilstand so dat hulle kan sien ons hey nou genoeg gehad maat tot en met dan gaan ons maar so aan karring ons moet wakker word mense al die geklae val op dowe ore

Db ·

Hierdie klomp wat so skreeu skaf sonkragpanele aan – sal julle my asseblief help want ek kan dit nie uit my eie bekostig nie. Het nog nooit die Lotto gewen nie – ek wag in spanning vir julle hulp hoor

Opistophthalmus ·

Ek staan ook in die ry vir die slimjanne om te help

Hb ·

Ja jys reg. Dis onbekostigbaar vi di gemiddelde mense. Kyk wat is di kostes en onderhoud oor n 5 jaar tydperk om heeltemal van di stelsel af te gaan. Escom krag bly di goedkoopste. Ekt my eie ups stelsel gebou vi baie goedkoop wat krag verskaf vi 3 ure. Perfek vir di beurtkrag

Julius ·

Nee Db, my hele huis is op sonkrag en gas en ek het nie die lotto gewen nie. Dink weer aan die meisies met hulle lampies vir die bruilof, hulle het ook nie die lotto gewen nie.

HPV ·

Julius jy is reg, as mens ‘n tweedehandse klein motor kan bekostig, kan mens sonenergie bekostig en dit is in elk geval ‘n goeie belegging. Mens kan dit ook in fases installeer. Mense moet net lig loop met wie hulle besigheid doen, ondersoek eers die besigheid voor enige betalings gemaak word.

Magda ·

What I mean with NO TAX money paid – buy everything (or almost everything) by immigrants shops – there you pay NO TAX.

Gerrie ·

Dis alles goed en wel om vir mense te sê kry son panele tuis – die wat ‘n behoorlike sisteem kan bekostig, (dis seker R70k+) en dan nog ‘n solar geyser (dis R20k+) kan aangaan met die lewe. Fabrieke en myne kan NIE met son panele aangaan nie – hulle verbruik megawatts om hulle masjiene aan die gang te hou, so binne kort word produksie gestaak of aansienlik minder gemaak. Dis nou produkte soos KOS en ander noodsaaklikhede soos meel en brood en melk – dan gaan die verbruiker op die ou einde swaar trek.

Christell ·

En in Ewaldstraat Eldoraigne brand die straatligte dag en nag!!!!!!

Gertjie ·

Hulle sal nou begin met beurtkrag, want die wêreldbeker rugby begin mos nou.
Eskom soek aandag op ‘n simpel manier.

Leon S ·

HPV , jy is reg. Doen eers navorsing oor die installering van sonpanele. Ek het n installeerder wat op Pta Fm gebruik tot my spyt

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.