Moontlikheid van rampgebied in Lichtenburg ondersoek

Foto: Verskaf

Foto: Verskaf

Die DA het Vrydag gesê die omvang van die hael- en reënskade in Lichtenburg, Noordwes, moet ondersoek word om te bepaal of die dorp nie tot ʼn rampgebied verklaar moet word nie.

Jacqueline Theologo, LP van die Demokratiese Alliansie (DA), het gesê die party het reeds met ʼn ondersoek in die dorp begin en sal in die komende week ʼn in-diepte ondersoek van stapel stuur. “Die sakesentrum van Lichtenburg is die ergste geraak en die dorp se nuwe inkopiesentrum, banke, winkels en kleiner besighede is oorstroom, het hul dakke verloor en sal in sommige gevalle verdere finansiële verliese ly terwyl die geboue herstel moet word, het Theologo gesê.

Foto: Verskaf

Foto: Verskaf

Maroela Media het vroeër berig dat die Noordwes-dorp erge skade gely het nadat dit Vrydag omstreeks 01:00 begin hael en ysreën het. Dakke het inmekaar gestort, vensters het gebreek en motors is beskadig.

Volgens Theologo is daar aansienlike skade aan die plaaslike hoërskool se dak aangerig wat die gebou onveilig laat. Waterskade is ook by ander skole in die gebied aangemeld. Vrydagoggend het die hael op plekke nog 30 cm diep gelê, het sy gesê.

“Die DA sal die Ditsobotla-munisipaliteit vra om ʼn behoorlik assessering van die skade te doen en die betrokke rampbestuurplan te volg. Indien die gebied wel as ʼn rampgebied verklaar word, moet die nodige gebeurlikheidsplanne en noodprosedures in werking gestel word,” het sy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

sarie ·

Ons afdak het op ons karavaan meegegee en in ons kantoor het ons ook skade gehad.My hart gaan uit na almal in Lichtenburg.

Stephan ·

Die feit dat hierdie mooi dorp deesdae selde water het, tesame met die gehalte van die strate en rioolstelsel wat in duie gestort het, was al genoeg van ‘n ramp! Nou hierdie ook! Baie sterkte aan al die Liggies!

Denise ·

Dit sou ook goed gewees het as die DA vroer al belang gestel het in die toestand van hierdie dorp. Daar is skaars enige paie oor wweens potholes wat die hele dorp oorgeneem het self in parkering en speedbumps! Dan nog boonop is die water en krag amper elke fag af en baie kere is beide tersele tyd af! Niks word gedoen om hierdie dorp te help nie en die municipaliteit en “Burgermeester” sit net agteroor! Inwooners moes telkemale self probeer om van die slag gate met sand of klippies te vul wat skaars n dag hou! Boonop is lug fotos al in die omtrek van die krisis met al daai riool wat in die water is! Hierdie laaste gebeurtenis het hierdie alreedse vervalende dorp behoorlik op sy kniee. Dalk sal daar nou hulp kom, kom ons bid maar die DA sal hierdie keer ordentlik in hierdie dorp en sy inwoners se kommernisse, vrese en roep om hulp kan belangstel en hulp verleen.

D. ·

Dit gaan nie net oor of die DA ons gaan moet help nie. Die ding is ons moet weer God terugkry in ons dorp. Mense in die dorp dink te veel deesdae almal en alles skuld hul iets. Ek dink God het dit laat gebeur om ons net weer nader aan hom te kry, en as ons opnuut weer ons sondes bely en erken dat ons hom nodig het, sal daar baie verbetering kom. Dis wat ek dink die groot probleem is. Ja my hart gaan uit na almal wat skade gely het, dis vreeslik. En hopelik sal die munisipaliteit nou werklikwaar hul werk begin doen soos wat van hul verwag word. Sterkte aan almal wat nounog besig is met opruiming en skadebepalings.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.