Moontlikheid van staking by parlement

Die Speaker van die Nasionale Vergadering, Baleka Mbete. Foto: Daily Maverick

Parlementêre personeel kan moontlik staak indien daar nie aan hul eis vir ‘n salarisverhoging gehoor gegee word nie.

Personeel het Maandagmiddag by die parlement gesing en gedans, minute voor speaker Baleke Mbete, Lechesa Tsenoli, haar adjunk, en Gengezi Mgidlana, sekretaris van die parlement, joernaliste toegespreek het oor die nasionale wetgewer se begroting van R2,2 miljard wat Dinsdag ter tafel gelê sal word.

Temba Gubula, die vakbond Nehawu se sekretaris van die parlementêre tak, het gesê daar word al sedert April onderhandel. “Nehawu eis ‘n verhoging van 10,4% en die parlement het sedertdien nog geen aanbod gemaak nie,” het Gubula gesê. “Ons hoop dat Mbete en Tsenoli sal intree.”

Mgidlana het intussen aangedui onderhandelinge met Nehawu is steeds aan die gang en dat daar na verskeie moontlike oplossings gekyk word. Hy het ontken dat afdankings en ʼn 0%-verhoging die enigste opsies op die tafel is.

“Daar is by meeste staatsinstellings besnoeiingsmaatreëls in plek. Die parlement word ook beïnvloed en dit het uiteraard ‘n invloed op die vergoeding van werknemers. Ons het oor die jare hierdie inligting met die personeel en vakbonde gedeel,” het Mgidlana gesê.

“Ons is nog besig met onderhandelings, maar daar is egter nog nie ʼn oplossing nie,” het Mgidlana gesê.

Mbete het bygevoeg sy glo nie dat die werknemers geen salarisverhogings moet verwag nie.

Nehawu het aangedui dat hulle nie die moontlikheid van stakings uitsluit, sou ʼn oplossing nie gevind word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Snuffels ·

Hulle staan ‘n beter kans om die zuptas direk te kontak. Of doen hulle….?

vermeende ·

Die nuus is laat, die parlement staking het presies 27 April 1994 begin en nog nooit gestop nie…..lol

LB ·

Niemand sal agterkom as hulle staak nie, die sirkus wat ons soms gebeeldsend sien wys slegs chaos, geen struktuur en vooruitgang. .

magrietha ·

wat n grap die 1dte keer dat die parlement staak in geskedunes grap gate

STAKER ·

LMGA .. ken julle ‘n ander land waarin die parlementere personeel STAAK? Wil seker ook op die Gravy trein klim soos die ander .. dit is regtig SIEK .. Parlement werkers staak, TUT staak, TUKS staak en die Maatskaplike werkers, rugbyspelers wil staak, ek sien die ANC doen BAIE beter as die ou NP .. almal het gese stakings en brande is agv die ONGELUKKIGHEID van die meerderheid teen die minderheidsregering se onderdrukking. Smaak my nou is daar 10 keer meer betogings en stakings onder die ANC se BEHEER, verklaar dit asb vir ons .. veral die libtards wat altyd dink hulle het al die antwoorde is tjoepstil as die land brand.

Anoniem ·

En ons gaan staak om belasting te betaal!!! Hierdie soustrein se diesel het uitgeloop. Hy kan nie meer beweeg nie.

Justice ·

Miskien kan die Parlement by die bankrot munisipaliteite en staatsinstansies aanklop vir raad oor hoe om miljarde uit die tesourie te melk sonder om verantwoording te hoef doen totdat dit te laat is.

marous ·

Dink hulle is oorbodig want , is die ekstra withemp brigade juis nie aangestel om die parlement se vuilgoed uit te gooi nie?

[email protected] ·

verminder net die salarisse van ALLE parlementslede. Hulle kry almal meer as R1.2miljoen PER JAAR en dit sluit die parlementslede in van partye wat so kla oor korrupsie en vermorsing van staatsgeld (DA, VF-Plus, ACDP ens ens). By die salaris kom nog ‘n onthaaltoelae en ‘n motor en behuising en hulle kan verniet vlieg. G’n wonder SAL is bankrot nie. Weereens kla die opposisie se partye oor al SAL se wanbestuur, TERWYL hulle verniet met SAL vlieg – dubbele standaarde???
Ek weet hulle is geregtig op salaris, maar moet dit so buitensporig hoog wees en is al die ekstra voordele nou regtig nodig? Brood en melk en petrol kos tog dieselfde vir hulle as vir gewone mense.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.