Moontlikheid vir beurtkrag dié week is laag

Argieffoto

Alhoewel die kragnetwerk steeds onder druk is, word geen beurtkrag Maandag verwag nie en die waarskynlikheid vir beurtkrag vir die res van die week is laag, het Eskom gesê.

Die verbetering op die stelsel is grootliks die gevolg van verskeie eenhede wat weer ná beplande en onbeplande instandhoudingswerk aan die netwerk kon koppel met ʼn goeie watervlak by bergingskemas om vir die week voor te berei, het Eskom Sondagaand in ʼn verklaring gesê.

“Eskom is steeds besig om sy dieselreserwes aan te vul vir die oop siklus-gasturbines wat ons in staat stel om beurtkrag te voorkom. Herstelwerk vorder goed op die voerband by Medupi-kragstasie en sal na verwagting teen die einde van die week volle kapasiteit behaal.”

Eskom herinner verbruikers egter daaraan dat beurtkrag op kort kennisgewing ingestel kan word as daar ʼn beduidende verandering plaasvind in die werkverrigting van aanlegte en indien daar ʼn onbeplande tegniese fout voorkom.

Verbruikers word gemaan om elektrisiteit spaarsamig te gebruik.

“Baie dankie aan verbruikers vir hul geduld en ondersteuning,” het Eskom bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Hennie ·

Julle het reg gehoor ESKOM kliënte word gevra om hul produk spaarsamig te gebruik. Produksie is nie hul strek punt nie. Was nog nooit die afgelope ANC jare nie!

John ·

… nou hoekom sou dit nou skielik so wees, na die witoè voor die kamera’s lang trane geween het en groot ekskuus geprewel het oor die baie rampe wat die maatskappytjie so teister… en skielik vind hulle die towerstaffie met towerkrag vir hierdie week… maar moenie seker wees oor die naweek tydens die rugbywedstryde nie… Wees voorbereid want Eskom is ‘n skielike maatskappy…

Hendrik ferreira ·

Hier is die probleem, die kragvoorsiening van n land soos SA moet ten minste hulle beplanning reg hê vir ses maande wat hier nie die geval is nie daarom die onsekerheid miskien is dit reg hierdie week miskien nie ,alles tekens van onbevoegde bestuurders wat nie n idee het wat hulle doen nie.My opinie is privatiseer Escom,sal,dennel die skole soos de klerk 30 jaar terug moes gedoen het soos dit nou staan is ons gedoem, mits ons n tipe tuisland kan onderhandel waar ons van voor af weer n veilige,voorspoedige tuiste kan skep.

Diefie ·

Wat! Gaan Eskom nou die tariewe verlaag hou? Aag hoe oulik van hulle. Hahahaha, klomp narre.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.