Moontlikheid vir beurtkrag groot

Argieffoto

Argieffoto

Eskom het gewaarsku daar is ʼn goeie kans dat Suid-Afrikaners verdere kragonderbrekings Dinsdag kan ervaar.

“Die kragnetwerk is onder druk. Daar is ʼn redelike na groot kans dat beurkrag vandag toegepas gaan word as enige tegniese uitdagings ontwikkel,” het Andrew Etzinger, Eskom se woordvoerder, gesê.

Hy het gesê 25% van Eskom se kragopwekkingkapasiteit word weens tegniese probleme belemmer.

Eskom het Maandagmiddag aangekondig dat hy fase 2-beurtkrag begin toepas het. “Beurtkrag het van 15:00 af van fase 1 na fase 2 beweeg,” het die kragvoorsiener toe gesê. Beurtkrag is Maandagaand om 22:00 opgehef.

Fase 1-beurtkrag maak voorsiening om tot 1 000 MW kragverbruik te spaar, fase 2 tot 2 000 MW en fase 3 maak voorsiening dat tot 4 000 MW gesny word.

Eskom het verbruikers versoek om hul geisers, lugverkoelers, swembadpompe en ander nie-noodsaaklike toestelle af te skakel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.