Moord in reservaat: Jong ma was swanger

Matthew en Karen Turner. (Foto: Facebook)

ʼn Ma van Underberg in KwaZulu-Natal is dood en haar man ernstig beseer nadat hulle Dinsdag, ʼn dag ná Karen Turner se 33ste verjaardag, in die Hluleka-natuurreservaat in hulle chalet aangeval is.

Karen was boonop drie maande swanger, het Ian Crouch, ‘n familielid, Woensdag gesê.

Matthew Turner (34) is ernstig beseer en is steeds in die intensiewesorgeenheid van ʼn Pietermaritzburgse hospitaal.

Crouch het gesê die egpaar en hulle seuntjie, Hayden, sou ʼn paar dae in die reservaat in die Oos-Kaap deurbring, voordat hulle verder sou reis na ʼn troue die naweek. Matthew is ʼn suiwelboer en Karen was ʼn onderwyseres by ʼn laerskool in Underberg. Hayden word aanstaande maand twee.

“Hy is oukei, ek dink hy is te klein om heeltemal te besef wat gebeur het,” het Crouch gesê.

Volgens hom het twee aanvallers die Turners se chalet in die reservaat omstreeks middernag binnegekom en hulle met skerp voorwerpe aangeval. Matthew Turner het die rowers glo probeer verwilder selfs nadat die paartjie aangeval is.

Vriende van die Turners, wat in ʼn chalet langs hulle tuisgegaan het, het die beroering gehoor en ondersoek gaan instel. Hulle het op die chaos afgekom en die nooddienste en owerhede ontbied.

In dié stadium lyk dit of die rowers met leë hande gevlug het. “Almal is platgeslaan. Ek het hom [Matthew] vandag in die hospitaal besoek en met hom gepraat. Hy weet wat [met Karen] gebeur het en hy is verpletter,” het Crouch gesê.

Klein Hayden word deur familie versorg. Hy het ongedeerd van die aanval afgekom.

Kapt. Dineo Koena, polisiewoordvoerder, het gesê daar was geen tekens van ʼn inbraak nie. Niemand is ook nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Die parlementêre portefeuljekomitee oor toerisme het in ʼn verklaring gesê hy het met skok kennis geneem van die wreedaardige aanval.

“Die omstandighede rakende die aanval is nog onduidelik, maar die komiteevoorsitter, Supra Mahumapelo, doen ʼn beroep op wetstoepassingsagentskappe om die oortreder(s) spoedig aan te keer. Die voorval kom boonop kort nadat die komitee met die portefeuljekomitee oor polisie vergader het om die veiligheid van toeriste in Suid-Afrika te bespreek.

“Te midde van toerismeweek is dít slegte nuus vir die komitee wat daarop fokus om toerisme in dorpies, townships en landelike gebiede te laat herleef.

“Die komitee betuig ook sy medelye met die familie en vriende van Karen en Matthew Turner.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

44 Kommentare

Patat ·

So neem mens nou aan dat Karen oorlede is?? Die arme mense… hoe lank nog gaan hierdie aanhou… dis onmenslik werklik…

Nettie ·

Ai Patat, lees jy dan nie reg nie? ” … ‘n Ma van Underberg in Kwa-Zulu Natal is DOOD …”

Michael P ·

Mense Mense. Jy is nerens veilig nie.My hart gaan uit na die jong mense wat so wreed uitmekaar geruk is. Sterkte aan die naasbestaandes .So n hestel proses kan nie maklik wees nie.

Santjie ·

As daar nie tekens van inbraak was nie, dan moet dit van die oord se werkers wees wat ekstra sleutels van die chalets het. My mening. Dis nog steeds baie hartseer. Sterkte vir almal.

Lana ·

Hallo, Patat. Die eerste sin van die berig sê dat die vrou dood is.

Amanda ·

Om middernag en geen teken van inbraak nie????? Waarom was deur nie gesluit nie??

Lana ·

Amanda, ons kan ook vra wie het vir die rowers/moordenaars ‘n sleutel of manier van toegang gegee?
Sien, ons het nog te min feite.

Speedguard ·

Was ook 2x so beroof by soortgelyke plekke, na my eie ondersoek in beide gevalle het ek vasgestel dat dit op verskeie geleenthede gebeur het voor my kuier as ook na dit, die mense het spaar sleutels wat hulle gebruikom in te kom in die nag, hulle sluit ook dan die deur na dit , waneer jy dit aanmeld kyk almal jou aan asof jy bollie praat om nie eens van die versekering te plraat nie.

waarheid ·

So so jammer om dit te hoor.
Sterkte aan almal betrokke.

Anni ·

Dan wil di regter jou aan sě om in jou privaatheid ni J kinders pak te gee ni. Dit is di bewys van ongedisiplineerde gespuis Wat weereens dit reg gekry het om te Moor. My hart is so seer oir di ma en di baba Wat Sy gedra het. Sterkte vir di gesin en familie

Nits ·

Die wreedaards moet nou van n dubbele moord aangekla word. 2 leweslange vondse, nie gelyklopend nie maar aaneenlopend. Dis indien die booswigte ooit gevang word.

Erick ·

Ek wil huil. Ons familie gaan dié langnaweek Knysna toe. Sien nie meer uit nie. Ek voel al hoe meer onveiliger, veral as my vrou saam is.

Koos de Meyer. ·

Dit lyk my jy sal maar beurte maak en wag staan deur die nag. Aanvalle het ook al in Pilansberg plaas gevind. Dis so siek, dan is daar nog mense in ander berigte wat sê ons moet nice wees met hulle.

Rob ·

Geen teken dat daar n inbraak was, het sommer nou so hol kol op my maag gekry !!

Sterkte vir die familie !!

Boer ·

Geen inbraak. Iemand wat toegang het en kennis het van die chalets en oord. Besit waarskynlik sleutels van chalets. So dink ek…

PJC ·

Mense wat oorblyplekke verhuur het nog nie aangepas by die nuwe SA nie. ń Mens is nie meer veilig as jou chalet nie die nodige diefwering en veiligheidsdeure het nie. Kampplekke is nog meer onveilig want selfs wagte beteken nie juis groter veiligheid as hulle nie opgelei en bewapen is nie.

Keelvol ·

Satan in die vorm van mense loop los in hierdie land! So jammer vir die gesin en families wat nou stukkend is.

de Wet ·

Tot by sulke plekke moet daar nou opgepas word. Dit maak mens siek. Die ” minder bevoregde en week opgeleide mense” wat sulke plekke oppas maak die privaat sektor en mense wat opgelei is vir sulke “werk” se naam gat. Eienaars van instansies moet aandring vir opgeleide mense. Dalk sal daar meer van ons manne by die huis werk en die wet ordentelik toepas!!!!!

Andre Stander ·

Solank Steve net nie by AIG optree, of iemand nie die vorige bedeeling se landsvlag vertoon nie – is die res seker nie te erg nie…

Ons is Voorwaar verlore………..

CN ·

Jip Andre Stander, jy slaan die spyker op die kop! Dis betreurenswaardig :( Sterkte aan die familie

charmaine ·

Nou kom moordenaars binne die park? Is daar nie wagte nie of was dit dalk wagte?
Dis baie erg dit is 2 moorde die ongebore is ook dood. Vir sulkes moet hulle die naald uithaal!!!!

ES ·

Mens kan nie eers meer gaan vakansie hou sonder om vir jou lewe te vrees nie… Dit is bitter hartseer maar ons vat nou maar ons vuurwapens oral saam en wees paraat – maak nie saak waarheen ons gaan nie.

As ons braai op naweke is die vuurwapen binne bereik terwyl ons braai of as ons in ons kroeg-area by die huis sit.

Dit is nou maar die orde van die dag…

Blommie ·

Ai dis so bitter jammer, watse reservaat was dit gewees, baie sterkte aan almal wat die stukke moet optel en RIV mamma.
Dit breek my hart

Joan ·

Al wat sal werk – BRING DIE DOODSTRAF TERUG!!!!!! Moordenaars het GEEN menseregte nie.

Art ·

So bly jy dink … Al wat sal werk is bring die doodstraf terug! Hoeveel van die aanvallers word ooit gevang? So wat help die doodstraf in so n geval?
Rus in vrede jonge dame en sterkte aan die klein man en geliefdes!

Bank ·

Ek kry die mense regtig baie jammer, dat so iets moes gebeur.

GL ·

Sterkte aan die familie en vriende.
Wat se die walvis man van die weskus . Is SA veilig vir toeriste of ly ek steeds aan depressie?

Jacques ·

Ek blameer die regering en saps wat alles en almal net monitor . Dit is van net monitor dat gaan soos dit gaan . Nou wil die regering nog se om jou kind te tug by die huis is teen die wet ? Belaglik verby . Baie sterkte aan die familie .

hercu ·

“When the wicked are in authority, sin flourishes, but the godly will live to see their downfall” ~ Prov 29:15‭-‬18 NLT

Cyril Rhamaposa & Gen Beki Chele one day is one day!!

Tienie ·

Ek het nie woorde vir hierdie onmenslike daad! My hart gaan uit na hierdie familie en veral haar man, die ondenkbare het gebeur met n pragtige gesin. Die toerisme bedryf het n groot knou gekry, maar net die Here kan hierdie ewige letsel wat aan hierdie familie toegedien is, genees.

Landie ·

Moord het ontaard in a nasionale sport in die land. Dis om van siek te word. Alle sterkte aan die familie van Karen Turner. Rus in Vrede.

remondo ·

Hartseer nuus , simpatie met die oorlewendes , nog n kind wat sonder sy ma moet grootword , komitees help nie om te praat help nie daar moet iets daadwerklik gedoen word om die tereur te stop.

Tino ·

Dis verskriklik!

Hayden is nie ongedeerd nie, hy het sy ma verloor! FFS, klomp ongelowiges

Gert Midstream ·

Agtergrondinligting wat nagegaan word voor indiensneming en ongereelde gereelde nagaan van werksuitsette word nie gedoen nie. Het onlangs tuisgegaan by verskeie naweek / oornag fasiliteite net om te besef dat jy nie sonder eie sekuriteitsingestelhheid veilig kan wees nie. Die vakansie omgewing verander by die dag. Geen afgesonderde plekke vir ontspan nie.

Koos ·

Ek lees iewers anders dat die egpaar in ‘n argument betrokke was voordat die buurman op hulle afgekom het

Verniet ·

Praat en kla maar. Dit sal niks help nie. More en oormore gebeur dit weer. Ons emigreer.

adri ·

die volgende op twitter gekry:
Couple attacked at Wild Coast Reserve.
“They slaughtered her like a pig and stabbed her unborn baby. He survived but is in ICU. Their 2-year-old son was unharmed, luckily asleep I think”.
Sorry, I have no words.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.