Moord langs viswaters: Twee vas

Coert Jordaan. Foto: Facebook

Coert Jordaan. Foto: Facebook

Twee verdagtes is in hegtenis geneem in verband met die moord op supt. Coert Jordaan (40), ʼn inwoner van Brakpan en lid van die Ekurhuleni-metropolisie se berede eenheid.

Jordaan is Woensdag by Ashton Lake in Springs vermoor en beroof. Jordaan was met verlof en het visgevang toe hy deur ʼn onbekende aantal verdagtes oorval is.

Lt.kol. Lungelo Dlamini, woordvoerder van die polisie, het gesê die twee verdagtes is Donderdagaand in Daveyton in hegtenis geneem. “Hulle sal van moord, die besit van ongeliseerde vuurwapens en die besit van ʼn gesteelde voertuig aangekla word.”

Volgens Dlamini is ʼn gesteelde voertuig, twee vuurwapens en ʼn mes in hul besit gevind en op beslag gelê. Hulle sal binnekort in die Springs-landdroshof verskyn.

Maroela Media het vroeër berig ʼn werker by die dam het omstreeks 14:30 op Jordaan se liggaam afgekom waar dit in die gras gelê het. Hy het ʼn wond aan sy bors gehad en daar word vermoed dat hy tydens ʼn worsteling met ʼn skerp voorwerp gesteek is.

Jordaan se voertuig, ʼn silwer Nissan Nevada en sy selfoon is gesteel.

Lees alle vorige berigte oor Coert Jordaan op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Charlotte ·

Dis brutaal…..ek hoop hul word SWAAR gestraf vir die MOORD wat hul gepleeg het. Aan die familie van die oorledene….mag die Here saam met jul wees deur hierdie seer tydperk.

Gesiggie ·

Dankie tog hul is darem vasgetrek”’ mag hul boet vir hul dade… en nie net vir 3 maande sit… dit kan nie Coert se lewe terug bring, maar dit kan klein bietjie verligting vir die Familie bring.. BETAAL VIR WAT JUL GEDOEN HET.. hoop op n harde manier”. Sterkte aan die Familie

Langtand ·

Maroela, kan julle asb opvolgberiggewing gee oor hierdie alleraakligste moorde langs die viswaters?
Dit is skokkend om te dink jy het die moed om iemand net so dood te maak ! Coert was op verlof en het niemand gepla het nie, wou net bietjie ontspan…
Ek kry hoendervleis en is bang om te sien hoe min respek daar vir lewe in hierdie land is!
Sterkte aan die familie in hierdie allermoeilikste tyd!

Hannelie ·

Ek slaan my hande saam en bid vir hierdie land van ons. Hoekom??????? Want hulle voel NIKS!!! ‘n Lewe is niks in hierdie gepeupel se oë. Sterkte aan Coert se familie om so iets te verwerk, is nie maklik nie. En hulle sal seker net 2 – 3 maande sit, lekker eet en op die hande gedra word in die tronk.

Die Vreemdeling ·

Die vreemdeling se reg word voorbehou om veitlike Menings te lug en in debat voering deel te neem.

Die veit dat Ongevoelose onkundige siek Moordenaars so Brutaal kan wees ………. op so onskuldige Persoon wat n GROOT bydrae gehad het in die samelweing.DAT sulke Ongevoelose skurke die REG in hulle eie hande neem en self n lewe neem is SKOKWEKEND en is ONGEHOORT !!! Nie net vir SUIDAFRIKANERS nie maar vir die HELE WERELD !!!

Ons GLO ons LAND SE REGSTELSEL sal ons nie in die steek laat nie en sal Swaar strawwe toedien vir die ONGEVOELOOSE Moordenaars !!!

Huldeblyk aan Coert

Met hartseer in ons harte sal ons hubel van vreugte want jy is op n baie beter Plek ,Rus in vrede Coert ons gaan jou menswees mis en as gemeenskap en AL jou bydrae in die samelwewings reis waaraan jy deelgeneem het.

Aan die Familie ,vriende,venote van Coert ,Ons as gemeenskap deel ons Hartseer en pyn en verlies met julle….mag julle soos ons as gemeenskap berusting vind met die wete dat Coert ons broer ,vriend ,venoot,gemeenskapsleier hom in die huis van ons HEMELSE VADER bevind.
Rus in Vrede

Liewe heksie ·

Wow skielik het Ek weer hoop vir ons land n klein bietjie maar daar is hoop grootse hoop sal doodstraf wees maar wat is die kans Sterkte aan familie en vriende

Sarie ·

Dankie aan sy kolegas wat alles gedoen het, en selfs hul eie lewens in gevaar gestel het, om sy moordenaars vas te trek!!! Julle is ‘n wenspan, ons is trots op julle!!!

Della ·

My innige simpatie aan sy familie en vriende! Ons dink aan julle en bid vir julle in die hartseer tyd! Mag geregtigheid seevier en hulle vir die res van hulle lewens in die tronk toe gesluit word, maar ons almal weet dit gaan nie gebeur nie! Hulle het meer regte in die tronk as ons wat gehoorsame lede van land is en die wette volg!! Hulle word op die hande gedra in die tronk. So onregverdig. Nietemin baie goeie werk SAPS vir die vang van die wat dit gedoen het. Maak asb seker dat hulle nooit weer vrygelaat word nie!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.