Moord, marteling tydens hoewe-aanval

(Foto: SA Polisie)

“Is dit dan die moeite werd om hiervoor te moor?”

Só het Anne-re Vreken gevra nadat haar ma en nog twee familielede Dinsdagaand in hul huis op ʼn kleinhoewe by Boschkop, buite Pretoria, oorval is.

Gerhard Kritzinger (64) is in dié aanval doodgeskiet. Vreken se ma, Ansu de Villiers (74), is onder meer met ʼn vuurwapen teen die kop geslaan en met kookwater gebrand, terwyl Kritzinger se vrou, Rina (64), se hande ook potblou is waar dit met elektriese kabels vasgebind is.

Vreken het gesê vier mans met klapmusse aan het Dinsdag omstreeks 21:00 die huis deur ʼn buitedeur in die Kritzingers se kamer binnegekom. Rina was op pad kamer toe en het daar in hulle vasgeloop. Sy het begin skreeu, waarna Gerhard in die sitkamer opgespring het om te gaan ondersoek instel.

Hy is summier op ʼn kort afstand in die bors geskiet, het Vreken gesê.

Ansu was in dié stadium in haar slaapkamer en het ook uitgekom. Sy is met ʼn vuurwapen gedreig.

“Sy het vir hom gesê: ‘I tell you in the name of Jesus, you will not shoot me’,” het Vreken vertel. Die aanvaller het die wapen weggeneem, maar Ansu steeds teen die kop daarmee geslaan.

Sy en Rina is albei met kabels vasgebind terwyl die aanvallers die huis geplunder het.

Een van die aanvallers het die sleutel vir die kluis geëis en was woedend toe hy dit nie kon opspoor nie. Hy het Ansu met kookwater op haar regterbobeen en linkerenkel gebrand om haar te dwing om vir hom te sê waar die kluis is. Die aanvaller kon egter steeds nie die sleutel opspoor nie. Die kluis was ieder geval leeg.

Ansu se man, Toffie, is in Junie aan kanker dood en die Kritzingers het ʼn paar maande gelede by haar op die kleinhoewe gaan woon.

Vreken het gesê die aanvallers het eindelik te voet met net ʼn televisiestel, twee selfone en ʼn paar stukke juweliersware gevlug. Hulle het vroeër ʼn gat onder deur die elektriese heining gegrawe om die perseel binne te kom.

Sy het gesê die rowers het die oorblywende selfone en ʼn burgerbandradio in ʼn toilet gegooi voordat hulle weg is. Haar ma het die radio uitgehaal – dit het steeds gewerk – en só hulp ontbied.

Gerhard is op die toneel dood en Ansu is na die Wilgers-hospitaal gehaas waar sy onder meer steke vir die wond aan haar kop en behandeling vir die brandwonde gekry het. Sy is reeds ontslaan.

Vreken het gesê volgens haar ma, wat Sotho kan praat, het die aanvallers in Sotho met mekaar gepraat.

“My ma is kalm. Haar geloof in die Here is diep gewortel.”

Kapt. Mavela Masondo, Gautengse polisiewoordvoerder, het gesê niemand is nog in verband met die voorval aangekeer nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

41 Kommentare

Irma ·

Terwyl regerings, en veral ons regering omdat dit ‘n direkte effek op al die burgers het, ‘n benadering het om net vir hulself en hul kaders te sorg, sal hierdie aanvalle voortgaan. Die mense het nie werk nie, en moet v hul mense sorg. Ons regering is direk hiervoor verantwoordelik. Die tronke is oorvol maar steeds sleep hulle voete. Hulle beteken werklik niks. Hulle het geen gewete en gee ook niks om vir hul eie mense nie.

Hanna ·

Die mense of een van hul het n wrok teenoor iemand daar. Ek se so want hoekom net skiet en warm water stort. Ek se net. Hulle het geweet waar om in te kom.

Petrus ·

Ja JH, jy’s korrek – mens hét nié meer woorde nie. Watse soort mense het ons dan in ons Land? Die gereelde aanvalle op Kleinhoewes en Plase is beslis ‘n poging om paniek te saai en dis haatgedrewe. Hoe skiet en brand jy iemand wat jou niks gedoen het?

Henk Ackermann ·

@ Ditto , dit is waar , maar die oorsaak lê veel dieper as die vers .

Hendrik ·

Boschkop het ‘n goeie polisiestasie, goeie GPF, ‘n goeie plaaswagstelsel met radios, ‘n reaksiemag en baie effektiewe veiligheidsstelsel met omliggende plaaswagstelsels. Ongelukkig is daar oorkant die snelweg ‘n massiewe township en plakkerskampe met baie werklose mense en baie onwettige immigrante. Alles is maar op ‘n mespunt orals.

Kokketiel ·

Feite, 27 jaar gelede is my man daar doodgeskiet, 27 jaar later gebeur dit nog steeds, my man was 1 van die eerste blanke boere wat destyds vermoor is, daar gaan nie nog 27 jaar wees nie glo my

Ditto ·

Soos Koning Dawid van ouds moet ons bid dat God ons en Sy vyande uitdelg.

Magda ·

Mis die veiligheid van 50 jaar terug – al was dit 100% verkeerd – mis ek dit. Ons het al hoeveel keer probeer om dit reg te stel maar dit sal net aanhou en aanhou en aanhou – Daai tyd word net gebruik om dit wat nou gedoen word GOED te praat. EN DIT IS NIE.

Magda-leen ·

Aan Magda – Wat was verkeerd gewees? Veiligheid is ‘n reg. Moenie verskoning maak omdat jy blank is nie.

Sic? ·

Wat van as ons Sy vyande geword het ? Dan ? Soos Eksodus 23 , die Boek se mense luister weer nie . Is dit nie opgeteken vir ons onderwysing nie ? Il Tim 3:16 .

Oom Willem ·

Raak nou net aan een van hulle en die media hou vir weke aan om die wêreld te wys hoe wreed die blankes is. Hierdie aanvalle, martelings en moorde op blankes word egter dig gehou.

Sussie ·

Kan ons net die area regstel? Dit was in mooiplaats naby Donkerhoek omgewing. Nie Boschkop nie.

Mams ·

Boschkop, Donkerhoek – maak dit saak. Mamelodi is net anderkant die N4.

Anoniem ·

Ek is skaam vir my land. My hart is stukkend vir die mense.

Yolande ·

My man amper 2 jaar gelede in daardie omgewing op die N4 wreed aangeval en vir dood agter gelos. Hulle ook weg met sy 9mm pistool… geen maar geen terug voer van die SAPS in verband met hierdie saak…..

Bokram ·

Yolande,wie weet,dalk is dit die selfde mense,die moontlikheid is daar.

Moeg ·

Gaan soek Johannes Kritzinger in Maroela media se soekgids. Gerhard se broer en sy vrou is in 2015 geskiet. Sy vrou is 19 November 2018 oorlede. Presies ‘n jaar daarna is sy broer noodlottig op dieselfde dag geskiet. Moeg

Paul ·

n’ Mens kry seer, maar God is in beheer – Hy het ‘n plan met die bose nasie – Hy kom vir hulle – van die bloed van Abel af tot by Saggaria – Hy sal eis!

KaterinaKat ·

Dan moet hy miskien nou n bietjie wikkel en kom vir daardie nasie. The hour grows late for whites in South Africa. Sou nice gewees gewees het as hy eerder kon beskerm en uitred, ipv vergelding na die tyd.

Jacques die Goodwoodianer ·

Hou geloof. Vertrou in Hom. Dit beteken egter nié dat jy nie jouself moet beskerm nie. As jy in die sitkamer is, in die gang loop, kombuis werk, beveilig jouself…

As jy kan en daar is meer as een persoon, leef en slaap in skofte.

Dis nie hoe dinge moet wees nie maar dit ís hoe dit gedoen moet word op hierdie stadium.

ande ·

Baie jammer oor die groot verlies en die trauma!

Bewapen en verdedig jou self.

Niemand anders gaan dit doen nie.

ExPat ·

Geloof help nie. Vuurwapens en eerste skiet help heelwat. Te lank het die Afrikaner nasie teruggestaan en die ander wang gedraai. Dis nou tyd om terug te veg.

ES ·

Die groot probleem is dat plase en kleinhoewe maklike teikens is omdat daar nie patrollies is vanf die polisie of veiligheidsmaatskappye wat vinnig genoeg by mense kan uitkom wat in nood is nie.

Ek bly in die stad, maar elke middag as ek by die huis kom, loop ek om my huis en oral in my erf en kyk na dinge wat nie in plek is nie. Inbrekers en rowers hou huise dop en maak voorsiening vir inkom- en uitkomplek partykeer vir weke voor die tyd al.

Al wat mens kan doen is om meer paraat te wees en jou veiligheid op te skerp. Maar inkom gaan hul inkom as dit hul doel is. Hulle los nie meer mans lewend nie – ons moet onsself bewapen.

Alex ·

Regering ondersteunde terroriste. Die regering moet vernietig word.

wonder maar net ·

Ek wil nou net weet… hoeveel van ons betaal maandeliks ‘n bedrag vir Afriforum? Kan hulle nie die regering dwing om die mediese onkostes te dra van sulke aanvalle nie… Dis in die eerste plek die sleg gevrekte regering se skuld dat ons so aangeval en uitgemoor word!!

Frans C ·

Die Bybel het ‘n les in Nehemia 4.
Gewapende bouers!
15Toe ons vyande agterkom dat ons weet van hulle planne om ons aan te val, het hulle besef dat God dit in die wiele gery het. Daarna kon ons voortgaan met ons werk aan die muur. 16-17Van daardie dag af het die helfte van die mense aan die muur gebou terwyl die ander helfte waggestaan het met spiese, skilde, pyle en boë en borsharnasse. Die leiers van die volk het almal wat aan die muur gewerk het, elke dag besoek en aangemoedig. Die helpers wat die boumateriaal moes aandra, het hulle werk met een hand gedoen, want in die ander hand het hulle ’n wapen gedra. 18Al die bouers het ook ’n swaard om hulle heupe gedra. Die soldaat wat met sy trompet alarm moes maak as daar gevaar kom, het die hele tyd by my gebly. 19Ek het vir almal daar gesê: “Ons het nog baie werk om te doen. Die muur strek oor ’n groot gebied en ons is soms ver van mekaar af. 20As julle die trompet hoor blaas, sorg dat julle so gou moontlik by my en die soldate uitkom. Ons weet ons God sal ons help in die geveg.”

God wil nie hê dat ons magteloos uitgemoor word nie,maar dat mense sal organiseer en mekaar bystaan. Dus ondersteun buurtwagte en doen jou deel.

Joubert ·

Uitstekende antwoord Frans C. Dit moet ons pad vorentoe wees, vir al die wat vra “maar wat kan ons doen..”

Werner ·

Net so Frans en Jacobus 2 se geloof sonder dade beteken niks dit help nie net jy bid die heeltyd nie jy moet jouself bewapen ook jy moet jou deel doen

heila fourie ·

ja die regering en misdadegers koop by enige winkel gesigmaskers om nie uitgeken word nie.
en raai jy hoor NOOIT VAN DIE POLISIE DAT DAAR ONDERSOEK INGESTEL WORD NIE.
daarom loop die wreedaards vry rond en ons sit agter tralies
Heila

Marelize ·

Anne-re, Serna , Karin, tannie Ansu…. dis vir my so so bitter hartseer dat julle nou nog hierdeur ook moet gaan!

Tannie Rina, ai… hartseer ek het nie woorde nie.

Daar was ‘n tyd van vrede in Vrede. Maar dinge het so ondraaglik verander. Mag die Here julle skuilplek en vertroosting wees.

Liefdegroete

Feite ·

Gelowiges se God is n God van liefde. Dit is die boosheid in mense wat mense brand, wat mense vermoor, dit is hulle bose dade wat onheil bring, hulle bose dade volg hulle en hulle onheil wat alles verswelg, vernietig alles, almal en hulself ook. Daarom moet gelowiges waaksaam en paraat wees en uit die pad van die bose bly so lank as wat dit jou beskore is. Wanneer dit jou nie langer beskore is nie dan moet jy reeds militer georganiseer wees, toegerus wees en opgelei wees om die bose vyand te vernietig. Indien jy nie voorberei soos wat die Woord van God vir jou se nie sal jy deur die onheil verswelg word. So as jy weet dat die volk nie die uitdaging van oorlog sal kan deurstaan nie omdat hulle op hulle louere gerus het en sakeryke gebou het in plaas van om voor te berei, dan moet jy emigreer!

Sonja ·

Hoekom kan al hierdie moorde nie op die Nuus kom nie. Hoekom word hierdie nie gewys op die televisie nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.