Moord nou ondersoek ná babalykie in hangkas

Argieffoto

ʼn Saak van moord word nou ondersoek nadat die liggaam van ʼn pasgebore baba vroeër vandeesmaand in ʼn klerekas van ʼn huis in Graaff-Reinet gevind is.

Maroela Media het vroeër berig ʼn ouerpaar het om die een of ander rede onraad vermoed en hul 22-jarige dogter se kamer deursoek. Hulle het hiér op die liggaam van ʼn babaseuntjie in haar klerekas afgekom.

Die liggaam was in ʼn handdoek toegedraai en in ʼn boks in die kas versteek.

Dit was tóé nog onduidelik of die baba doodgebore is en of hy eers later dood is.

Kapt. Bradley Rawlinson, polisiewoordvoerder, het Maandag gesê die klagte is na moord omgeskakel, nadat die nadoodse ondersoek gewys het die baba is lewend gebore.

Volgens hom word daar nog gewag op die uitslae van DNS-toetse wat verder lig op die ondersoek sal werp.

“Niemand is nog in hegtenis geneem nie,” het Rawlinson gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

WTF ·

En nou gaan almal weer simpatiseer met die arme “ma”…
Rus in vrede klein mensie, jou “ma” gaan eendag moet verduidelik.

Antz ·

Sy verdien nie die benaming ma nie. Ander wil graag kinders he en sy vermoor hare. Mag haar gewete haar ewige straf wees. Dit kan enige mens oorkom, maar daar is ander maniere om dit op te los – gee eerder die kind vir iemand wat na een smag

Marelize ·

Nou is dit moord.. maar as sy dit 7 dae vroeër (voor geboortedag maw) gedoen het was dit maar net aborsie en sou geen haan daarna gekraai het nie …

Siek, siek, siek samelewing waarin ons woon.
Al wat hierdie aanklag gaan bevestig is om aborsies meer te laat word.

Isabel ·

Mooi gese Marelize, voor geboorte, na geboorte, daar is n hartjie wat klop……. dit breek my hart dat mense dit nie kan verstaan nie.

Emma ·

Ongelukkig so waar Marelize :-(
Die hartkloppie van ‘n “fetus” is al sigbaar van 5-6 weke af, maar die wet sien dit nie as lewe nie?
Sal hierdie samelewing ook nooit kan verstaan nie, maar ek weet van mense wat jare terug aborsies gehad het en nou elke dag spyt is oor daai besluit.
Het my laatlam gehad toe ek 40 was en sal hom en sy ouer broer vir niks verruil nie, kan nie my lewe sonder hul indink nie…

Anel ·

Maar dit is mos een van die land se nasionale sporte. Slaap rond soveel jy kan. As daar ‘n ongelukkie gebeur, aborteer dit of vermoor na die geboorte! Siek samelewing. As jy nie kinders wil hê nie maar wil rond slaap, gaan vir sterilisasie.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.