Moord ondersoek ná verdagtes sterf

Argieffoto: SAPD/Facebook

Argieffoto: SAPD/Facebook

Die polisie in die Oos-Kaap ondersoek sake van moord nadat gemeenskapslede van Bengu buite Lady Frere glo reg in eie hande geneem het.

Lt. Namhla Mdleleni, woordvoerder van die polisie, het gesê die gemeenskapslede het self drie verdagtes, wat gesoek is op aanklag van huisbraak, kaping en poging tot moord, aangekeer. Die verdagtes, tussen 21 en 30 jaar oud, is glo Dinsdagaand deur gemeenskapslede aangerand voordat hulle Woensdag omstreeks 12:00 na die dorp se polisiestasie geneem is.

“Een van die verdagtes is met hul aankoms by die polisiestasie dood. Die ander twee is na ʼn nabygeleë hospitaal geneem waar nog ʼn verdagte beswyk het. Die derde verdagte is in ʼn stabiele toestand.”

Volgens Mdleleni word sake van moord ondersoek. Die identiteit van die slagoffers is intussen nog nie bekend nie.
Brig. Pumla Mavuka, groepsbevelvoerder van Queenstown, het ʼn beroep op die publiek gedoen om nie reg in eie hande te neem nie, maar eerder inligting aan die polisie deur te gee.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Gesiggie ·

Hierdie mense is al net so moedeloos soos ons, wat niks word gedoen aangaande moord, kaping en al die geweld, so wat anders as om die gereg in eie hande te neem, maybe is dit die enigste uitweg, op so n manier kan hierdie skelm kry wat hul verdien… ja nou het die gemeenskaplede groot moeilikheid”’ want nou het 2 verdagtes beswyk”’ nou sal jy nooit die einde van dit hoor…

gp ·

Ek dink weer dis die laaste wat ons van dit sal lees. Dis mos nie Parys boere, of boere van enige ander deel nie. So ja. Ek stem in n mate saam wat hulle gedoen het want ons polisie is te swak en te lui om hul werk te doen. En dan is die howe nie ver agter nie want dit sal seker weer R300 borgtog wees. En as die gemeenskap nie doen wat hulle doen nie, dan is die verdagtes eerste ding die volgende dag op die mense wat hulle oorgelewer het.

Karma ·

Sê wie, m? Maar daar bestaan nog altyd iets soos “Not guilty until proven guilty” in Suid-Afrika. Hoewel ek nie saamstem met die vlak van geweld nie, stem ek saam dat die gemeenskap saam opgestaan het en dié manne ‘n bietjie pakslae gegee het (goed, toegegee, miskien eerder toegetakel het, as pakslae gegee). Onthou: dié mense woon tussen diegene wat hulle so besteel – hulle ken die oortreders. Hulle is nie soos ons witmense wat maar altegraag die blinde oog en dowe oor draai nie.

@Gesiggie, jy praat die waarheid – hierdie mense, bedoelende diegene wat in ‘bruin/swart’ gebiede of in informele kampe bly word NET so hard deur die misdadige element getref as ons blankes. Hulle is NET so gatvol soos ons vir die Polisie se korrupsie en dikwels onvermoë om skuldiges aan te keer en suksesvol te vervolg. Daarom doen hulle “bush justice”.

GP ·

Hier gaan niks van kom nie. Kyk nou bv die Parys boere…dit het wereld nuus gemaak. Hierdie is so ou klein berigie net vir die wus en die onwus. Dit is reg wat die gemeenskap gedoen het. Nie die moord gedeelte nie maar hulle n goeie loesing gegee. Hulle weet dat as die mense net eenvoudig oorhandig word aan die polisie, dat hulle weer uit sal wees binne n dag op borgtog en die kaanse is goed dat die saak uit die hof gegooi sal word oor te min bewyse of iets van so aard. Dan teiken hulle weer dadelik die outjies wat hulle oorgegee het. So dis n bose kringloop wat in my meening deur die polisie veroorsaak word wat nie hulle werk oordentelik doen nie.

sê net ·

Ons held Regering en die “leier” is almal kriminele. Hoe dan nou anders??

Mielie ·

SARIE hulle se die waarheid maak seer, as dit van n ander ras kom is dit rassisties

vierkleur ·

So gaan hierdie klomp ook gearresteer word soos die boere van Parys?. O nee ,ekt vergeet,
hulle is nie blank nie,so daar sal niks van kom nie.

Xa ·

Menseregte vir misdadigers en die gemeenskap wat beskerm moet word om orde te handhaaf is noodwendig teenstrydig met mekaar. Mens kan nie almal totale vryheid en beskerming gee nie, dis reeds die pilaar van enige moderne welvarende gemeenskap, anders was ons almal nog in steentydperk. Menseregte van onskuldiges MOET voorrang geniet bo die van misdadigers, dis maar net hoe dit is. Daar moet erge gevolge wees as mens ander benadeel, veral as dit ernstig is. Iemand moet die orde handhaaf, en die gemeenskap raak nou moeg vir die regering wat nie kan en wil nie.

Joann ·

Ek stem saam,daar gaan niks van kom nie hul is mos zuma se skoothondjies. Maar ek neem hul nie kwalik nie,almal is al gatvol vir die maak en breek van diewe en verkragtings. Ons moet toegelaat word om reg in eie hande te neem,polisie is soos slang dinges se skaduwee.

Sêmaarnet ·

Ek stem saam met jou, hulle is te slap om te help of daar is nie ‘n voertuig beskikbaar nie. Almal is gatvol vir misdaad in Suid-Afrika so gou for it.

Francis ·

As die polisie hul werk doen sal dit nie vir mense nodig wees om reg in eie hande te neem nie. Onskuldige mense word wreedaardig vermoor en niemand mag niks sè of doen nie ! kom S-A begin opstaan teen misdaad !!

Theresa ·

Wat het die “verdagtes”gedoen?? IEmand verkrag of vermoor en die gemeenskap het dit gesien??

Theresa ·

Indien wel gesien om te moor – wonder mens soms of oog vir oog dalk die land gaan skoonkry van hierdie sort stokperdjie. Dis wat moord en verkragting, kaping en huisbraak geword het. Praat nie eers van dwelms nie. Stokperdjies. Selfs die krotte het TV’s en skottels. Dis hier waar die jeug al die idees kry dat Crime lekka is. Dit pay ok, want jy steel en verkoop. Rook en raak hoog. Skel jou mede-mens en veral die seniors in die lewe. Minag die reëls wat ware Vryheid eintlik bring. Ga.

Gatvolverby ·

Wonder of die valke ook betrokke sal raak hier soos met parys Boere…???? Twyfel baie sterk want daar is mos nie ‘n wit vel betrokke nie…en die verskoning van ‘n loon geskul sal sekerlik nie hier werk nie…….

Xa ·

Geen witte is betrokke nie maar moet nie n fout maak nie, dis nog steeds van riebeeck en verwoerd se skuld…

Theresa B ·

Wel, iewers moet iemand iets doen. Misdadigers word op die hande gedra, kry borg na ernstige misdade ens………………………………………..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.