Moord op Amerikaanse vrou in Kampsbaai: ‘Kêrel’ in hof

Gabriela Alban. Foto: Facebook

Gabriela Alban. Foto: Facebook

ʼn 41-jarige man van Guatemala sal na verwagting Dinsdag in die Kaapstadse landdroshof verskyn in verband met die moord op Gabriela Kabrins Alban (39).

Alban se liggaam is Woensdag in ’n luukse boetiekhotel in Kampsbaai gevind. Diego Novella (41) is dieselfde dag in hegtenis geneem. Volgens berigte het die twee van die Maandag af in die hotel gebly en was glo in ’n verhouding.

Die Daily Mail berig dat Alban vermoedelik verwurg is. Daar word verder berig dat daar glo dwelms in die hotelkamer gevind is. Volgens vriende van Alban het sy haar huis in Los Angeles so ’n paar weke gelede verlaat om by Novella in Guatemala te gaan kuier voordat hulle saam na Suid-Afrika gereis het. Die twee het mekaar glo ontmoet toe hulle jonger was, maar het glo eers sowat twee jaar gelede op sosiale media begin gesels.

Volgens die Daily Mail se berig is Novella se familie een van die magtigste families in Sentraal-Amerika en hul sementbesigheid glo miljarde dollars werd.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Landie ·

‘n Lekker land die Suid-Afrika van ons om iemand te kom doodmaak. Want die wereld weet hier tel ‘n BARBAAR se regte meer as ‘n gewone burger of selfs ‘n toeris s’n. Tweede Shrien Dewani lyk dit vir my!! Patetiese land dat ons nie eers mense kan beskerm nie!!!

pop ·

Absoluut Landie, Hierdie is die land vir moord en roof en elke onheil onder die son. Nou gaan hy borg kry en woerts is dit weer n geval soos Dewani. Eks net verstom dat hy nie dadelik na die moord spore gemaak het nie. Seker so arrogant om te weet sy geld gaan hom al die pad help.

Christo Visagie ·

Stort net ‘n “paar rand” in Jacob Zuma se tjek rekening dan is die Kaap weer Hollands. Dan kan die man ook op mediese parool uitkom.

theresa ·

Gabriela se oë lyk op ‘n druppel water soos die kind wat destyds weggeraak het. Dis baie besonders – die groot, groot groen kleur en vorm van die oë. kan nie nou die naam van daardie dogtertjie wat weggeraak het onthou nie.

Poppie ·

Sal graag wil weet wanneer/waar die dogter weggeraak het. Seker hele paar jaar terug? En is dit van Suid-Afrika?

Jakoba ·

Theresa ek dink sy is n bietjie te oud om Madeleine McCaan te wees. As sy nog lewe is sy nou 9 haar oud.

Winston ·

Net nog n statistiese syfer. Hier het moordenaars mos al die regte en gewone landsburgers het net voorregte om te kyk hoe goed dit gaan met die kriminele. Die werfpesting het SA uitgesoek om te moor.

CHRISTA ·

Nee Winston, moordenaars het MEER regte as ons landsburgers. HULLE het selfs die reg om te LEEF, net hulle slagoffers het nie daardie reg nie!!!

Gjorg ·

Die meeste mense wat hier kommentaar lewer praat asof hulle alles en nog wat van die reg af weet? Geen “welgedaan dat hy vasgetrek is nie”, geen “goeie werk deur die polisie nie”. Die man wat verdink word word nie sleggesê nie. Nee, die klomp rusbank regters kan nie wag om alweer ons land sleg te sê nie. Skaam julle man!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.