Moord op bekende lodge-eienaar: ‘Hy was tot die einde ʼn vegter’

Patrick Pedlar (Foto: Facebook)

“Hy was tot die einde toe ʼn vegter.”

Só vertel Elize Ellis oor haar swaer Patrick Pedlar (57), die bekende lodge-eienaar van Kosibaai in KwaZulu-Natal, wat Woensdagoggend oorlede is ná hy die vorige dag geskiet is.

Pedlar is Dinsdag omstreeks 12:10 deur twee gewapende mans oorval toe hy hout by ʼn padstalletjie wou koop. Hy is in die kop geskiet.

“Hy is na die Manguzi-hospitaal geneem en met sy aankoms by die hospitaal breindood verklaar.”

Ellis was deur die aand saam met haar suster en Pedlar se vrou, Cathy (52), by die hospitaal.

“Ons het ure lank langs sy bed gesit, gebid en gewag dat al sy organe moet ingee. Hy het lank geveg en uitgehou.” Hy is Woensdag om 07:26 oorlede.

Die Pedlar-egpaar is al die afgelope vier jaar die eienaars van die welbekende Palm Tree-lodge in Kosibaai.

Pedlar het elke tweede week na spesifieke padstalletjies, sowat 50 km van die lodge af, gegaan om vragte hout te koop.

“Hy het na dieselfde stalletjies toe gegaan omdat hulle die beste hout verkoop het. Hy het beurte gemaak om elke keer by ʼn ander stalletjie hout te koop. Hy wou só die gemeenskap ondersteun.”

Toe hy Dinsdag egter langer as gewoonlik weggebly het, het sy vrou hom probeer bel. Sy het dadelik onraad gemerk toe sy hom nie in die hande kon kry nie.

Kapt. Nqobile Gwala, woordvoerder van die polisie, Pedlar is van sy vuurwapen beroof waarna die verdagtes hom in die voorkop geskiet het. Pedlar kon tydens die aanval ook skote afvuur en een van die aanvallers is op die toneel dood.

“ʼn Ongelisensieerde vuurwapen met 14 patrone en ʼn windbuks is langs die oorlede verdagte gevind,” het Gwala gesê.

Die ander verdagte wou ná die aanval in Pedlar se bakkie vlug, maar het  ʼn paar meter verder teen ʼn boom vasgery.

Die polisie ondersoek klagte van onder meer motorkaping, moord, die besit van ʼn onwettige vuurwapen en die besit van ammunisie.

Die tweede verdagte is steeds op vrye voet en volgens Ellis het die familie verneem dat hy reeds in Mosambiek is.

“Ons het ook verneem dat hierdie twee mans vir twee dae by die winkel langs die spesifieke padstalletjie gesit en bier drink het. Hulle het gewag vir ʼn geleentheid om iemand te beroof. Toe was dit ongelukkig Patrick.”

Ellis sê die moord en rooftog was opportunisties.

Ellis vertel Pedlar was sy hele lewe lank in die veiligheidsbedryf en het jare in Saoedi-Arabië gewerk. Hy en Cathy het vier jaar gelede die lodge gekoop.

“Om in die veiligheidsbedryf te kon werk, was sy passie. Hy het daarna gestreef om te beskerm en geregtigheid te laat geskied. Hy het altyd gesê hy het eintlik in ʼn verkeerde era geleef, en moes ʼn cowboy gewees het.

“Patrick het gesê hy is met twee vuurwapens in die hand gebore,” vertel Ellis spottenderwys.

Pedlar het baie vir die gemeenskap gedoen. “Hy sal onthou word as die stil introvert wat baie geliefd was onder die mense van die gemeenskap. Hy was altyd bedagsaam, hulpvaardig en het geglo in regverdigheid.”

Die gemeenskap is baie ondersteunend en help die familie waar hulle kan. Hulle verleen selfs hul hulp om die oorblywende verdagte te probeer opspoor.

Pedlar se familie is steeds erg geskok oor sy dood.

“Die familie ervaar tans ʼn warboel van emosies – van hartseer, skok en woede. Sy dood was so onnodig.”

Hy word oorleef deur sy vrou, twee volwasse kinders asook twee stiefkinders. Hy is ook ʼn oupa van twee kleinkinders.

ʼn Gedenkdiens word Sondag om 12:00 op hul familieplaas in Ntumeni vir Pedlar gehou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Werner ·

Jy het jou bes gedoen ou maat.Sterkte aan die familie mag julle troos en berusting vind

Agter die skerms ·

Hene wat gaan aan met die mense sjoe hene ‘n mens raak te bang om enige plek net te gaan stop want mens is bang iets gebeur net dalk. Patrick RIV ons voel net hartseer want dit is weer een van ons wat net geskiet word. Sterkte aan al jou mense en vriende.

gpsa ·

Alle sterkte aan die familie en geliefdes deur hierdie moeilike tyd.

Einstein ·

Volgens “die Siener” is elke mens se strepie getrek en “jy kan nie by daai datum verby gaan nie”, al doen jy ookal wat

Chris ·

solank as wat daar geen behoorlike grens beheer by Lesotho en Mosambiek is nie, solank gaan ons met hierdie tipe misdaad sit.

Cecilia ·

Hy wou só die gemeenskap ondersteun.”
Ja en toe byt d einste mak “hond” sy baas wat sorg dat daar kos op sy tafel is!
Hulle het hom seker dop gehou en d houtverkopers het seker d inligting geredelik uitgegee terwyl hul saam d rowers suip in n Shebeen snags!
Maak my so kwaad ek sal n aar bars!
Sterkte aan mmr Pedlar se vriende en familie

Dollatjie ·

Een vir een maai hulle ons af…..en die woede en bitterheid bou op aan ons kant sonder enige uitlaatklep. Die damwal sal een of ander tyd moet breek kan nie anders nie. Nog bloed op ou Cyril en sy makkers se hande. Sterkte aan sy familie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.