Moord op Cradock-vrou ‘skok’

(Foto: Facebook)

Die polisie is steeds op soek na die moordenaar of moordenaars van ʼn vrou wat in haar huis buite Cradock in die Oos-Kaap vermoor is.

Die 78-jarige Patricia Orpen se liggaam is Dinsdag in haar huis gevind.

Kapt. Lariane Jonker, polisiewoordvoerder, het gesê Orpen se dogter kon haar Dinsdag nie in die hande kry nie. “Met haar aankoms op die plaas Morgenson het sy haar ma se liggaam in die slaapkamer aangetref,” het sy gesê.

Jonker het nie gesê hoe Orpen vermoor is nie.

Volgens die polisie is haar handsak gesteel en niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Orpen het alleen op die plaas gewoon.

“Dit is ʼn geweldige skok vir die gemeenskap wat baie geheg aan mekaar is,” het Retief Odendaal, ʼn DA-leier in die streek, gesê.

Odendaal sê hulle probeer nou al geruime tyd om die provinsiale polisiehoof, asook die LUR vir veiligheid in die polisie, sover te kry om uitvoering te gee aan bestaande planne en voorstelle om landelike veiligheid te prioritiseer.

Volgens hom is veediefstal algemeen en was daar verskeie plaasaanvalle.

“Daar is nou ʼn ekonomiese krisis en dinge gaan al hoe moeiliker raak. Ons moet landelike veiligheid prioritiseer. Toe die land toegemaak is, het die boere en die landbougemeenskap die land gedra deur voedselsekerheid te verskaf. Die minste wat die regering nou kan doen, is om na hul belange om te sien,” het Odendaal gesê.

Talle ander organisasies het die afgelope ruk ook gevra dat landelike veiligheidstrukture toegelaat word om tydens die staat van landwye afsondering hul misdaadvoorkomingspogings in samewerking met die polisie te hervat. Dit word tans nie toegelaat nie.

Die landbougemeenskap sê terwyl die regering voete sleep, is die boerderygemeenskap aan sy eie lot oorgelaat. Boere ly groot verliese weens ʼn drastiese toename in produk- en veediefstal, asook die onwettige slagting van vee en plundery op plase.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Pompies55 ·

Dis wat die regering wil hê,dat wittes uitgemoor word.Dit is hkm hulle die plaaswag en buurtwag stelsels verhoed om te opereer in hul gebiede.Ek stel voor die witmense wat nie ingekruip is by die people nie,staan saam en begin onderhandel vir ons eie wit tuisland waar ons oor onsself kan regeer en n sterk ekonomiese land kan opbou,waar daar nie vir ander bevolkingsgroepe hoef te sorg en onderhou nie.Laat elke nasie homself regeer en sy eie wette en waardes kan uitleef.SA is klaar in die greep van kommunisme,dis verby vir n demokratiese bestel hier!Hierdie was onder hierdie regering nog nooit demokrasie gewees nie en daar sal ook nooit wees nie.SA is in die stadium n welsynstaat waar die meeste lamdsburgers op staatspensioene leef.Dis een groot gemors hier!

Kiewiet ·

Maar Pompies, die tuisland in ORANIA WAG VIR ONS. ONS OE MOET NET OOP GAAN, of hoe?

Wilhelm ·

En hoekom luister ons as die regering nee sê vir gemeenskaps beveiliging? Ons het die volste reg om ons self te beskerm. Die regering praat, en ons spring om hulle tevrede te stel… hoekom is ons tog so gehoorsaam ?

Manie ·

Hoe sal die kommunistiese anc regering nou hul onderdane se “gratis ” voedsel van hulle wegneem
Dis tog deel van hulle beheer oor voedsel verspreiding aan die “arme” anc onderdane.

Johan ·

Ons het alle rede om briesend kwaad te word en uiting te gee aan ons woede, maar die harde feit is dat dat ons piep teen die donder. Dit lyk vir my of ons weerlose mense al meer onder ons dakke sal moet inneem. Dis hartverskeurend om mense dikwels van erfgrond weg te neem, maar dit gaan oor kosbare lewens.

Leeuwyfie ·

Arme dame. Dis onnodig. Baie sterkte aan haar familie. Om iemand aan die dood af te staan is moeilik genoeg, om iemand op so onnatuurlike manier te verloor is ondenkbaar. Mag die skuldiges gou gevang word.

Cherokee ·

Soveel mense wat pleit vir ‘n wit tuisland, rig hul pleidooie slegs tot sosiale media en plaas die blaam op ander omdat hulle steeds in swartland woon, maar verwag van iemand anders om dit te doen. Van hulself niks anders as briewe in forums.

Cherokee ·

LOL.. 4 mense sover wat dikbek is maar nie kans sien om hul beswaar te opper, anders as met afwaartse duime nie. Daar is dus geen kans dat hulle vir ‘n tuisland sal kan voorspraak maak nie; ander mense sal dit vir hulle moet doen :-)))

J ·

Ons innige simpatie aan die familie en vriende van die oorlede tannie!

Ons is KWAAD maar dit help niks om die ANC Rampokker regering te blameer nie.

Ons moet ons SELF verdedig!

Ons moet SELF ons weerlose mense beskerm!

Oujongvrou ·

Ek stem saam pompie. Maar ek is bevrees dis te laat vir die bietjie oorblywende wittes om plan te maak. En sodra hierdie virus verby is gaan nog hordes die land verlaat. Ons kinders pleit dat ons na hulle toe gaan in kanada en new zeeland. Helaas ons is te arm. Anders was ons weg. Is nie meer ons land hierdie nie. En ek sidder as ek dink aan die gevolge wat gaan kom na hierdie virus oorgewaai het.

Lizanda ·

Hulle se stilbly is ook ‘n antwoord – presies wat die regering doen, dit pas hulle perfek dat ons mense uitgemoor word, en nogsteeds bly ons gee en gee, waneer gaan ons leer?

Francois ·

Ek stem saam. Hulle hou die buurwagte weg sodat hulle vrye toegang het om te plunder. Almal wonder hoekom die kaap so erg is. Gaan kyk bietjie die hele kaapstad en omliggende areas is een groot plakkerskamp. Almsl het gesien die wit man kan die kaap mooi skoon hou en hulle wou dit ook beleef. Min wetende hulle gaan dit ook net vernietig soos hulle die res van die land vernietig het. Ek stem saam. Jaag almal weg uit die wes kaap en maak dit n blanke tuisland met geslote grense

Magda ·

Skok – regtig ANC – julle raak stadig maar seker van al die wit mense ontslae – want julle voel en gee niks om vir die boere nie, en daar is nooit enige teken dat julle iets doen om hulle te beskerm nie, so al die BOERE SE MOORDE – JULLE SKULD en eendag gaan julle daarvoor boet – GOD SLAAP NIE.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.