Moord op DA-raadslid: Verdagte glo ANC-raadslid

Argieffoto

Argieffoto

Zonisele Magawu (29) het Maandag in die Postmasburg-landdroshof verskyn in verband met die moord op Johannes Baatjies (49), ʼn DA-raadslid van Daniëlskuil in die Noord-Kaap.

Brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die Valke, het gesê Magawu het ook verskyn op aanklag van poging tot moord op Baatjies se sakevennoot. Die saak is tot 29 Augustus uitgestel wanneer Magawu om borgtog sal aansoek doen.

Verskeie media het intussen berig dat Magawu ʼn ANC-wykskandidaat in die afgelope munisipale verkiesing was. Mulaudzi kon egter nie hierdie bewering bevestig nie. “Ons bemoei ons nie met politieke sake nie, ons konsentreer net op die moord,” het hy gesê.

Maroela Media het vroeër berig Baatjies is Woensdagaand dood aangetref op die pad tussen Daniëlskuil en Postmasburg. Hy is twee keer in die kop en een keer in die bors geskiet.

Mulaudzi het vroeër gesê volgens ʼn voorlopige ondersoek is Baatjies “onverhoeds in ʼn strik gelei”. Hy het sy sakevennoot saam met hom geneem om hom by te staan tydens ʼn sakevergadering. Sy sakevennoot is steeds in ʼn kritieke toestand in die hospitaal nadat hy ook geskiet is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

7 Kommentare

E ·

Mooi so Brigadier om jou nie met die politiek hier te meng nie, maar ons weet tog jy weet.
Eerste verdagte van ‘politieke’ moorde nou vasgetrek.
Wat die FFP lid nou te doen staan in JHB? moet vreeslik wees vandag om in die poletiek te dien! om so oor jou skouer te moet loer heeltyd, dis baie erg.Maar ek glo die mense het ook nou genoeg gehad en die ‘oorlog’ tussen goed en kwaad het sy aanvang begin. Mag die goeie wen.

E ·

In antwoord op my kommentaar: Die VF plus nie FFP nie. Jammer.

Cherokee ·

Dit is dom om te sê hulle bemoei hul nie met politieke sake terwyl juis politiek klaarblyklik die rede was.

jaco ·

Hier sal niks van kom nie. Onthou tog dat die SAPD en die howe deur die ANC-regering beheer word. So hierdie hele moord-ondersoek kan baie maklik gestop word.

Dan ·

Ek kom van ‘n klein plattelandse dorpie en verneem nou die dag dat raadslede sowat R23 000 per maand verdien. Ek vermoed dit is dalk veel meer in groter munisipaliteite. As jy moet kies tussen moord met ‘n 90% kans dat jy sal wegkom daarmee of geen maandelikse inkomste is moord dalk ‘n beter opsie vir sommiges.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.