Brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die Valke, het gesê Magawu het ook verskyn op aanklag van poging tot moord op Baatjies se sakevennoot. Die saak is tot 29 Augustus uitgestel wanneer Magawu om borgtog sal aansoek doen.
Verskeie media het intussen berig dat Magawu ʼn ANC-wykskandidaat in die afgelope munisipale verkiesing was. Mulaudzi kon egter nie hierdie bewering bevestig nie. “Ons bemoei ons nie met politieke sake nie, ons konsentreer net op die moord,” het hy gesê.
Maroela Media het vroeër berig Baatjies is Woensdagaand dood aangetref op die pad tussen Daniëlskuil en Postmasburg. Hy is twee keer in die kop en een keer in die bors geskiet.
Mulaudzi het vroeër gesê volgens ʼn voorlopige ondersoek is Baatjies “onverhoeds in ʼn strik gelei”. Hy het sy sakevennoot saam met hom geneem om hom by te staan tydens ʼn sakevergadering. Sy sakevennoot is steeds in ʼn kritieke toestand in die hospitaal nadat hy ook geskiet is.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
7 Kommentare
Wat kry hulle om so moord te pleeg fis a skande
Mooi so Brigadier om jou nie met die politiek hier te meng nie, maar ons weet tog jy weet.
Eerste verdagte van ‘politieke’ moorde nou vasgetrek.
Wat die FFP lid nou te doen staan in JHB? moet vreeslik wees vandag om in die poletiek te dien! om so oor jou skouer te moet loer heeltyd, dis baie erg.Maar ek glo die mense het ook nou genoeg gehad en die ‘oorlog’ tussen goed en kwaad het sy aanvang begin. Mag die goeie wen.
Dit is dom om te sê hulle bemoei hul nie met politieke sake terwyl juis politiek klaarblyklik die rede was.
Hier sal niks van kom nie. Onthou tog dat die SAPD en die howe deur die ANC-regering beheer word. So hierdie hele moord-ondersoek kan baie maklik gestop word.
@Jaco – of die dossier sal wegraak ………..