Moord op geliefde Karkloof-boer betreur

(Argieffoto: Lorraine Claasen)

Die boer wat Vrydag in die vroeë oggendure op sy plaas in die Howick-omgewing in KwaZulu-Natal vermoor is, is as die 50-jarige Trevor Murphy geïdentifiseer.

“Murphy was ’n welbekende en geliefde boer in die Karkloof-gebied,” het Chris Pappas, DA-lid van die provinsiale wetgewer, gesê. Volgens Pappas is hy hartseer en kwaad oor die moord op Murphy. “Die DA wil sy medelye betuig met Murphy se familie en die Karkloof-Howick-gemeenskap.”

Murphy is na bewering om 02:00 deur drie aanvallers in sy huis oorval en herhaaldelik met ʼn skerp voorwerp gesteek. Hy is later in die hospitaal dood.

’n Werknemer wat glo ten tye van die voorval aan die slaap in haar kamer was, het in die vroeë oggendure ondersoek ingestel toe sy vreemde geluide gehoor het. In die huis het sy een van die aanvallers betrap waar hy besig was om die slagoffer met ’n skerp voorwerp te steek, terwyl die ander die huis geplunder het.

Die verdagtes het die werknemer glo na ’n ander kamer geneem, haar gesig bedek, haar arms en bene aan ’n stoel vasgebind en die deur gesluit. Sy het daarin geslaag om haarself later te bevry en hulp ontbied.

Die aanvallers het met Murphy se bakkie gevlug en ook onder meer sy selfoon, skootrekenaar, televisie en vuurwapen gesteel.

Volgens Pappas is dit die tweede voorval in die gebied in die afgelope paar maande. “Dit is duidelik dat die SAPD hierdie gebied moet beskou as ’n potensiële brandpunt vir plaasverwante misdade en die nodige hulpbronne moet gebruik om ons boere en plaaswerkers te beskerm. Tot op hede het die provinsiale regering nog net lippediens gelewer rakende die veiligheid van landelike en boerderygemeenskappe.”

Guido Urlings, steundiensbestuurder vir gemeenskapsveiligheid by AfriForum, het vroeër aan Maroela Media gesê daar was vanjaar reeds 13 plaasaanvalle en drie plaasmoorde in KwaZulu-Natal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Chris dupreez ·

Ja, laat ons maar sien of die werker regtig onskuldig is

Piet Snot ·

Wat sou jy gesê het Chris, as daai werker jou dogter was? Ook onmiddellik gespekuleer het dat sy betrokke was?
Dis nou ‘n hartelose opmerking.

katerinadiekat ·

Nee nie harteloos nie, Piet. In SA WAS daar in die nabye verlede werkers betrokke in moordgevalle. Eerste voorbeeld wat by my opkom, is die twee dames wat die seekos restaurant besit het, ma en dogter. Hulle bediende van baie jare, het die moord beplan en die aanvallers gehelp. Sulke dinge gebeur hier.

Linx ·

Of j no verby dit wil kyk of nie,dit maak nog nie sin dat die werker net vasgebind is nie,se nie sys skuldig nie ds net baie suspicious

Persheks Adri ·

Nóg ‘n sinnelose moord! Hoeveel nóg? By die 1ste boer was dit al 1 te veel!

Die polisie gaan niks doen nie gggmmmfff klomp patete! Ons moet onsself beskerm en beslis NIE staat maak op die polisie nie punt.

Werner ·

Kan sien die da kruip nou weer vir stemme.Stig liewer aktiewe plaaswagte as om heeltyd die aanvalle te betreur dan sal julle miskien iets beteken

Kobus ·

Van wanneer af behoort politieke partye verantwoordelik te wees vir die aanstel van plaaswagte? Die gemeenskappe moet dit tog self organiseer. Individue moet hulself laat oplei om voorbereid te wees. Politieke sisteme kan behulpsaam wees met die beperking van rompslomp; hulle kan aktiveer en hul beywer vir betroubare polisiediens, ens. Maar ons moet wegkom van “die regering moet / die DA moet”. Neem sélf verantwoordelikheid.

Nico ·

Gaan die polisie dieselfde moeite doen om hierdie skuldiges op te spoor, ek glo nie, dit is mos ‘n wit boer.

LANA is ELANè ·

Ek is so moeg om te hoor “hy WAS ‘n welbekende geliefde boer” asof dit nou saakmaak, nog ‘n produktiewe boer is uit die boeregemeenskap geruk deur ‘n weldeurdagte plan om van boere ontslae te raak.
Die SAPD moet iets ernstig daaraan begin doen om te keer dat ons daagliks moet lees van “HY WAS”, hierdie sg mense saai anargie in soveel sektore met elke boer wat vermoor word en die regerende party verkies om weg te kyk.

Rooikoos ·

Ek dink die polisie stel nie belang in wit boere nie Lana

Dries ·

Die moordenaars is moontlik ook betrokke by die ander aanvalle in die gebied.

Johan ·

Dit is baie hartseer om weer te lees van nog ‘n boer wat sinneloos vermoor is. Mens se medelye met sy familie. Kan ek net vraag vra en as Afriforum, Solidariteit of agriforum kan antwoord wat ek glo ons boere ondersteun en al beloftes gemaak het van die verhoog af jare gelede “as daar nog een boer vermoor word dan….”. Die ANC regering het beslis nie dit eers ernstig opgeneem nie. Kan daar nie daad werklik opgetree word en jong fikse knape wat werk soek op te lei deur sekuriteit firma wat hulle kan toerus met die nodige kennis en wapens en uitgeplaas word op plase nie. Sodat hulle kan dien as ekstra verweer deur hierdie lafhartige gespuis wat ons boere uitmoor. Sekerlik is daar iets wat ons anders kan doen om hierdie euwel te beveg. Dit help nie ons sit en wag dat die polisie of die regering iets gaan doen nie. Ons eie beveiliging moet versterk word binne die wette van die land maar daar is nie ‘n wet wat se jy kan nie jouself beskerm nie!!

Blomme ·

En hier is 2 swartmanne op ń plaas deur boere dood gemaak en die HEL is los… HOOFNUUS op elke nuuskanaal… Gemeenskappe wat in opstand kom en ondersteuning van selfs politieke partye ontvang. Hartseer dat die dood van elke boer wat wreed vermoor word net saggies as ń statistiek verdwyn… TRAGIES!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.