Moord op Limpopo-wildboer: Beskuldigdes vra eers dán vir borgtog

Mona Oosthuizen. Foto: Heritage Protection Group (HPG)

Mona Oosthuizen. Foto: Heritage Protection Group (HPG)

Vyf van die ses mense wat in verband met die moord op Piet Venter (51), ʼn wildboer van die Rooiberg-omgewing, in hegtenis geneem is, het Maandag in die Bela-Bela-landdroshof verskyn.

Lt.kol. Malesela Ledwaba, woordvoerder van die polisie, het gesê die saak teen Mona Oosthuizen (46), Johannes Joubert (19), Johan du Toit (52), Louisa Ricco (40) en John Johanissen (40) is tot Dinsdag uitgestel wanneer hulle saam met ʼn sesde verdagte, Reuben Miles (29), om borgtog sal aansoek doen.

Maroela Media het vroeër berig Venter is die aand van 13 November op sy plaas, Chaheng Hunting Safaris tussen Thabazimbi en Bela-Bela, vermoor. Miles is die oggend ná die moord in hegtenis geneem terwyl die ander vyf verdagtes binne 24 uur daarna in hegtenis geneem is.

Venter het geslaap toe ʼn onbekende aantal mense toegang tot sy plaashuis bekom en hom oorweldig en vermoor het. ʼn Voorlopige ondersoek dui daarop dat hy verwurg is.

Die aanvallers het met Venter se kluis van die toneel gevlug. Die gesteelde kluis, met ʼn vuurwapen, ammunisie en kontant, is kort daarna opgespoor.

Die Pos, ʼn streekskoerant, het vroeër berig Oosthuizen was saam met Venter in sy plaashuis toe hy aangeval is. Sy het glo gevlug en gaan hulp soek, maar is kort daarna op die plaas in hegtenis geneem. Joubert is na wat verneem word Oosthuizen se seun.

Klik hier vir alle vorige berigte oor die saak op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

THEA SWART ·

STEM 100% SAAM SLEG BLY SLEG OF JY NOU WATTER KLEUR IS

Elna Kupke ·

Jy kan sommer sien sy is so verskrik soos ‘n plaas haas. ‘n Mens sal nie weet wat hulle gereël het om hom te vermoor nie en of hy besluit het om hulle van die plaas af te jaag nie?? Daardie gesig vertel boekdele??

Swanna ·

Ja, dit is so. Die oomblik wanneer jy droog gemaak het en jy besef wat jy aangevang het dan lyk jy soos ‘n verskikte vlakhaas wat net wil pad vat. Want nou weet jy wat jy gedoen het en wat vir jou wag maar as jy die daad pleeg dink jy nie daaraan wat jy doen en wat moontlik kan gebeur as jy die daad uitvoer nie. Dit is maar die mens in ons. Ons dink nie voor die tyd en besin eers voor ons die daad uitvoer nie want die duiwel maak ons blind en doof.

Anre ·

Stem saam Erika hoop nie sy het kinders nie wat ‘n verleentheid vir hulle maar dalk is hulle ook so wie weet! Sleg verby!!!!!!!! Dit is altyd die mense wat op die plase self bly wat moord pleeg. Hulle sien wat daar aangaan die Boer het seker baie geld gehad!!!!!

Ja ·

As ek die vorige berigte reg gelees het is Johannes Joubert(19) haar seun, so ja sy het kinders en het hom saam haar in die moeilikheid laat beland

Apiesdoring ·

Sy het vier kinders. Elkeen by ‘n verskilkende man. Van die vier mans is slegs een nog lewendig. Laat jou wonder? Ek kan jou verseker haar kinders is nie so sleg soos sy nie. Pragtige kinders in slegte omstandighede. Dit is insluitend Christopher. Hulle almal was vir haar ‘n versekering van inkomste. Nooit ‘n dag in haar lewe gewerk nie.

pop 1 ·

Anre, haar kind het saam met sy ma moord gepleeg. Wat n skokkende ding.

Christo Visagie ·

Klink torre vir Maroela beter,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,

Susan ·

Julle praat net van been. Maar daar is vyf ander. Almal net so skuldig. Hoop hulle sit lewenslank.

Susan ·

Julle praat net van een. Maar daar is vyf ander. Almal net so skuldig. Hoop hulle sit lewenslank.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.