Moord op Limpopo-wildboer: Vyf weer in hof

Mona Oosthuizen. Foto: Heritage Protection Group (HPG)

Mona Oosthuizen. Foto: Heritage Protection Group (HPG)

Vyf van die ses mense wat in verband met die moord op Piet Venter (51), die wildboer van die Rooiberg-omgewing, in hegtenis geneem is, sal na verwagting Maandag om borgtog aansoek doen.

Mona Oosthuizen (46), Johannes Joubert (19), Johan du Toit (52), Louisa Ricco (40) en John Johanissen (40) het op 17 November vir die eerste keer in die Bela-Bela-landdroshof verskyn. Die saak is uitgestel en hulle het in aanhouding gebly. ʼn Sesde verdagte, Reuben Miles (29), het op 16 November in die hof verskyn. Sy saak is tot Dinsdag uitgestel wanneer hy na verwagting ook sal aansoek doen om borgtog.

Die Pos berig Oosthuizen was saam met Venter in sy plaashuis toe hy aangeval is. Sy het glo gevlug en gaan hulp soek, maar is kort daarna op die plaas in hegtenis geneem. Joubert is na wat verneem word Oosthuizen se seun.

Oosthuizen en Louisa Ricco tydens hul vorige hofverskyning. Foto: Die Pos

Oosthuizen en Louisa Ricco tydens hul vorige hofverskyning. Foto: Die Pos

Maroela Media het vroeër berig Venter is die aand van 13 November op sy plaas, Chaheng Hunting Safaris tussen Thabazimbi en Bela-Bela, vermoor. Miles is die oggend ná die moord in hegtenis geneem terwyl die ander vyf verdagtes binne 24 uur daarna in hegtenis geneem is.

Venter het geslaap toe ʼn onbekende aantal mense toegang tot sy plaashuis bekom en hom oorweldig en vermoor het. Voorlopige ondersoek dui daarop dat hy verwurg is.

Die aanvallers het met die boer se kluis van die toneel gevlug. Die gesteelde kluis, met ʼn vuurwapen, ammunisie en kontant, is kort daarna in ʼn veld buite die dorp opgespoor.

Klik hier vir alle vorige berigte oor die saak op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Asjas ·

Wit mense wat wit mense vermoor en dan soos plaasaanvalle probeer laat lyk. Ek is is geskok in die wit mensdom …

SNEL ·

Ek stem Asjas, ek het nie woorde nie. Eers lees jy van n seun wat sy ma vermoor (en sy lyk na so n dierbare en gawe tannie) en nou lees jy die een wit Van na die ander en kom agter dis wit op wit moord díe. Vir wat, hoekom hom doodmaak? Skandelik. Mens kan nie dink daai 2 vrouens op daai foto is tot so iets instaad nie.

Viljoen ·

Die vrou wou seker die huis en n lewens polis kry of iets daaruit kry.
Deesdae moor mense vir baie minder as dit

Johann Marx ·

Asjas, jy sê dit self: “Mens-dom”. Nie mens-slim nie. Mensdom.

BoereBikerBaby ·

Dit maak mens siek hoe ons wittes mekaar ook uitmoor. Asof ons boere nie al klaar teiken is by ander aanvalle nie. Is siek hoe mense mekaar kan uitmoor vir geld – wonder net of hul ooit sou skuld gevoel sou he oor wat hul gedoen het…

Lourens Morkel ·

Ek dink Viljoen is op die regte spoor. Die feit dat dit witmense is verbaas my glad nie.

Stuart ·

Wat vir my erg is is om iemand te verwurg. Hoe siek is moord nie al klaar maar dit moet mos ‘n afskuwelike uitgerekte storie wees om iemand te verwurg. Dieslukes het nie ‘n greintjie menslikheid en lyk my verlekker hul dus as iemand spartel en probeer loskom. Siek man, BAIE siek, Die Mona lyk hoeka soos ‘n hawelose. Sies!

Langtand. ·

Die berig het gelees dat hy hulle die oggend by n kroeg opgelaai het en nog hul drankrekening moes betaal!
Wie sit nou so vroeg in die oggend al by n kroeg? Seker toe hulle planne mooi agtermekaar gekry!
Hierdie klomp mense is gedryf deur Oosthuizen, sy het groot geld geruik en moes dit in die hande kry! En die ander gespuis is so eenvoudig om in te stem tot so n verskriklike misdaad!
Hulle het n goeie man vermoor om geen rede ,dink net aan sy kinders se verdriet!
Laat voorbok en haar trawante lekker sit en vrot in die tronk!
Nou staan sy hele onderneming stil agv “greed”
Watter aaklige mense!

Berhalet Beukes ·

So mag ek as blanke nie white trash sê nie? Hoekom word my kommentaar verwyder? Is dit diskriminasie? Of sal ek dit sagter stel? Sjoe julle stouterds, hoe kon julle so optree? Nee man, regtig! Call a spade a spade!

Claus ·

It is scum such as this that gives other Farm Murderers a bad name

Berhalet Beukes ·

Inderdaad maar durf ons ‘n woord sê is dit rassisme

M A ·

Wel, gee whiz, plaas moorderdenaars word baie selde gevang, so dis die beste manier om jou misdaad te verberg.

Pieter V ·

Dit is goed hul fotos is geplaas ,maar hoekom word swart misdadigers se fotos wat terwyl hulle verhoor afwagtend is nie geplaas nie,nie eers die ras word genoem.

Bach ·

Hulle moet regtig van lae intelligensie wees as hulle dink hul kon hiermee wegkom. Ek is bly iemand vra nie ons moet vir hulle bid nie.

roelf ·

Dit is sooooo verkeerd!!!ons wit mense baklei om ons boere te red en veilag te hou nou kom mense soos die moegoes en vermoor hulle eie nasie…ek voel nou so skaam om te se ek is n wit mens oor sigopate soos hulle dink dat geld belangriker is as jou eie nasie….bloed is dukker as water!!!!

huseada ·

Einste riccos het my gedreig met polisie , ai nou sit hulle met polisie probleme, gelukkig het God my rigting.bepaal

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.