Moord op Matie: Twee verskyn in hof

Hannah Cornelius. Foto: Facebook

Twee mans het Maandag in die Stellenbosch-landdroshof verskyn in verband met die moord op Hannah Cornelius (21), ʼn student aan die Universiteit Stellenbosch.

Vernon Junald Witbooi (32) en Geraldo Parsons (26) het vlugtig in die hof verskyn voor die saak tot 28 Julie uitgestel is vir verdere ondersoek. Hulle word aangekla van moord, ontvoering, verkragting, roof met verswarende omstandighede en motordiefstal.

ʼn Derde verdagte wat in verband met die voorval in hegtenis geneem is, het nie Maandag in die hof verskyn nie. Daar mag geen foto’s van die beskuldigdes geneem word nie aangesien ʼn uitkenningsparade nog gehou moet word.

Cornelius en haar vriend, ʼn manstudent aan die US, was Vrydagaand slagoffers van ʼn kapingsvoorval in Stellenbosch. Cornelius is vermoedelik ontvoer terwyl haar vriend tydens die kaping uit die motor kon kom of uitgegooi is. Hy het vermoedelik kopbeserings opgedoen.

Sers. Noloyiso Rwexana, woordvoerder van die polisie, het vroeër aan Maroela Media gesê drie mans het die blou VW Citi Golf [waarin Cornelius en haar vriend gery het] gekaap.

Cornelius se liggaam is Saterdag omstreeks 08:30 “met beserings” naby ʼn plaas op die Knorhoekpad buite Stellenbosch aangetref. Haar vriend het ernstige beserings tydens die voorval opgedoen en is na ʼn nabygeleë hospitaal gehaas vir mediese behandeling.

Die polisie het tydens die inhegtenisnemings op die gekaapte voertuig beslag gelê.

Personeel van die US se afdeling studentesake was reeds met Cornelius se ouers oor die voorval in verbinding om ondersteuning te bied.

Lees ook: Matie-moord: ‘Sy was die hele familie se sonskyn’

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Soekie ·

Die doodstraf moet terugkom. Moordenaars het ‘n oorhand gekry. Geen straf skrik hulle af nie. Die ouers en familie se pyn hou vir ewig. Diep smarte. Ons innige meehevoel. Pragtige kind se lewe en toekoms gesteeel.

Ada ·

Gemors van die aarde. Hoop hulle sit lewenslank.
Ek kan nie oor dit kom nie – waardeur hierdie jong dame moes deurgegaan het en waardeur haar ouers en familie en vriende nou deurgaan.
Dit is ondenkbaar.
Dankie tog die jong man sal hulle uitken. Hoop dit gaan al beter met hom. Hy het ‘n groot taak wat op hom wag.

adriana ·

Ontroosbaar. Daar is nie woorde nie. My hart wil uit my bors uit ruk van die hartseer oor hierdie jong pragtige student.
Sy is so mooi soos ‘n engeltjie – en sy is nou ‘n engeltjie in die hemel . Dis al wat ek verder kan se.

Rina ·

Hoe laag moet mens daal? Vrees van daardie twee studente? Wens misdadigers kon in hul eie munt terugbetaal word – skuim van die aarde om sommer net omdat hul lus voel of dwelm/alkoholdrang moet bevredig te moor – ledige en nuttelose lewens is gewoonlik misdadigers – sal enige verskoning opdis – het nie kos nie…….!!! So jammer vir hierdie familie!

Manny ·

Ek stem, die doodstraf moet terug kom. Dis al wat gaan help.

J ·

Ai dit is so hartseer. Almal moet voor daai hof gaan betoog. Ons jong kinders word vermoor en verkrag waardeur is sy net nie.

Siek op maag! ·

Ek stem saam! Mag Stellenbosch en ongewing soos 1 man opstaan en sê genoeg is genoeg!!!!

Elna Kupke ·

Sal dit nie wonderlik wees as al haar studente maats gaan betoog nie!!!

Paula van Wyk ·

Sulke vuilgoed het nie ‘n gewete nie. God sal met hulle werk, want Hy is die gewer van lewe, wie gee sulke vuilgoed die reg om so ‘n kosbare lewe te neem.

Charmaine ·

So hartseer ,wens haar ouers en boetie alle sterkte die.

Kloekie ·

Hoekom word hul gesigte nie gewys, maar Parys boere sn wel?

Sune van Heerden ·

Dagsê Kloekie

Soos genoem in die berig mag daar geen foto’s van die beskuldigdes geneem word nie aangesien ʼn uitkenningsparade nog gehou moet word.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Christa Rootman ·

Vra Ek ook!! As jy wit is…wys die gesig!! Andersins …asb MOENIE wys nie!! Want dan is sit rassisme!!!

Rocky Bell ·

Ek wil met trane in my oë en ‘n swaar gemoed aan die ouers van Hannah sê, ek beleef julle swaarkry en hartseer in my diepste wese. Ons self het nie kinders na 45 jaar maar kan tog ons self indink in julle loutere pyn. Woorde ontbreek maar weet dat Hannah verwag dat ons wat agterbly’ n verskil moet maak. Weet dat ons waarlik in julle verlies deel.

ap ·

Ek sekondeer almal se kommentaar hierbo, dit is so vulger, dat so ‘n pragtige mensie, en nog vele ander, in ons land so verneder en vermoor moet word, ek dink aan haar familie en dra hulle op aan ons liewe vader vir genade en berusting!!

Wilna ·

Hannah…”GOD wíll do you justice”. So ook sal HY eendag geregtigheid laat geskied aan elkeen wat moes sterf of ly aan die hand van hierdie wettelose mense wat weier om die GEES van GOD in hulle lewens toe te laat. Nie meer lank nie dan kom maak HY alles nuut. Sterkte aan die familie. Mag julle jul troos daarin vind dat jul dogter voortleef by JESUS en dat julle haar weer eendag sal sien.

Hannalene Greyling ·

Ek het 4 maande gelede my liefling dogter aan kanker verloor. Die emosionele pyn is onbeskryflik. Hoeveel erger as jou kind so onsinnig en wreed uit jou lewe geruk word. Ek het nie woorde nie. My innigste meegevoel aan die ouers, broer, familie en vriende. Ek verstaan julle bittere pyn. Geen straf op aarde kan ooit swaar genoeg wees vir wat hierdie monsters aan julle gedoen het nie.

Siek op maag! ·

Ek wil iets sê maar is spraakloos van onsteltenis. Mag Ons Vader haar in daardie wrede onmenslike laaste oomblike in Sy arms geneem het om haar te beskerm. Mag haar gesin vertroosting kry. Mag hierdie siek verskoning van mans – lafaarde, kry wat hul toekom! Nou én in die ewige hel!

Joe ·

En toe brand die wittes nie huise af en roof en plunder winkels nie!!?? Staan saam mense, ons moet hierdie land se mentaliteit oorwin!!

Boerseun ·

Die die probleem. Julle wil die land red maar nie jul volk nie. Gee boere terug hulle republieke.

Hoekom betoog ons nie? ·

Hierdie is ‘n duidelike bewys van hoe SLAP ons blankes is, daar is NIEMAND by die hofgebou wat baniere rondswaai en rassistiese rants skreeu en liedjies sing nie, daar is NIEMAND wat die aangehoudendes dreig nie, daar is NIEMAND wat hulle huise gaan afbrand en hulle families dreig nie. SE MY ASB, moet ons wittes dit ook begin doen om AANDAG in hierdie land te kry en om die klem op die MISDAAD en ONREGVERDIGHEID in hierdie land te vestig of gaan ons steeds toegesluit sit in ons kantore/huise en net dankbaar wees DIS NIE ONS NIE?? Moet ons nie regtig ook by howe begin BETOOG NIE?? Is daar nie leiers of organisasies wat ons kan lei nie, seersekerlik gaan ek alleen nie ‘n verskil maak nie?

Something Fishy ·

Janee ek is nou nie ‘n privaat speurder nie, maar dit is altyd vir my vreemd as een persoon soveel beter van ‘n aanval afkom as ‘n ander een wat wreed verkrag en vermoor is … My hart bloei absoluut vir hierdie pragtige kind en haar familie. Ek kan nie dink waardeur hulle moet gaan nie. Daar is geen troos nie, dit sal altyd seer wees. Haar hele lewe het nog voor haar gele dit is so onregverdig dat nou al tot studente die slagoffers van misdaad in SA moet word terwyl Zuma wat taxgeld collect HEHEHEH lag as hulle oor plaasmoorde en misdaad met hom wil gesels.

Ouvrou ·

Die mense van SA gaan geregtigheid in eie hande moet neem. Die staat het ons gevaal. Doodstraf???wat julle waar kry? Kriminele het baie meer regte as ander.

Theresa ·

Ons is ordentlik, luister na die regulasies, wette, reels. Ons leef in lig – nie in duisternis nie. Die regering staan skuldig. Dis waar dit begin. Daarna elke departementshoof wat nie sy plig uitvoer om wet en orde ORDENTLIK, EERBAAR en REGVERDIG te handhaaf nie. Dan die instansies soos ‘n polisiediens en verkeerspolisie. Dis noodsaaklik dat daar op ‘n regverdige manier wet en orde gehandhaaf word. ‘n Verkragter, dief, rower, moordenaar, mishandelaar, dwelmsmous, kindermolesteerder, kaper – almal wat hierdie en ander misdade pleeg, moet WEET daar wag ‘n straf van formaat op hom/haar. In ons land lyk dit egter asof dit al hoe makliker vir die skuim van die aarde word om misdaad te pleeg.

apie ·

aan alle Stellenboschers. Wees op die uitkyk. die dorp is chaoties. ‘n Gemors en gevaarlik. Dit is nie OF nog ‘n onskuldige wreed vermoor gaan word nie, dit is wanneer. Maak n plan. Sit kameras by die ingange van woonbuurte , beman dit 24/7 en verwyder mense wat nie daar woon of werk nie

Elize ·

Sterkte aan haar familie.Ja hoe kom n mens ooit oor sulke hartseer.En wat se angs die arme meisie kind moes deurmaak.Hoe kry die uitvaagsels dit reg,om so iets aan n mens te doen.Waarheen is hierdie land oppad.Reguit hel toe.!!!!!!!!!!!!!!

Helene ·

Die vrees en angs wat hierdie mens moes deurmaak terwyl hierdie gediertes haar so verniel het moes iets bomensliks gewees het. Kan die regering nie ASB alle bendes as onwettig verklaar nie? Hulle kan nie om genade smeek nie want terwyl hulle hierdie verfoeilike dade met haar gepleeg het wat dan ook uiteindelik tot haar dood gelei het moes daar iewers in hulle befoeterde breine klokkies gelui het wat gewaarsku het – waarmee is ons besig? Ondenkbaar! Hoop die getuienis wat haar vriend sal lewer sal die spykers in hul doodskiste wees. Ek bid dat ons n regering sal kry wat die doodstraf sal terugbring.

Pierre ·

Trewyl ons met n regering sit wat nie die politieke wil het om sy burgers te beskerm of die reg te gee om hulleself te verdeig teen die gemors nie. Terwyl n ding soos menseregte van toepassing is op drosters wat niks vir ander se regte voel nie en die polisie se magte ingekort word sodat hulle nie hulle plig kan doen nie, kan hierdie goed nie gestop word nie. Dit is asof die wet so toegepas word dat jy n krimineel moet word om jouself te beveilig. Ek stem bring die doodstraf terug.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.