Moord op onnie: Polisie soek dié man

Die foto van die man wat die polisie moontlik kan bystaan in hul ondersoek na die ontvoering van en moord op Jayde Panayiotou. Foto: SAPD

Die foto van die man wat die polisie moontlik kan bystaan in hul ondersoek na die ontvoering van en moord op Jayde Panayiotou. Foto: SAPD

Die polisie het ʼn foto uitgereik van ʼn man wat hul moontlik kan bystaan in hul ondersoek na die ontvoering van en moord op Jayde Panayiotou (28), die onderwyseres van Port Elizabeth wat Dinsdagoggend verdwyn het.

Panayiotou se liggaam is Woensdagoggend omstreeks 10:00 in ʼn “afgeleë gebied” naby die Kwanobuhle-township buite Uitenhage gevind.

Die polisie het die foto van die man op sosiale media geplaas en gevra dat enigiemand wat die persoon op die foto kan identifiseer of meer inligting oor die saak het, Crime Stop by 08600 10111 moet kontak.

Kapt. Sandra Janse van Rensburg, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê Panayiotou se liggaam is gevind nadat polisiebeamptes in ʼn helikopter ʼn “voorwerp” vanuit die lug gesien het. “Die nadoodse ondersoek sal die oorsaak van haar dood bepaal en die polisie sal voortgaan met sy soektog na haar ontvoerders en moordenaars.”

Panayiotou het Dinsdagoggend omstreeks 06:30 buite die Stellen Glen-veiligheidskompleks in Kabega Park gestaan en wag vir haar vriendin om haar op te laai vir werk. Sy het egter verdwyn voordat haar vriendin opgedaag het. Panayiotou was ʼn onderwyseres by die Riebeek College Girls’ High School in Uitenhage.

Klik hier vir alle vorige berigte oor die saak op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Hannelie ·

Nou vra julle hoekom mag mens nie “haat” nie. Hulle voel ‘n veer vir enige mens se lewe. Sy foto spreek sommer van gemors. Mens mag nie kwaad word nie, maar ons is magteloos want daar gaan weereens NIKS gedoen word nie. Ek hoop die vark word gevang!!!

Erika ·

Bring doodstraf terug. Daar is geen afskrikmiddel vir moordenaars en kriminele nie!

KWAAD ·

Dis vir my verskriklik. Is dit hoe die foto geneem is of is sy oë toegemaak? Ek hoop die gemeenskap kry hom beet voordat die polisie hom beetkry. En dan hoop ek werklik dat Jesus baie vinnig sal terugkom aarde toe om Sy kinders te verlos van hierdie morele val van die mensdom.

Liam ·

Hoop hul word dood geskiet wat so onskuldige mense seer maak

Liefdeskind ·

Watter verskriklike tyd moes haar laaste ure tog nie gewees het en die vrees wat sy moes verduur nie. My hart is seer vir alles wat my mense oorkom!

En die wat nog neul oor die doodstraf, word wakker. Jou “land” gee lankal nie meer om nie…

Anni Mal ·

Danksy Pinochio De Klerk and sy JA stem trawante is ons wit mense se dae getel in die land.

Sandra Stander ·

HULLE WAG SEKER OP N BELONING VOOR IEMAND SAL SE WIE HY IS!

Reinhardt ·

Sy naam is blykbaar Motlatsi Lefa. ‘n Swart meisie het hom herken op ‘n facebook site 3rd degree.

Jaco ·

Kyk net die swak kwaliteid van die foto. ‘n Sub R 2000 rand selfoon het ‘n wye hoek 5MP kleur Carl Zeis lens, en die ATM’e wat so ‘n groot lokasie en trekpleister van misdaad is gebruik ‘n R 300 swart en wit kamera uit 1981. Kan die banke nie biedjie meer pro-aktief wees en beter kameras insit nie, selfs om die bank se gebou, ek is seker die sekuriteidswagte wat so rondstaan sal meer wysword deur ‘n paar skerms dop te hou as wat hulle doen as hulle ‘swerf’

willem ·

Vat die grond terug waar j van riebeekRiebeeck geland het.die nageslagte van die voortrekk ers moet terug kom Kaap toe .

Lianca ·

Hoop sy sal kan getuig van ‘n wonderwerk. Sterkte aan haar familie.

Theresa ·

“Moontlik kan help met die polisie se ondersoek”. Siestog………..

HELP!!! HELP!!!! ·

Kry daardie span privaat ouens van Bloemfontein wat Noeline Koekemoer se moordenaar so vinning opgespoor!!!! hulle weet wat hulle doen en hoe om sulke skurke op te spoor!!!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.