Moord op PE-onnie: Polisie ontken gerugte oor verdagte

Jayde Panayiotou. Foto: Verskaf

Jayde Panayiotou. Foto: Verskaf

Die polisie het gerugte ontken dat ʼn man wat twee maande gelede in hegtenis geneem is in verband met ‘n kaping en op borgtog uit was, nou met die moord op Jayde Panayiotou (28) verbind word.

Kapt. Sandra Janse van Rensburg, polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media gesê sy is bewus van die gerugte dat die verdagte glo op borgtog uit was toe Panayiotou, ʼn onderwyser van Port Elizabeth, Dinsdagoggend ontvoer en vermoor is. Volgens die gerugte het die man glo ʼn swanger vrou se motor in die ondergrondparkering van die Greenacres-winkelsentrum in Port Elizabeth gekaap.

Janse van Rensburg het egter gesê hierdie inligting is nie van die polisie afkomstig nie en dat sy dit nie in dié stadium kan bevestig nie. Sy het gesê die polisie is steeds besig met die ondersoek en die publiek sal in kennis gestel word sodra enige verdagtes in hegtenis geneem is.

Panayiotou se liggaam is omstreeks 10:00 Woensdagoggend in ʼn “afgeleë gebied” naby die Kwanobuhle-township buite Uitenhage gevind. ʼn Nadoodse ondersoek sal die oorsaak van haar dood bepaal.

Panayiotou het Dinsdagoggend omstreeks 06:30 buite die Stellen Glen-veiligheidskompleks in Kabega Park gestaan en wag vir haar vriendin saam met wie sy werk toe sou ry. Sy het egter verdwyn voordat haar vriendin opgedaag het.

Janse van Rensburg het aan Maroela Media gesê dat twee mense wel Woensdag ondervra is nadat die polisie ʼn wenk van die gemeenskap ontvang het, maar dat die ondervraging op geen positiewe verbintenisse uitgeloop het nie. Die mense is nie in hegtenis geneem nie.

Panayiotou was ʼn onderwyser by die Riebeek College Girls’ High School in Uitenhage.

Klik hier vir alle vorige berigte oor die saak op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

KarooKlong ·

Ek sien julle wil nie my kommentaar plaas nie. Hou julle nie daarvan as julle foute uitgewys word nie.
Sy is ‘n Onderwyseres.

Sune van Heerden ·

Dagsê KarooKlong

Jou kommentaar verskyn definitief op die berig, ons het dit nie verwyder nie.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Pieter ·

waar is die polisie se beloning vir hierdie koelbloedige moord.. nou die dag was hulle sommer vinnig om ‘n beloning van R100000 aan te bied op ‘n swartman wat vermoor is.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.