Moord op PE-onnie: Wees op die uitkyk uit vir hierdie juwele

Jayde Panayiotou. Foto: Verskaf

Jayde Panayiotou. Foto: Verskaf

Die polisie het foto’s uitgereik van die vermoorde Port Elizabeth-onderwyseres, Jayde Panayiotou (28), se verloof- en trouringe wat tydens haar ontvoering en moord gesteel is.

Brig. Marinda Mills, woordvoerder van die polisie, het gesê misdadigers probeer dikwels om gesteelde goedere aan pandjies- of juwelierswinkels te verkoop of aan kennisse as ’n geskenk te gee. “’n Beroep word dus gedoen op enigiemand aan wie hierdie juweliersware gegee of gewys word, om die ondersoekspan onmiddellik te kontak,” het sy gesê.

Panayiotou se liggaam is omstreeks 10:00 Woensdagoggend in ʼn afgeleë gebied naby die Kwanobuhle-township buite Uitenhage gevind, nadat sy vermoedelik Dinsdag buite die Stellen Glen-veiligheidskompleks in Kabega Park ontvoer is. Sy het glo gestaan en wag vir haar vriendin saam met wie sy werk toe sou ry, maar het verdwyn voordat haar vriendin opgedaag het.

Panayiotou was ʼn onderwyser by die Riebeek College Girls’ High School in Uitenhage.

Die polisie het intussen ook twee foto’s uitgereik van mans wat moontlik met die moorde verbind kan word, maar geen verdagtes is tot dusver in hegtenis geneem nie.

Enigiemand wat die ringe op die foto’s herken of meer inligting oor die saak het, kan ao. Anel van Eyk by 041 397 6857 of SAPS Crime Stop by 08600 10111 bel.

Klik hier vir alle vorige berigte oor die saak op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

anita ·

My sus was 29 jaar oud,, ook vermoor vir n ou kar en R50 in haar handsak!!!sy 3seuns gehad!!!TOE EK HIERDIE BERIG LEES..HET DIT OU WONDE OOPGEMAAK!!!sy geslaan met n baksteen oor haar kop in benoni,, sy was oppad van werk huis toe..wat dit erger maak is dat die persoon wat dit gedoen het, sy tronkstraf uitgedien het, en nou n vry man is…maar ek troos my daaraan dat JESUS die laaste vonis sal uitspreek!!!!sterkte vir haar familie!!!!weet jesus sal met jul wees al lyk dit nou nie so…wat suid afrika betref…dit raak n ashoop vol gemors!!!want my sus is deur n mosambieker vermoor…BID ONS MOET BLY BID!!!!

Neels Barnard ·

Dit klink of die SAPS baie desperaat is om hierdie verdagte(s) vas te trek – en dit is wonderlike werk van hulle!!!! Daar was so n maand gelede n geval in Bloemfontein waar n tiener meisie, Noeline Koekemoer, op n hoewe vermoor is. Daar het die SAPS van n span privaat persone (met ongelooflike tegnologie) asook die Bloemfonteinse HAWKS gebruik gemaak om daar die verdagte baie vinnig op te spoor en te arresteer dmv DNA van die verdagte wat op die misdaad toneel gevind is. Ek is oortuig dat daardie span mense ook hierdie verdagte(s) in Jayde se saak maklik sal kan opspoor en arresteer. Ek hoop die PE SAPS kontak hierdie span en gebruik hulle voordat die verdagte(s) dalk weer toeslaan….

Issabelle ·

Hartseer & tragies ….. hoe troos mens al die geliefdes wat agter bly & wat se mens vir hulle ??? Dink NIE woorde sal OOIT opmaak vir al die seer , trane & hartseer nie !! Dit is skokkend & srikwekkend wat die misdaad aan gaan !! Hoeveel mense MOET nog boet & hoeveel BOERE moet nog vermoor word !!! Baie STRENGER maatreels moet ingestel word teen ALLE Zimbabwiers , Mozambiekers , Nigeriers & ALMAL !!! Geen buitelanders MOET hier toegelaat word nie , want dit is HULLE wat die vreeslike wrede misdade pleeg !!!!

Pedrie ·

Dis presies hoe ek ook voel. Daar word meer gedoen om die Zim’s, Mozzies en Nigeriers te laat tuis en beskermd voel as onskuldige mense. Selfs misdadigers kry VIP behandeling en die wit gesiggies kan geen simpatie verwag nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.