Moord op polisielid mag nooit ‘vergeefs’ wees

Kol. Beauty Marivate het meer as 30 jaar ondervinding gehad. Sy is tydens ‘n rooftog doodgeskiet en die naweek begrawe. (Foto: SA Polisie)

Die minister van polisie, Bheki Cele, het ʼn beroep op polisiebeamptes gedoen om daadwerklik op te tree wanneer ʼn beampte vermoor word.

Cele het ʼn huldeblyk gelewer by die begrafnis van die 55-jarige kol. Beauty Marivate, stasiebevelvoerder van die eLukwatini-polisiestasie in Mpumalanga wat laat verlede jaar vermoor is. Marivate het meer as 30 jaar ondervinding as polisiebeampte gehad.

Die ma van vier en ouma van nege het op 30 Desember gereageer op ʼn rooftog by ʼn supermark toe ʼn bende aanvallers losgebrand het op die voertuig waarmee sy op die toneel aangekom het.

“Die moord moet ons as ʼn land almal woedend maak. Dit is deur ons gesamentlike veroordeling van sulke wrede dade dat gemeenskappe die gevare sal besef om skuiling te gee aan misdadigers wat nie huiwer om ontslae te raak van dieselfde mense wat hulle dien en beskerm nie,” het Cele by die begrafnis gesê.

“Die polisie moet ook daadwerklik reageer op hierdie gevoellose dade en verseker die dood van een van hul eie is nooit vergeefs nie.

“Kol. Marivate was ʼn bedrewe ondersoeker en voorstander van maatskaplike geregtigheid. Dit is belangrik dat die boewe wat die gemeenskap van ʼn leier beroof het, gevind word.”

Agt verdagtes is tot dusver in verband met die moord op Marivate aangekeer en die moontlikheid van nog inhegtenisnemings word nie uitgesluit nie.

Cele het ook ʼn beroep op inwoners gedoen om nouer met die polisie saam te werk.

“Ons kan bloot nie saam met misdadigers regeer nie.”

Hy het mense gevra om die oë en ore van die polisie te wees en misdadigers voor stok te kry.

“Dit is deur aktiewe en aanhoudende gemeenskapspolisiëringsvennootskappe dat misdadigers sal besef misdaad betaal nie, maar dat dit hulle in die tronk of ʼn vroeë graf sal laat beland.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Aai ·

Baie jammer vir die verlies maar vir ons om woedend te raak gaan niks verander daai bloed is op die ANC se hande.

Marius ·

Bring die doodstraf terug. As jy iemand se lewe neem dan verdien jy dit om jou eie lewe te verloor.

Kokerboom ·

Die Cele karakter kan darem die grootste sinnelose klomp twak kwytraak!Danksy hom en sy onbevoegde bestuur bevind SAPS hom in benarde posisie. ‘n Massiewe omkeer nodig

Delia ·

Mnr Cele, praat met jou kollegas in Dept Justisie. Swaarder strawwe moet opgele word en borgtog moet geweier word.
Dit baat nie Dat almal hulle kant bring maw gemeenskap gee ininligting en polisie arresteer die misdadigers en die Howe laat hulle cry op borgtog.
Hulle verdwyn eenvoudig en Dan is dit weer die polisie se werk om hulle te vang.
Begin doen waarvoor u betaal word.
Demokrasie sonder vryheid beteken niks vir die gemeenskap in ons pragtige land nie. Misdaad vier hoogty.

Misky ·

Julle eie skuld en deur julle eie toedoen en slapgatgeit Cele. Julle self die lat gepluk.

Di ·

Dis waar dat moord ons “woedend” maak, dit geld vir ALLE moorde wat gepleeg word in SA. Mens kan nie uitsonderings maak dat een se moord belangriker geag word om op te los as die volgende een nie. Ons landburgers is al moeg gepraat, gesoebat en gesmeek – kriminele het oorgeneem! Cele en sy mense is nie in staat om hierdie massas kriminele te hanteer nie. ALLES hierdie moet voor die ANC Regering se deur gegooi word, hulle die oorsaak dat kriminele oorgeneem het weens korrupte beamptes op grensposte, korrupte polisielede, korrupte ANC lede in parlement en NOG groter onbvoegde HOOF “Cele”

Swerwer ·

Waarom moet daar net daadwerklik opgetree word met die moord van ‘n Polisiebeampte Meneer Cele? Wat van die ander landsburgers en boere wat wreed vermoor word? Is hul glad nie van belang nie?

Anel ·

Moord is moord. Of dit ‘n polisieman, boer, taxidrywer of wie ook al is. Almal moet op dieselfde manier ondersoek word. Een is nie belangriker as die ander nie. Die vermoordes het almal mense gehad wie lief was vir hulle. So kom by en straf behoirlik. Geen “menseregte” of parool vir moirdenaars. Lrwenslanken dit miet beteken jy sal met jou voete eerste daar uitgedra word. Sterkte ook aan hierdie lid se naasbedtaandes.

Truthful ·

Tragies …condolences to the family …..RIP. Sorry Cele maar polisie moet hul werk doen en ons moet ons werk doen…my opinie Polisie het hulp van weermag..in verlwde private firmas armresponse. Gebruil vi hul beskerming…die Parlement in Kaapstad het afgebrand juis deur cctv nie bekyk was gedurende. Nag en dag..en tax payer must cough up and pay ..ek wil byvoeg as jul die kriminele moordenaars op borg vrylaat elke keer (mits jul hul vang) sal hul nog misdade pleeg…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.