Die Valke het die publiek gevra om te help met die soektog na die man wat daarvan verdink word dat hy die bekende Noordwes-sakeman, Wandile Bozwana, in Oktober 2015 doodgeskiet het.
Brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoer van die Valke, het gesê hulle is op soek na die beweerde huurmoordenaar Senzo Mncube (35) van KwaZulu-Natal. Volgens Mulaudzi is daar ʼn lasbrief vir Mncube se inhegtenisname uitgereik. “Hy het na bewering bande in Ulundi, Nongoma, Mahlabathini en Johannesburg.”
Maroela Media het vroeër berig Bozwana het in die hospitaal aan sy wonde beswyk nadat hy en ʼn vrou op 2 Oktober 2015 omstreeks 15:50 in ʼn geel Renault Clio in Garsfonteinweg gery en daar skote op hul motor afgevuur is. Vier mans het naby die N1-noord-afrit vanuit ʼn BMW skote op hulle gevuur. Bozwana is vier keer in sy rug getref en vyf keer in sy sitvlak. Die vrou is twee keer in haar middel geskiet.
Sedertdien is Sipho Hudla (35), Robert Mutapa (42), Vusi Mathibela (33) en Bonginkosi Khumalo (37) in hegtenis geneem in verband met die moord. Mathibela is uit op borgtog van R50 000 terwyl die ander drie in aanhouding is.
“Mncube is gevaarlik en lede van die publiek word gewaarsku om hom nie self te nader nie,” het Mulaudzi gesê. Hy het gesê alle inligting wat deur die publiek verskaf word, sal vertroulik hanteer word.
Klik hier vir alle vorige berigte oor die Wandile Bozwana-saak op Maroela Media.
Ondersoek die Valke ook die MOORDE op blanke boere? Nee!! Hoekom word die ‘belangrike sakeman’ uitgesonder of kan ons ons eie afleidings maak?
Interressant dat net een verdagte vrygelaat is op borg van R50 000 – maggies dis baie, en die ander 3 nog steeds aangehou na 1.5 jaar. Maar plaasaanvallers kom amper almal vry op borg van R500, R1 000 ens. los, en van die sake kom niks!
STEM……
Daar word die name van 4 genoem wat in hegtenis geneem is maar dan word die publiek ook gewaarsku teen ene Mncube . Is hy die 5de een waarna hul soek? Neem kennis dat boere sommer maar net mense is wat op plase rondhang maar hier het ons te doen met ‘n vermoorde bekende sakeman van wie ek nog nooit gehoor het nie. Hou op hieroor kla want niks kan dit verander nie.
Vier verdagtes word genoem in die moordsaak van die belangrike sakeman van Noordwes. Wie is dan die volgende naam: MNCUBE wat volgens die polisie gevaarlik is en die publiek gewaarsku word teen hom. Is hy die VYFDE verdagte?