Moord op sakeman: ‘Ons harte is stukkend’

Clint en Retha Moorcroft

Clint en Retha Moorcroft

Clint Moorcroft is Sondag in die vroeë oggendure in die nek geskiet en is kort daarna oorlede, nadat vier gewapende mans toegang tot sy huis in die Golden Mile-landgoed by die Witbankdam gekry het.

Moorcroft se vrou, Retha, het die nuus op Facebook bevestig. “Dit is vir my die moeilikste om te doen. Ons is Saterdagaand omstreeks 00:00 deur vier gewapende mans aangeval. Clint het op bank gelê en slaap en ek het nog ʼn fliek gekyk. Die twee honde wat langs my op die bank gelê het, het vreeslik begin blaf. Ek sê nog vir hulle, nee man vir wie blaf julle so?”

Volgens Retha het Clint wakker geword en gesien vier mans staan agter die bank waar sy sit. “Hy het op hulle geskreeu en op hulle afgestorm. Hulle het uitgehardloop op die stoep en toe klap die skoot en Clint val net daar neer op die vloer in die huis.”

Twee van die mans het Retha hierna genader en ʼn vuurwapen op haar gerig. “Hulle het vir my gewys ek moet stilbly. Hulle het die agterdeur heeltyd dopgehou so asof hulle verwag het die bediende gaan daar instorm. Hulle vra vir niks en praat niks. Die een het Clint se werksfoon op die koffietafel gaan vat en toe beduie hy soek die hangertjie om my nek. Hy het hom kom afruk want ek kon hom nie vinnig genoeg afhaal nie.”

Die verdagtes het ook na haar oorbelle beduie. “Ek het dit afgehaal, maar hulle het gevlug voordat ek dit vir hulle kon gee. Dit was een groot nagmerrie. Ons harte is stukkend. Wat gaan ons doen sonder die anker in ons lewens?”

Retha het gesê Clint is deur die nek geskiet en is binne minute oorlede. “Ek besef nou daar is so baie mense wat omgee. Deur al die boodskappe weet en besef ek hoe geliefd hy was en wat hy beteken het vir so baie mense. Gelukkig het ons ʼn ongelooflike ondersteuningsnetwerk.”

Moorcroft was ʼn bekende sakeman in die Witbank- en Middelburg-omgewing. Hy laat sy vrou en twee kinders agter.

Maroela Media poog sedert Sondag om kommentaar van die polisie te kry oor die voorval maar sonder sukses.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Bets Bothma ·

Klink of dit binnekring was hierdie – hoekom het hul nie gepraat nie – bang hul stemme word herken? Klink ook nie of daar baie gesteel is nie? Wat was die doel vd inbraak dan?

Netekke ·

Dit lyk my hulle wou net moord pleeg, want daar is niks besonders gesteel nie. Baie vreemd…….

Acca ·

Die is rassisme in die hoogste graad waar wit mense uitgemoor word en niemand maak ‘n bohaai nie. Hoekom teiken hulle die mense so. Waar is slapgat DA wat sy mond vir alle wit op swart situasies oopmaak maar nou tjoepstil is. Kom DA be wys die teendeel of het julle nie ruggraat nie. Is julle bang julle is polities verkeerd. Die mense wat so moor is barbaars. Wit of swart wat moor is barbaars

MM ·

Wat het die DA nou te doen met die moord?? Hulle is nie in beheer van die land nie. As jy vergeet het die ANC regeer nog die land en die Polisie val onder die ANC.

Isabel Moolman ·

O jitte, hier kom die aspirant speurdertjies weer na vore. Nie een van julle was daar nie, die gevolgtrekkings wat julle maak is dus nie van waarde nie.

My simpatie aan die res van die gesin.

Kester ·

As ons nie self wonder wat aan gaan nie gaan niemand nie want die polisie, regering stel nie belang nie.

Magnum ·

Ja hier gaan hulle alweer, beskuldig alles en almal, sonder enige feite.
Selfde klomp wat laas ook so aangegaan het en toe tjoepstil is toe die verdagte die skoonseun is.

rose ·

Ek word so moeg vir die mense wat altyd ‘n slang in die gras sien of ‘n vet rot ruik..die mense wat geliefdes verloor is stukkend en dan word daar sulke dinge gese. My hart gaan uit na julle wat a geliefde verloor het.

treurgrond ·

Hierdie land van ons is defnitief ‘n treurgrond – twee onskuldige mense – een wat geslaap en een wat tv gekyk het – treurgrond, nou word daar ‘n persoon begrawe voor Kersfees – hoekom hoekom hoekom moet daar doodgemaak word – vat die goed en verdwyn net nou word daar net geskiet. My hart gaan uit na julle.

leon pit ·

Hulle kom net om te moor dit is soos om elke dag werk toe te gaan. Ons moet opstaan vir self behoud. Sterkte aan die wat agter bly.

Susan ·

Alle simpatie en sterkte aan die familie. Ons bid vir julle.
Ons is as gesin deur ʼn gewapende roof in ons huis. So iets gaan sit nie net in jou klere nie.
Ek wil graag glo dat as Maroela met opvolgberiggewing kan aandui hoe toegang tot die wonings verkry is (na bevestiging daarvan ontvsng is) kan lesers sodoende ook op hoogte bly van nuwe metodes van roof en hulself en hul gesinne beter probeer beveilig.
Maw, ongedwonge toegang, deur die badkamervenster van die hoofslaapkamer, deur die dak, ens ens.

al ·

Aspirantspeurders of te nie. Hierdie is n sinnelose moord wat geen behoorlike motief gehad het nie, buiten te kom en seer te maak. Sterkte aan die gesin in hul droefheid.

Speedguard ·

Hoe kom hulle in en niemand, nie eens die honde reageer voor dit te laat is nie, staan die deur oop of is hulle net absoluut geruisloos, Hoop nie dit was die geval nie, was nou die dag op ‘n plaas met ‘n ondersoek , by die plaashuis gekom alles het oopgestaan , ek het geroep , geklop, gefluit maar geen teaksie nie, op pad terug na my motor kom die boer om die hoek so kalm soos ‘n dagga walm en vra, kan ek help? Hy was allen en vra ek hom toe waarom alles so oopstaan , hy se toe vir varslug natuurlik! Ai ek kon maar net my kop skut!!

CAB ·

Ons is ook so oorval ek het wakker geskrik toe hulle my bekruip.. maar nie net ons nie vele mense word so oorval. Ek kan een ding vir julle almal se ons aanvallers het nie skoene aangehad nie.? Baie sterkte aan die familie en vriende nie net het sy haar man verloor nie maar om so iets te verwerk om te weet dat mens so maklik oorvalbaar is, is baie moeilik en sy moet dit nou alleen deur maak..

Annie ·

Groot bohaai en hofsake oor haatspraak … nou wat van die slagting teen al die wit mense en die doodspraak … niks gebeur met hierdie mense …. laat mens wonder …

Lisaan ·

Dit is regtig al afgewater, die ge-ykte taal. Lyk ook altyd of sekere moorde gereel word want een lewe dan nog. kom by mense, almal sien nie altyd die sleg raak nie. En wragtig, die DA kan nie vir alles blameer word nie. kry die bitterheid onder beheer en sien die probleem raak i.p.v iemand.

Konsentreer ·

Ek dink die verwysing na die DA gaan NIE hier omdat hulle verantwoordelik daarvoor gehou word of iets kon doen om dit te verhoed nie, dit gaan oor die DA se teenwoordigheid by hofsake wanneer daar wit op swart aanvalle is en nie swart op wit nie. Verstaan julle nou waar die DA inpas? Dit gaan oor waar die DA hom skaar in aanvalle wat oor kleurgrense heen gaan.

Louwrens ·

Dan kan ons mos ook vra waar is die VF+ tydens hierdie hofsake…? So ver ek weet veroordeel die DA ook alle geweld. Maar as dit julle laat goed voel om altyd die DA voor stok te kry, doen so voort.

Chris Ws ·

Dis hartverskeurend om van nog so sinnelose moord te lees.Ons innige meegevoel aan die vrou en familie.Weet nie wat hul omstandighede was nie,al wat ek vir ander kan se is mens kan nie TE paraat wees in ons land nie.As iemand vir my wil lag omdat ek 24/7 met my wapen of aan my loop of hom nooit verder as ‘n arm lengte van my af het nie soos in die bed of in die bad en al ons buite deure 24/7 GESLUIT hou of dit warm is of nie dan moet hulle maar lag.

Oom Kalahari ·

Mev Retha Moorcroft, kinders, geliefdes, kollegas en vriende: Ons gebede gaan uit na jul almal so voor Kersfees waar ‘n broodwinner, Vader, geliefde eggenoot, broer en vriend so skielik van jul weggeruk is deur ‘n misdaad veldtog wat glad nie erkenning in hierdie land kry nie. Dit is moeilik en hartseer tye wat mens moet deurgaan, vergeet kan jy nie, want so het ek selfs my ouers en broer verloor. Mag God’s seëninge jul deur hierdie donker tyd dra. “Sterkte en alle medelye”

Ben ·

Dit help nie julle veronskuldig die DA nie , hulle is te bang om op te kom vir die minderheid ( blank in die geval ) want dan verloor hulle stemme , as dit nie waar is nie Bewys dit ASB !

Baba ·

Die brought moet n saam gaan maak teen minister van veiligheid en sukiriteit as menses sake land maak or uitlatings op sosiale media is dit tyd day ons vir elle mood begin om sake te maak teen dit hoe meet ons begin sake maak sal daar fall n veranda ring kom ek vra hkm doen soldariteit en afriforum dit nie names Al die Moore way plans bind dag vast hoof van polisie

Kotie ·

Hou dop, hier kom n storie. “Slang in die gras” so jammer die man moes sy lewe verloor!!

Nardine Cronje ·

Dit is hartseer om te dink dat Clint se lewe geneem is vir ‘n selfoon en ‘n hangertjie… Ek hoop en bid net dat die mense wat verantwoordelik was vir sy dood sal kry wat hulle toekom.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.