Moord op Stella-plaas: Twee polisiebeamptes ook vas

Argieffoto: SAPD

Argieffoto: SAPD

Twee polisiekonstabels het Maandag in die Vryburg-landdroshof verskyn in verband met die moord op ʼn 45-jarige man op ʼn plaas naby Stella verlede week. ʼn Boer, sy vrou en vyf ander verdagtes is vroeër in hegtenis geneem in verband met die voorval.

Kapt. Paul Ramaloko, woordvoerder van die polisie, het gesê die konstabels het in die hof verskyn op aanklag van regsverydeling en aanranding in verband met die moord op Moses Mosepele. Die twee beamptes het glo saam met die boer, sy vrou en vyf ander verdagtes ʼn groep van drie mans met knopkieries aangerand en kookwater oor hulle uitgegooi. Mosepele, een van die mans, het aan sy beserings beswyk.

Die beamptes is glo na die plaas ontbied om die mans in hegtenis te neem waarna hulle glo saam met die ander verdagtes die mans aangerand het. Die polisiebeamptes is die naweek in hegtenis geneem. Die boer, Tigwinita Luwantu (48), sy vrou, Lindiwe Mphatani (39), en hul vriende Moipolai Mmastoki (54), Lehula Kedibone (37), Simphiwe Cele (31), David Plaatjie (43) en Thatafalo Kibane (18), het Vrydag in die Vryburg-landdroshof verskyn en hulle saak is tot 4 November uitgestel.

Ramaloko het gesê die drie mans wat aangerand is, is daarvan beskuldig dat hulle vee op Luwantu se plaas in Soutpansfontein gesteel het.

Genl.maj. Jacob Tsumane, waarnemende provinsiale polisiekommissaris, het gesê dit is kommerwekkend dat die polisiebeamptes glo betrokke was.

Klik hier om alle vorige berigte oor die saak op Maroela Media te lees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Peet Schabort ·

Kommerwekkend?
Eerder ‘n verbrande skande. Hulle wat neutraal moet staan en veronderstel is om wet en orde te handhaaf besluit wat reg of verkeerd is en sommer net daar sonder om ‘n oog te knip.

BUSFARK VAN PLETSEN ·

Dis die tweede geval waar die poliesie dit doen ek dink dis uit vristrasie daars te veel miadaadigerrs wat oorneem

Thea Gerber ·

Sou hulle dieselfde gedoen het as die ‘boer en sy vrou’ se van Pogieter of Botha was? Sou hulle dan ook die saak probeer toesmeer het of sou dit in al die koerante hoofopskrifte gewees het? “Wrede moord deur Potgieter op plaasbetreder” Kos vir die EFF. Nou gaan dit maar so lae profiel aan.

Eish! ·

Eerlik ek dink dit het te doen met opvoeding en waardes. Teen die tyd weet ons dat sekere meerderheids bevolking het geen opvoeding nie en het geen waardes geleer nie.

BoereBikerBaby ·

die oortreders het seker gedink daar is wit boere in die huis en wou hulle seker oorval, toe kry hul ‘n surprise en sien dis van hul eie mense.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.