Moord op student: Voorverhoor begin eersdaags

Jesse Hess (Foto: Facebook)

Die voorverhoor van die twee mans wat beskuldig word van die moord op die teologiestudent, Jesse Hess, en haar oupa sal volgende maand in die Wes-Kaapse hooggeregshof begin.

Hess (19), ’n student aan die Universiteit van Wes-Kaapland, en haar 85-jarige oupa, Chris Lategan, se liggame is in Augustus verlede jaar in hul woonstel in Parow ontdek.

Lategan se liggaam is in die badkamer aangetref waar hy vasgebind was. Hess se liggaam is op haar bed aangetref. Sy is verkrag.

Luidens die klagstaat staan David van Boven en Tasliem Ambrose elkeen tereg op twee aanklagte van moord, aanklagte van verkragting, aanklagte van bedrog, alternatiewelik van diefstal, en twee aanklagte van roof met verswarende omstandighede.

Chris Lategan (Foto: ANA)

Die staat voer aan dat die beskuldigdes destyds Lategan van sy Nokia-selfoon en televisies beroof het. Hess is van haar Samsung-selfoon, juwele, haar bankkaart en haar skootrekenaar beroof.

Daar is op die dag van die moorde R100 uit Hess se bankrekening in die omgewing van Bellville onttrek.

Hess en haar oupa se moord het verlede jaar wyd reaksie ontlok aangesien hulle net ’n week ná die opspraakwekkende moord op Uyinene Mrwetyana (19) vermoor is.

Maroela Media het vroeër berig Mrwetyana is in die Clareinch-poskantoor verkrag en vermoor waarna Luyanda Botha (49) in Desember twee keer lewenslange tronkstraf opgelê is vir twee aanklagte van verkragting. Hy is ook lewenslank gevonnis vir moord en vyf jaar vir dwarsboming van die gereg. Hy sal eers ná 25 jaar van tronkstraf in aanmerking vir parool kan kom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

JohanR ·

‘n Vrou se lewe in die land is rerig niks werd nie. Manne kyk agter daai ouma, vrou, dogter, auntie, niggie. Hulle is almal kosbaar. As ek terug dink aan die plaasaanval op my ouers kon ek as op vakansie by hulle aangekom het, meer gedoen het deur my Pa miskien gehelp het om die plaas huis te omhein, en ‘n
veiligheidshek op te sit. Dit sou nie veel gevat het nie. ‘n Paar hout pale, en die draad en hek. Maar jy dink moes nooit dit sal met jou, of jou naastes gebeure nie. Doen die selfde vir die meisies en vrouens in julle lewe. Maak hulle altyd bewis van die gevaare in SA, en kyk uit vir hulle.

Moedeloos ·

Dit is so waar al maak hul besware daarteen wat jy wil doen. Later sal hul te bly wees.

Prikkie ·

Ek hoop van harte dat die skuldiges lewenslank sonder die moontlikheid van parool opgelê sal word.

Hulle het immers twee lewens geneem.

gatgogga ·

Wenk aan die betrokke hof:
nie vergeet om die saak uit te stel nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.