Moord op Uyinene Mrwetyana ‘die gevolg van gebrekkige staatsdiens’

Uyinene Mrwetyana (Foto: Facebook)

Die DA het onthul dat die regering geen bestaande stelsel het om staatsdienswerkers met kriminele rekords te identifiseer en uit te sif nie.

Leon Schreiber, DA-skaduminister van staatsdiens en administrasie, het Woensdag in ’n verklaring daarop gewys dat dié onthulling ’n enkele dag volg nadat Uyinene Mrwetyana se vermeende moordenaar in ’n hof verskyn het.

“Ná die moord op Uyinene wat na bewering gepleeg is deur ʼn poskantoorwerker wat vroeër strafregtelik skuldig bevind is aan gewapende roof, het die DA onmiddellik probeer uitvind hoe dit moontlik is dat só ʼn gevaarlike misdadiger in die staatsdiens gebruik word. Ons het vandag ons antwoord gekry toe Senzo Mchunu, minister van staatsdiens en administrasie, in ’n antwoord op ons parlementêre vraag onthul het dat inligting oor kriminele rekords nie op die PERSAL-stelsel vasgelê word nie,” het Schreiber gesê.

Die PERSAL-stelsel is die sentrale personeel- en salarisstelsel wat deur alle nasionale en provinsiale regeringsdepartemente gebruik word om menslike hulpbronne te bestuur.

“Die minister se antwoord bevestig dat Uyinene se tragiese moord die gevolg was van ʼn ineenstortende staatsdiens,” sê Schreiber.

Luidens die verklaring het die minister in sy antwoord aangedui dat sy departement nou ʼn aantal inisiatiewe sal aanpak om aandag te gee aan die aangeleentheid insluitend die daarstelling van ʼn databasis van werknemers met kriminele rekords.

Die DA is egter nie met dié poging tevrede nie. “Die skokkende erkenning van die minister dat die regering nie ʼn funksionele manier het om te ondersoek en te voorkom dat misdadigers staatsamptenare word nie, kom te laat vir Uyinene. Dit is ook te laat vir die honderde slagoffers van Life Esidimeni en Marikana en die 3 832 pasiënte wat verlede jaar in Gautengse hospitale dood is – almal dood as ʼn direkte gevolg van kader-ontplooiing en die gevolglike staatsineenstorting,” sê Schreiber.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Johanli ·

Dis vreemd, wanneervdaar aansoek gedoen word vir enige ander werk, word verwag om ń polisie”clearance” te kry by polisiestasie, hoekom kan dit nie ook van toepassing wees by staatsdiens nie. Sal graag verduideliking kry oor onderwerp. Dankie

Irene Myburgh ·

Ek werk ook vir die staatsdiens. Volgens ons werk moes ons van ons kliente by die vliegtuie by OR Tambo gaan afhaal. Daarvoor moes van ons polisie klaring kry, daar was wel in ons groep van 8 net drie wat wel die polisie klarings gekry het.

Daar is niks aan die ander gedoen nie hulle werk nog steeds.

So ek dink die staatsdiens moet met elke persoon wat aansoek doen ‘n polisie klaring doen, ja dit kos geld en tyd maar op die einde van die dag is dit die moeite werd.

Ons doen wel in die staatsdiens ‘n klaring elke vyf jaar MAAR net as jy in sekere poste is. Dan doen jy ‘n veiligheidsklaring.

Christo ·

Ek dink die antw is voor die hand liggend, 99% van staats amptenare sal hul wer kwyt wees.

CallieL ·

Dis waar ons is in die land. Jy mag nie die waarheid praat nie. Alles wat die regering doen is in chaos. Almal wat vir hulle stem word beskerm. Hierdie ongeregtigheid kruip regdeur alle sisteme. Ek sal waarborg dat daar nie 3% Christene in die land is nie. As jy glo in gay wees is reg, dat daar nie n verbond gesluit was op geloftedag nie, dat jy soos die regering mag vernietig en alles is reg, dat die eff wat VBS konings is, is reg. Hoe noem jy jouself n Christen

Tinus Coetzee ·

Is ‘n kriminele rekord dan nie juis ‘n voorvereiste om ‘n ANC parlementslid te word nie?
Verkieslik ‘n bom planter.

Feite ·

ANC kaders met kriminele rekords voor 1994 word deur die ANC ideologiee geag slagoffers van apartheid te wees. Ongelukkig het dit na 1994 voortgeduur omrede die ANC se sogenaamde “struggle” vandag nog steeds voortduur en diegene wie in die naam van die “struggle” kriminele oortredings pleeg, as helde geag word. Dit is maar n siek spulletjie wat so hand uitgeruk het dat selfs die wie die vraag moes beantwoord in die parlement n struggle geskiedenis sal he wat kriminele dade mag insluit. Enige ANC/eff kader wie nie bereid is om kriminele oortredings te begaan in die naam van die “struggle” word geag n anti-rewolusioner te wees en kan met hulle lewens boet deur eerstens intimidasie en as dit nie die gewenste uitwerking het nie, sluipmoordaanvalle (necklace, mob justice). Die ideologiee van die ANC is uiters gewetenloos teenoor enige individue en groepe wie anti-struggle of anti-rewolusioner optree. Hierdie is die ware gesig van die ANC wie se “struggle” nie sal stop voordat alle Suid Afrikaners rewolusioner is en die “struggle” ondersteun. Vir die ANC is dit n geval van alles of niks. Dit is die gesig van die verlede, die hede en die toekoms van die ANC/eff!

Leon ·

Volgens die grondwet het niemand ‘n kriminele rekord totdat hy uitgevang word dat hy ‘n krimineel is en solank hy onder ‘n sekere kader rang is. Kaders bokant ‘n sekere rang is bo die wet verhewe.

nannie ·

@steftes in Gauteng my kleinkind was 1 van die gevalle agv nalatigheid van dokter en verpleegpersoneel.

Willie ·

Feite: ek dink- the only struggle they have, is the struggle not to commit crime..

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.