Moord op veearts ‘dalk nie gewone rooftog’

Dr. Freddie Malan. (Foto: Facebook)

Die bekende privaatspeurder Mike Bolhuis gaan die moord op dr. Freddie Malan, ʼn vooraanstaande en geliefde veearts van Pretoria wat in sy praktyk in die Moot doodgeskiet is, ondersoek.

Malan, eienaar van die Jakaranda-dierehospitaal, is op 31 Januarie vroegaand by sy spreekkamer in die bors geskiet en is op die toneel dood verklaar.

Bolhuis het Donderdag aan Maroela Media gesê dat Malan se gesin al lank kliënte van hom is en dat hy al voorheen sake vir die gesin hanteer het. “ʼn Familielid van Malan het ons gevra om betrokke te raak. Die persoon vermoed vuilspel,” sê Bolhuis.

Die baasspeurder wou nie te veel oor dié vermoede verklap nie omdat dit die ondersoek in die wiele kan ry, maar het bevestig die vermoede bestaan dat Malan se moord nie net ʼn gewone rooftog was nie. “Die ondersoek is in ʼn baie sensitiewe stadium. Ons kan nie die kans vat om te bespiegel nie aangesien dit tot voordeel van die boewe kan strek.”

Bolhuis sê sy span is tans besig met ʼn intensiewe proses van verdagte-uitskakeling. “Dít sal bepaal wie ons moontlik met die moord kan verbind en wie ons kan uitskakel.” Dié proses sal glo by familie en naasbestaandes begin waarna dit na ander moontlike verdagtes sal uitbrei.

Bolhuis sê dat sy ondersoekspan nou met die polisie saamwerk om Malan se moordenaar vas te trek. “Ons sal geen steen onaangeroer laat nie,” het hy bygevoeg.

Kapt. Kay Makhubela, provinsiale woordvoerder van die polisie, sê alle moontlike leidrade word opgevolg en alle moontlikhede ondersoek. Niemand is egter nog in verband met Malan se moord in hegtenis geneem nie.

ʼn Saak van moord en roof word ondersoek.

Bolhuis versoek enige persoon met inligting om sy ondersoekspan of die polisie te kontak. Alle inligting sal as vertroulik hanteer word. Inligting kan by 082 447 6116 aangemeld word.

“Ons gaan hierdie ding omkeer. Enige inligting is welkom,” sê Bolhuis.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

Susan ·

I suspected this wasn’t a normal robbery from the very beginning.

joan ·

Is dit nie jammer dat ons polisie, wie se salarisse uit ons sakke kom, al wil hulle dit nie eintlik glo nie, nie die leidrade kon optel wat Bolhuis nou aan werk nie? As ek so na sy (Bolhuis) se profiel kyk is hy ’n baie besige man wat hom nie sal bemoei as daar nie ’n vuurtjie is waar daardie rokie trek nie.

Johannes ·

Was Bolhuis nie ook die ou wat Joost se “dubbelganger” ondersoek het nie? Ons weet mos wat toe gebeur het…

Anette ·

Dankie Johannes. Ek sit nou self en wonder watter sake het die ‘baasspeuder” al opgelos.

Cherokee ·

So ‘n moord is gepleeg en nou word vuilspel vermoed. Huh? So, daar is ‘n moontlikheid dat die moord nie vuilspel was nie? Huh(!?) nog ‘n keer.

Die heel eerste berig het my onder die indruk gelaat dat die doel daaragter meer diepliggend is as bloot ‘n rooftog. Miskien bloot omdat dit nie sin maak dat ‘n veearts, tandarts, mediese praktisyn of in dier voege, beroof word nie. Ek het egter toe reeds gedink dat die rede daarvoor dieper gesoek moet word as bloot gawapende roof.

Buffel ·

@Cherokee, ek stem heelhartig saam dat daar verder as blote gawapende (sic) roof gekyk moet word.

Cherokee ·

Buffel, ‘ga’ dui eintlik op die sies ga wat ons vir dit wat aangaan in die land, voel.

Lizelda ·

Ja, van die staanspoor af was dit baie duidelik dat dit nie bloot n roof was nie, maar n mens is maar versigtig om te vinnig te se wat jy dink want sjoe! die mense op die blad is baie sensitief.

J ·

Ag asb hoeveel skelms/moordenaars al vasgetrek? Wonder maar net. Nog niks van sy sukses verhale gehoor nie

GM ·

LouE, gaan lees die vorige berig en redeneer dit vir jouself uit. Ek kan weer nie insien hoe enige iemand by ‘n ‘gewone roof’-gevolgtrekking kon uitkom nie. Netso ook met die Coligny-saak. Voel jy die getuie was betroubaar en dat die twee die kind van die bakkie afgegooi het?

Flaffie ·

Stem saam, hoef nie Piet Byl te wees om deur die misdaad te sien nie. Hoop vir die naasbestaandes se onthalwe die skuldiges word vasgetrek.

humor ·

Miskien alreeds te veel in die berig gese. Slapende honde word so wakker gemaak.

Wonder ·

Hoe word ieman n ‘baasspeurder’ – as die media so besluit omdat jy heeltyd aandag soek? So MM maak Bolhuis n baasspeurder. Dis soos wyle Piet Byleveld, toe Husigenoot oor hom begin skryf is hy skielik n baasspeurder. Die realiteit is, en mag sy siel in vrede rus, dat daar ‘n span speurders was wat die werk gedoen het en die media het Byleveld opgehemel. Tooe hy aftree en privaat ondersoeke doen waar hy werklik resultate moes lewer, het hy gou gevou en baie mense het gekla hy vat hulle geld sonder dat hy ooit iets doen of resultate lewer. Vir die media wil ek se, talk is cheap but money buys the whiskey. Moenie mense ophemel en n valse media profiel skep net om julle stories verkoop te kry nie, die boemerang een of ander tyd. Mike Bolhuis is nprivaat ondersoeker soos vele ander, julle maak dat slagoffers onwetend hul sake na hom vat omdat die media hom sonder gronde ophemel

Gert Nel ·

Nou praat jy. Beyleveld was nooit n baasspeurder nie en het n span gehad wat hom gemaak het. Hulle het nie een ooit erkenning gekry nie.

LB ·

Ek dink weer slapende honde begin dan skarrel en los oral briek merke..
Ek dink Mike is n wonderlike mens, hoop hy het groot sukses spoedig met hierdie saak.

Onnie ·

Slim Mike. Gooi ‘n klip in die bos, en kyk wat (of wie) spring uit. Benoude katte, maak benoude spronge. ?? Watch this space!

Hennie ·

Ja ek wonder self daar oor gaan dit oor die blad of die byt

Gert Nel ·

Mike Bolhuis is n bluf. Hy het n span top oudspeurders wat sy werk doen. Kol. Luke Enslin was een van die top moord en roofspeurders in die SAP/SAPD en kan n moeilike saak oplos.

Sputnik ·

Net om te sê dat as ek ‘n verdagte is, kan Mike en sy span my maar uitskakel!

HP ·

Kan MM nie vir ons `n berig doen oor die sake wat “baasspeurder” Bolhuis al opgelos het nie? Asb? Ek weet nie van een nie.

Sue Theron ·

Was baie hartseer oor hierdie sinnelose moord. Hoop Mnr Bolhuis vang die skuldiges.

Feite ·

Nou hoe dan nou?
Dieselfde mense het dan meer as n week gelede ons Veearts in Northriding gewapend beroof?
En al die omliggende Veeartse is nou op high alert met ekstra sekuriteits maatreels. Hierdie is baie vreemd.

ek sê maar ·

Selfs op sy tv program waar hul gewys het watter sake hy aan gewerk het was nie EEN wat hulle gewys het ‘n suksesverhaal nie. So…Ek hoop maar die keer werk dit uit.

Andre ·

Baasspeurder ? Daar is nog erens in die SAPD n ondersoek beampte wat die werk behoorlik kan doen.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.