Moord uitgeskakel ná sakeman se dood

Gerard de Boer (Foto: Hoërskool Witteberg/Facebook)

Die polisie ondersoek nie meer ʼn saak van moord in verband met die dood van Gerard de Boer (45) nie.

De Boer, ʼn bekende sakeman van Bethlehem in die Vrystaat, is Saterdag dood aangetref by sy onderneming Solomons Mica.

Konst. Puleng Lebakeng, woordvoerder van die polisie, het gesê daar is aanvanklik ʼn saak van moord ondersoek, maar dat die polisie nou ʼn geregtelike doodsondersoek doen nadat die uitslag van die nadoodse ondersoek bekend geword het.

Die polisie kon nie meer inligting verskaf nie en het net bevestig die ondersoek duur voort.

Maroela Media het vroeër berig De Boer se pa, Henk, en sy vrou, Lize, het op sy liggaam afgekom. Hulle het gaan ondersoek instel nadat hy nie op die gewone tyd terug by die huis was nie.

“Sy vrou was besorg en het haar skoonpa gekontak. Hulle het besluit om De Boer by sy werk te gaan soek en daar het hulle op sy liggaam afgekom,” het Lebakeng vroeër gesê.

Die polisie en paramedici is na die hardewarewinkel ontbied en De Boer is dood verklaar. Die polisie het aanvanklik gesê dit word vermoed dat De Boer verwurg is.

Hy laat sy vrou en vyf kinders agter. ʼn Gedenkdiens is vandag by die Hoeksteen Gemeente vir De Boer gehou. Solomons Mica is vandag gesluit weens die gedenkdiens.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Lee ·

Dis weird. Ek dog in die eerste berig het hulle gesê hy was gewurg?

Blommie ·

Jy kan beslis tog nie jouself wurg nie…
Iets maak nie sin nie.
Sterkte aan die familie.

Tanya ·

Iets klink nie reg nie. As dit nie moord is nie, is dit selfmoord? Hoekom dan? Die vorige berig het almal met lof gepraat van hom en hoe betrokke hy was in die gemeenskap. Ek sou ook ‘n privaat outopsie laat doen…

Jaco ·

Kan dan net selfmoord wees.

Dis jammer dat dinge so erg verkeerd gaan

Marelise ·

‘n Mens kan mos op ander maniere ook doodgaan, hartaanval, beroerte ens. Dit is nie net moord of selfmoord nie.

Rika ·

Ja verstaan ook nie wat hier aangaan nie voel so jammer vir die familie

Hartseer ·

Dis eienaardig…. op grond van wat is daar in die oorspronklike berigte geplaas dat hy verwurg is? Merke aan sy keel? Het hy homself gehang? Maar hoe maak owerhede so ‘n fout om aan die media te sê hy is vermoedelik verwurg.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.