Moordaanklag na hy glo inbreker doodslaan

Argieffoto

Argieffoto

‘n Huiseienaar word van moord aangekla nadat hy glo ‘n inbreker in sy huis in Butterworth in die Oos-Kaap vermoor het.

Kapt. Jackson Manatha, woordvoerder van die polisie, sê Yolisa Dindili (24) het glo by die huis in Dutywa ingebreek. Die 35-jarige huiseienaar het hom betrap en hom glo erg aangerand.

Dindili is met sy aankoms by die hospitaal dood verklaar. Manatha sê die huiseienaar sal Maandag in die Dutywa-landdroshof verskyn op aanklag van moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Frikkie Botes ·

Ons raak nader aan n burger oorlog AGV die regering wat ons hande vasbind vir die rowers en moordenaars om ons te kan skade veroorsaak en hulle kom daarmee weg.

Peter Says ·

Frikkkie, feit…die dief het meer regte. Ek het n beleid, ek skiet en dan sal ek die gevolge dra…

william ·

En dan se die regering hulle is erstig oor misdaad. Wat n grap. Wat soek die swernoot in iemand anders se huis.

Ian ·

Watse nonsense is dit? As jy hulle nie doodmaak, maak hulle jou dood, in die eerste plek wat maak hulle in jou huis dan verloor hy volgens my alle reg

Pieter ·

Selfs jou hond sal aanval wat geen verstand het soos die van die mens! Dit is instink om te verdedig uit angs/onsekerheid wat op daai oomblik oorneem! Dit sal nie gebeur het as hy nie daar was nie! RIP skelm

Gert ·

Onthou altyd…”immenent danger” Jou lewe is nou in gevaar..dan kan jy hom klits!

As jy hom so geslaan het was sy lewe eerder in dodelike gevaar as joune?

sarie ·

Dit is tipies wa ons nou bly ,dis nie meer ons land ,die skelm kan maak wat hy wil,solank jy hom nie seer maak nie,kan hy steel en moor.

Venesa ·

Wat n grap so hy (die skelm) moet jou eers seermaakof jou vrou verkrag en dan mag jy iets aan hom doen! Nee wat dan sal ek hom ook maar in die asblik gooi.

Andre ·

Daar word wereldwyd te veel gemaak van “menseregte”. Ons lewe in ‘n tyd waar daar meer omgegee word vie die kriminele en kwaaddoeners. Ek is bly ek is al bejaard en hoef nie nog 30 jaar met sulke patetiese wetgewing saam te loop nie.

Suzette ·

Ai Andre, waar wat jy sê, nie meer lank vir ons nie, maar wat van ons kinders en klein kinders??? My hart breek elke keer as ek my kleinkinders moet groet na ‘n kuier.

Petro Swannepoel Joubert ·

Dis mos nou nie of die eienaar die “inbreker” genooi het na die binne kant van sy huis nie. Ons mag niks meer doen nie. Die man het van skok na die geveg ding oorgegaan en harder geslaan as gewoonweg. As die inbreker nie binne sy eiendom was nie sonder toestemming nie sou hy nog geleef het. Nou gaan n onskuldige man met n rekord agter sy naam sit. Maar een minder wat deur ons belasting geld moet gevoer word. Die mensdom en volk en vaderland het geen vrees meer vir niks nie. Want daar is nie meer doodstraf nie. Dis n lekker tyd vandag ini tronk. Geen bekommernisse meer nie.

leana ·

Dis mos nou hoe ons landswette werk. Die misdadiger MOET jou eers vermoor alvorens jy jouself mag verdedig !

Sanet ·

Wat is fout met die prent, o wag, ja, moordenaars en skelms kom weg met als en die victims het glad nie ‘n wet wat hulle help nie. Welkom in die nuwe S.A mense, dis wat nou gebeur met onse goeie mense daagliks. Waar is die woorde wat ons hoog gesing het toe ons jonger was” Ons vir jou S.A!!!! Staan ons nogsteeds agter die woorde of nie? Ons moet terug baklei en al moet ons petisies teken om hierdie huiseienaar te help, dan doen ons dit!!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.