Moordaanklag vir motoris ná verkeersbeampte sterf

hof-hamer

Argieffoto

ʼn Motoris van Limpopo wat glo betrokke was in ʼn tref-en-trap-ongeluk waartydens ʼn verkeersbeampte gesterf het, staan nou tereg op ʼn aanklag van moord.

Akani Brendon Mgimeti (22) van Florapark in Tzaneen, het Dinsdag in die landdroshof verskyn nadat hy Sondag glo die verkeersbeampte omgery het.

“Die aanklag is van strafbare manslag na moord verander weens die ernstige omstandighede van die saak,” het Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, gesê. “Bykomende klagtes soos roekelose of nalatige bestuur en die versuim om ná ʼn ongeluk stil te hou, is ook op die klagstaat bygevoeg.”

Maroela Media het vroeër berig die 40-jarige verkeersbeampte, Buta Hector Mlondobozi, van Ritavi buite Tzaneen, het tydens ʼn Paasveldtog as ʼn puntsman opgetree om padsterftes te verminder. Hy het amptelike diens gedoen op die R36 naby die Macdonald-varsproduktemark toe hy omgery is.

Mgimeti bly in aanhouding totdat hy Vrydag formeel kan aansoek doen om borgtog.

Die polisie se ondersoek duur voort.

Lees alle vorige berigte oor die Tzaneen-verkeersbeampte op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Theresa ·

Argwaan op die paaie moet stop. Daagliks (en dis nou al afgesaag – en tog bly dit onveranderd, maak nie saak hoeveel mens vra dat daaraan aandag geskenk moet word nie) ry taxis aan verkeerde kant van die pad op – ALTYD op spoed, nie eers “versigtig”verkeerd nie!!
Ek is oortuig daarvan dat baie van daardie bestuurders is onder die invloed van iets. Dagga, drank, ander dwelms en ‘n goeie skoot kannie-worry nie. Hoe op aarde kom mense met sulke disrespek vir padreëls weg?

postaffie ·

aantal hare gelede het die anc n wet ingestel dat mense net kode 10 lisensies net kode 10 voertuie mag bestuur. gaan kyk berus did feitlik net witmense wat met kode 8 voertuie getoets word. die red kry steeds hulle kode 10 lisensie, klim in kode 8 voertuie, ry mall toe en gaan krap elke dem voertuie wat Lang’s hulle staan want hulle kan nie parkeer nie. Dan will die minister van vervoer ewe belangrik aankondig dat DRA van veiligheidgordels verplugtend gaan word! hello? dis al derig jaar of Langer verpligtend.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.