“Moordbende”-polisie weer in hof

Foto: SAPD, Facebook

Foto: SAPD, Facebook

Die saak teen 27 polisiebeamptes wat van afpersing, moord en roof aangekla word, is in die hooggeregshof in Durban uitgestel.

Die 27 beamptes is lede van die voormalige Cato Manor-eenheid teen georganiseerde misdaad in Durban. Die saak is uitgestel nadat daar ʼn aansoek gebring is om die aanklagte van afpersing terug te trek voor daar met die saak voortgegaan word.

Die mans is in 2012 saam met hul voormalige bevelvoerder genl.maj. Johan Booysen in hegtenis geneem. Regter Trevor Gorven het in Februarie 2014 die saak teen Booysen uitgegooi. Die mans word daarvan verdink word dat hulle soos ʼn moordbende opgetree het. Die polisiebeamptes het glo eerder mense doodgeskiet as om hulle voor die gereg te bring.

Die saak is tot 9 Oktober uitgestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

maggie ·

dit klink vir my weer soos n opgekookte saak wat geen basis het nie!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.