Moordbeskuldigde boer hoor oor borgtog

Argieffoto

Argieffoto

Josef van Eeden, die Vrystaatse boer wat tereg staan op twee aanklagte van moord, het Woensdag weer in die Bethlehem-streekhof verskyn waar hy om borgtog aansoek gedoen het.

Van Eeden (34) is op aanklag van moord in hegtenis geneem nadat hy na bewering in Desember 2015 vir Babiki Abraham Mokoena (33), ʼn man wat hy van veediefstal verdink het, in die Fouriesburg-omgewing doodgeskiet het. Volgens berigte was Mokoena glo met ʼn byl gewapen.

Van Eeden is later op borgtog van R5 000 vrygelaat, maar is in Oktober weer in hegtenis geneem omdat hy na bewering ʼn 60-jarige man met opset op ʼn plaas naby Bethlehem raakgery het. Die man, Johannes Mahlaku, het later in die hospitaal aan sy beserings beswyk.

Kapt. Zweli Mohobeleli, polisiewoordvoerder, het vroeër aan Maroela Media gesê Mahlaku het glo op ʼn naburige plaas mielies opgetel wat ná ʼn oes oorgebly het. Van Eeden het hom glo met sy voertuig gejaag en op die naburige plaas omgestamp.

Phaladi Shuping, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), het aan Maroela Media gesê Van Eeden is Woensdag op borgtog van R10 000 vrygelaat. Hy sal dus nie Kersfees agter tralies deurbring nie en moet weer op 11 Januarie in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

callie ·

Glo dit was uit erge frustrasie met diewe. Feit is hy kry borgtog. wat van doodskis twee. Watter regter is die patetiese een.

al ·

Boere moet altyd slaggereed wees. Al lyk dit of die boosdoener niks op hul lyf het nie, is daar gewoonlik n gevaarlike wapen weggesteek. Hul glo die vinnigste manier om n geveg te wen is deur n mes te gebruik. indien hul nie n vuurwapen in die hande kry nie. Dis waarom daar so baie mesaanvalle is. Die Wet op Gevaarlike Wapens, dis goed dat dit in werking gestel is.

al ·

Die boere in die doodskis video se lewens word gevrees word indien hul vrygelaat word. Boosdoeners het altyd n mes wat weggesteek word in hul kleredrag of n gevaarlike wapen. Hul glo dis die vinnigste manier om die geveg te wen. Gelukkig dat die Wet op Vuurwapens ingestel is, dit maak die eintlike slagoffer nl die boer se verweer beter wanneer hy geskiet het.

Johan II ·

Waarvan praat jy Corrie? Die 60jarige wat dood gery is het mielies opgetel waar dit klaar gestroop is. Die een met die byl het langs die pad gestap…

Justice ·

Ek is ook `n plaasboer in `n afgelee area – ongeag hoe kort jou humeur is en hoe gefrustreerd jy ookal is dit geen rede om `n 60 jarige man in jou lande dood te ry met jou bakkie nie. As boer dra jy `n pistool en kan jy hom arresteer vir betreding as jy wil. Dit is egter dade soos die wat ons boere `n slegte naam gee. Ons word daardeur aan mishandeling van die ergste graad onderwerp word wanneer ons oorval en vir dood agtergelaat word.

Netekke ·

Mmmmm, siestog die arme “slagoffers”, hierdie land se regstelsel is pateties. Ek sou myself so graag beter wou uitdruk maar ja die rassekaart word baie vinnig gespeel.

tamboti ·

Mense lees mooi, reeds 33j veedief geskiet, nou 60 jarige mielie opteller omgery let wel sonder byl. Na vorige geval is sy wapens seker ingeneem?
Ek wonder net as jy met toestemming gaan mielies optel na oes, hoekom hardloop jy vir man met bakkie weg?

Kobus 4e ·

Ons moet nou ook konsekwent wees. As ‘n blanke vir n selfoon of rekenaar vermoor word skreeu ons ten hemele, en heeltemal reg. Daar is geen verduideliking om so iets te regverdig nie. Deur iemand dood te maaak vir n klomp mieliekoppe, is net so barbaars as om iemand vir n selfoon dood te maak.

chrisp ·

Kobus jy is gedeeltelik reg onthou egter dat die man nie die slagoffer gaan beroof of beplan het om hom dood te maak nie. Wanneer jy dan iemand doodmaak wat mieliekoppe steel(totaal onaanvaarbaar) maak jy ‘n dief dood. Iemand wat iemand dood maak om sy selfoon te steel is hy ‘n dief en moordenaar. Nou moet jy konsekwent wees.

sarie van heerden ·

Om vandag ‘n boer te wees en nie onskuldig in die moeilikheid te kom nie is net een groot wonderwerk. En om ‘n boer te wees en jou sinne te behou beteken ook maar net dieselfde. Verdedig jy jouself beland jy in die moeilikheid. Verdedig jy jouself NIe word jy doodgemaak. Baie dankie vir al die boere, maar dis nie vir my nie,.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.