Moordbeskuldigde en minister se seun was vriende, hoor hof

Higuera tydens sy hofverskyning. Foto: ANA

Higuera tydens sy hofverskyning. Foto: ANA

Die man wat daarvan beskuldig word dat hy Chumani Nqakula, die seun van Nosiviwe Mapisa-Nqakula, minister van verdediging en militêre veterane, vermoor het, het Maandag in die hof verskyn.

Chumani (23) is Saterdag in Bezuidenhoutvallei in Johannesburg met ʼn skerp voorwerp doodgesteek.

Carlos Higuera (24), Chumani se vermeende moordenaar, het ʼn kopwond gehad en moeilik gepraat toe hy in die beskuldigdebank van die Johannesburg-landdroshof gestaan het. Hy het ook aan die hof gesê hy het liggaamspyne.

Landdros Albertus Roux het Higuera gevra of hy beseer is toe hy in polisieaanhouding was. Roux het beveel dat Higuera by ʼn gevangenis se mediese fasiliteit ondersoek word.

Higuera het gebewe waar hy in ʼn uitgewaste groen trui in die hof verskyn het. Hy het aan die hof gesê hy en Chumani was vriende. Die besonderhede wat tot Chumani se dood gelei het, is egter nie bekendgemaak nie.

Bornwise Tshabalala, Higuera se regsverteenwoordiger, het later aan die media gesê sy kliënt sal om borgtog aansoek doen wanneer hy Woensdag weer in die hof verskyn. “Ek kan nie besonderhede gee van wat die nag van Chumani se dood gebeur het nie, maar dit blyk dat hulle mekaar geken het,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Swanna ·

Eish en nou word die verdagte nog geboelie in die selle waar hy aangehou word deur die gereg. Wonder of Nqakula iets daarmee te doen het. Vir een of ander rede het hy sy vriend vermoor.
Hou ons op hoogte maroela. Samblief.

JJ ·

Nee, Swanna, niemand het hom geboelie in enige plek nie….Hy het sy kop hard teen ‘n deurkosyn gestamp toe hy sien die SAPD is op sy spoor…..Nou kan hy “selfverdediging” pleit, en sê sy maatjie het hom aangerand……Watch this space!!

BUSFARK VAN PLETSEN ·

Ek wonder wat die uituinde van die moordsaak gaan wees die beskildigde en vermmorde se ouers is alby ANC hooggeplaastes .dit sal interesant wees

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.