Moordbeskuldigde-konstabel verkrag glo tiener

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 33-jarige konstabel, wat reeds teregstaan op ʼn aanklag van moord, is vandeesweek buite Pretoria in hegtenis geneem in verband met die verkragting van ʼn 15-jarige meisie.

Moses Dlamini, nasionale woordvoerder van die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat (Opod), het Dinsdag gesê die konstabel, oorspronklik verbonde aan die Cullinan-polisiestasie oos van Pretoria, is Maandag in hegtenis geneem.

“Die konstabel word daarvan verdink dat hy in 2013 ʼn verdagte, Boy Mahlangu, agter ʼn polisievoertuig gesleep het. Mahlangu het aan sy beserings beswyk en ʼn moordsaak is teen die konstabel aanhangig gemaak,” het Dlamini gesê.

Volgens Dlamini is die konstabel in hegtenis geneem en geskors hangende die uitkoms van die ondersoek. Hy is later op borgtog vrygelaat, waarna hy na Ekangala, noord van Bronkhorstspruit, verhuis het.

“Die beweerde verkragting het Sondag in die vroeë oggendure in Ekangala plaasgevind. Die slagoffer beweer sy het Saterdag saam met ʼn vriend gestap toe die konstabel, wie se kinders saam met haar skoolgaan, in sy motor langs haar stilgehou het. Haar vriend was ʼn entjie voor haar. Die konstabel het haar glo gedwing om in sy voertuig te klim deur te dreig om haar te skiet.”

Die meisie het in die voertuig geklim, waarna die beampte glo na ʼn grondpad gery het waar hy haar verkrag het.

Die slagoffer se ma het die voorval Sondag by die polisie aangemeld nadat haar dogter by die huis opgedaag en haar van die voorval vertel het.

Opod is deur die polisie ingelig om die saak te ondersoek. “Die slagoffer is vir mediese behandeling en ondersoek geneem, waarna die konstabel deur die Opod-ondersoekbeamptes in hegtenis geneem is.”

Die beampte moet Woensdag in die Ekangala-landroshof verskyn op aanklag van verkragting. Die beampte se moordsaak is geskeduleer om 24 Februarie te hervat.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Lance ·

Vrot tot op die been …nou moet sulke mense jou oppas …hoe kan mens ooit veilig voel met sulke mense !

bekommerd ·

Watter tiepe mense neem julle indiens. Duidelik is daar geen gesonde riglyne nie. Swak, uiters swak. Julle is veronderstel om die swakes te help en maak so misbruik van die voorreg. Ek het nie woorde nie. Hoeveel mal het dit nie al gebeur nie. Nee wat as ek in die moeilikheid is sal ek dit self uitsorteer. Ek sal julle nie bel nie.

Theresa B ·

Ek stem Lance. En daar is die bewys dat ‘n groot krimineel ‘n blou uniform dra. Ek hoop die skorsing word summier afdanking. Alles vir hulle moet met geweld gepaard gaan.

Santie ·

Vergeet van afdank. Reguit trunk toe met hom, Hy het klaar gewys hy is ‘n gewoonte misdadiger!

GEWONDER ·

“Moordbeskuldige-konstabel”‘ Hoe op aarde kan iemand wat van moord beskuldig word nog in die besit van vuurwapen wees? En nog in blou uniform?

Anoniem ·

Dis ‘n aanklag teen die SAPS se menslike hulpbronne afdeling. Word aansoekers nie aan sekere sielkundige toetse onderwerp om te sien of hulle goeie polisiemanne/vrouens sal wees nie??? Indien nie, hoekom nie? Indien wel, hoe het dit gebeur dat hierdie “gewoontemisdadiger” ooit aangestel is?

Hoop nie die man is met volle salaris geskors nie terwyl daar 2 sulke ernstige aanklagte teen hom is nie. As hy nog steeds salaris kry, behoort dit onmiddelik gestaak te word.

Ook moes hy nooit borgtog gekry het nie, want dan het die verkragting nie plaasgevind nie! Die verkragtingslagoffer behoort ‘n saak te maak teen die Departement van Justisie? Sy borgtog behoort summier opgeskort te word voordat hy nog ‘n misdaad plaag.

Koos1 ·

Eerstens wil ek graag sê dat die doel van arrestasie is om te verseker dat ‘n persoon in die hof verskyn. As die beskuldigde ‘n vaste adres is en nie ‘n vlug risiko is nie, kan die hof nie borgtog weier, sonder goeie rede nie. Tweedens het hierdie twee sake geen verband nie. Die hof kon nie toe borgtog vir die eerste saak toegestaan is, voorsien dat die verdagte gaan verkrag nie.
Die SAPS het baie streng keurings prosesse, maar wat hierbo vermeld word is soos om te sê as ‘n person aansoek doen en dit is ‘n man “Wel jy voldoen aan die vereiestes maar ons kan jou nie aanstel nie, omdat jy moontlik oor 15 jaar ‘n verkragting kan pleeg.
Hier is soveel “regskenners” op hierdie forum wat emosionele kommentaar lewer sonder om die feite en die redelike man toets te doen word, dat ek skoon naar word. Onthou asb. wat die man gedoen het praat ek nie goed nie, wat ons wette sê is ook nie altyd reg nie, maar “two wrongs cannot make a right”.

Neewat ·

Koos1 jy weet net soos almal van ons dat jy twak praat. Streng vereistes? Hoeveel polisiemanne is die afgelope jaar vir korrupsie/bedrog/aanranding/moord in hegtenis geneem. Altyd ‘n ou regsmannetjie of polisiemannetjie wat die regstelsel en polisie verdedig wat mense op ‘n daaglikse basis faal. Nooit het sake volgens julle iets met mekaar te doen volgens julle nie maar tog baseer julle die uitkoms van BAIE sake op vorige sake met soortgelyke omstandighede. Ons almal is nie vertraag nie, al dink julle so. Die kans dat ‘n moordenaar weer sal aanjaag is groot. So snaaks dat julle altyd die kant van die moordenaar vat, maar in die doodskis saak sit die wit regsmannetjies en wys vinger na die beskuldigdes. Ons word ook NAAR vir julle eensydige kommentaar wat altyd op ‘feite’ baseer is en agterna kom ons agter dit was nooit feite nie maar LEUENS! Ons hoef nie regskenners te wees om te sien dat die reg skeef toegepas word nie, net so min as wat jy ‘n dokter hoef te wees om te sien as jou been verkeerdom gegips is.

Koos1 ·

Neewat, wie is die julle waarvan jy praat? Ek het nie my beroep genoem nie, MAAR jy aanvaar dat ek ‘n “regsmannetjie” is. Jy is verkeerd!
Daar is tansongeveer 196000 polisie beamptes, en ja daar is vrot appels ook in die boks, soos met enige ander beroep. Ek stem saam met jou oor die lede wat jaarliks opgesluit word, maar wie sluit hulle op? Die SAPS en die howe!
Onthou ook asb ons regstelsel is jy onskuldig totdat hy skuldig bevind word. Die SAP lid is nog nie skuldig bevind nie (moontlik is hy) maar die hof moet dit bepaal. Wat as hy werklik onskuldig is en deur bewyse bewys word, en hy het vir 3 jaar in die tronk gesit as verhoorafwagtende? Dan is sy hele lewe verwoes en die belasting betaler moet die siviele eis betaal!
Wat nou wel sal gebeur is dat daar na die eerste saak verwys sal word in die tweede saak.
Ek sê weer, wat die lid gedoen het praat ek nie goed nie, en nee ek verdedig hom ook nie, maar ons het regsprosesse wat gevolg moet word. Word dit nie gedoen nie, sal hy nooit die binnekant van ‘n tronk sien nie(waar hy hoort as hy skuldig is)!
Met hierdie saak en die vorige saak het ons ook net die een kant van die storie gehoor, die hof moet na albei kante luister en ‘n beslissing maak.

Clene ·

Ek stem moes geen borg gekry het nie tot die saak afgehandel is. Nou is ‘n onskuldige kind verkrag. Haar ouers moet die departement van justisie aan vat en ‘n saak maak vir mense skending.

Gert ·

Geskors met volle voordele. Daar is ook ʼn paar generaals wat nou al jare by die huis sit met volle voordele. Join the government, jaag aan, word Geskors en leef lekker op jou salaris totdat hulle oor 15 jaar die ondersoek voltooi het – indien ooit

broos ·

hy is al in 2013 geskors, word nogsteeds elke maand ‘n salaris betaal, sit by die huis en verveel hom dood, dink al hierdie crap op, weet hy gaan wegkom daarmee……hy sit dan al 3jaar + by die huis sonder dat hy skuldig bevind is??

AL ·

Hoe de hel keur julle die mense wat moet dien en beskerm? Nee a!

JJ ·

Volgende week lees ons dat hy ‘n bank beroof het met voordele. Lekker man

Skim ·

Moordenaar, wat steeds rondloop om te verkrag met VOLLE SALARIS terwyl die boer wat die oortreder op sy plaas geskiet het op die EFF se aandrang in hegtenis geneem is? Hoe werk die regstelsel dan in SA? Ek kan amper K O R R U P S I E spel ! Dan kla die polisiemanne steen en been, terwyl hulle helfte van die tyd self die skuldiges is.

Sê maar net. ·

Ek stem saam die hele goewerment is korrup. Wat help dit ons om enigsins nog kommentaar te lewer oor die verotte staats departemente. Die media jaag net ons bloeddruk in die rooi en daar kom niks van nie.

Smirre ·

Hoe kan ‘n lid van die SAPD geskors word hangende ‘n kriminele saak vir moord? Hy moes onmiddelik geskors gewees het. Geen wonder dit gaan soos dit gaan nie.

Smirre ·

Ek bedoel, hy moes onmiddelik ontslaan gewees het uit die diens.

Marietha ·

Volgende sal jy hoor hy is bevorder tot ‘n generaal. Dis hoe dit werk!!

johan ·

Man kyk ek was 20 jaar n poliseman in murg en been verbonde aan die hondeeenheid het my nooit skuldig gemaak aan enige wangedrag of krimenele aktiwiteite nie daarom se ek sluit die polisieman toe en kla hom aan geen verskoning nie hy is nie verhewe bo die wet nie hy moet dit toepas, ek myself vandag sal nie die polisie bel nie ek sal myeie probleem uitsorteer dis dit

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.