Moordbeskuldigde verdwyn in PMB-tronk

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Onderwyser wat glo sy voormalige geliefde en haar seun vermoor het, kon Maandag nie in die Pietermaritzburg New Prison in KwaZulu-Natal opgespoor word toe hy in die hof moes verskyn nie.

Die ondersoekbeampte het tevergeefs na die beskuldigde, Nolanso Khwela, gesoek voordat die hofverrigtinge sou begin, het ʼn Sapa-korrespondent berig.

Khwela (29), ʼn voormalige onderwyser van Cato Ridge, het glo op 28 Maart vanjaar Bonakele Millicent Sibiya en haar sewejarige seun, Mfanafuthi Sibiya naby Durban vermoor omdat hy geglo het sy het hom met MIV/Vigs besmet. Bonakele was ʼn onderwyseres by Bergville. Sy het glo die verhouding beëindig en Khwela het uitgevind sy en haar seun is op pad Durban toe vir die vakansie.

Hy het hulle naby Durban opgespoor, ʼn rygeleentheid aangebied en hulle toe glo verwurg. Hy het hulle liggame glo ook aan die brand gesteek. Hul verkoolde liggame is die volgende dag opgespoor.

Die saak is tot Dinsdag uitgestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Robbie ·

Die rasse kota stelsel werkers slaap so vas dat hulle nie eers agterkom iemand loop by die deur uit nie…proudly brought to you by cANCer.

Robbie ·

Die rasse kota stelsel werkers slaap so vas dat hulle nie eers agterkom iemand loop by die deur uit nie…proudly brought to you by cANCer.

Theresa ·

Amazing – daar is vordering. Nie net “verdwyn” die dossiere meer nie. Die beskuldigdes “verdwyn” nou ook. Minder papierwerk?

Ek het wragtig nou alles gehoor!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.